Nuus artwork

Nuus

17,660 episodes - Afrikaans - Latest episode: 19 days ago - ★★★★★ - 2 ratings

Kry die nuus soos dit breek.

News
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Almal sal voordeel uit olie trek - SPYL

April 22, 2024 08:28 - 33 seconds - 270 KB

Die onlangse olie-ontdekkings aflandig van Namibië se suid-kus het gelei tot die bekendstelling van 'n soewereine welvaartfonds, wat 'n strategiese stap deur die regering aandui om die verwagte olie-inkomste doeltreffend te bestuur en toe te ken. Daar is egter vrese dat die geleenthede in die Suide mense uit die Noorde, of diegene wat deel is van die regerende party, meer kan bevoordeel. Ephraim Nekongo, die sekretaris van Swapo se jeugliga, SPYL, sê wanneer dit by natuurlike hulpbronne kom, ...

Kenner sê sukses van landbou-uitvoere na China lê in fynskrif

April 22, 2024 07:48 - 33 seconds - 271 KB

Reaksie word ontvang dat onderhandelinge tussen Namibië en China vorder om Namibiese druiwe, diepsee-krappe en ander seekosprodukte na die Asiatiese land uit te voer. Sodra onderhandelinge tussen die twee lande gefinaliseer is oor die uitvoer van Namibiese skaapvleis na die Chinese mark sal die samesprekings oor die mariene produkte en druiwe ook begin. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landbou kenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die fynskrif is wat belangrik is.

Steenhuisen sê hy't bewyse ANC gebruik belastingbetaler se geld vir stemme

April 22, 2024 07:47 - 19 seconds - 154 KB

Die DA sê hy het nuwe en verdoemende bewyse wat bevestig die ANC is van voorneme om belastingbetalersgeld te gebruik om stemme te werf. Die party het verlede week 'n klag teen die regerende party by die Openbare Beskermer ingedien vir die beweerde misbruik van openbare hulpbronne. Die DA-leier, John Steenhuisen sê in 'n uitgelekte opname van 'n vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vroeër die maand, het die party se bestuur na bewering senior openbare ampsdraers opdrag gege...

Merc sal werk aan motor voor Miami

April 22, 2024 06:50 - 15 seconds - 128 KB

Die hoof van die Formule Een Mercedes-span, Toto Wolff, sê hulle gaan opgraderings doen aan hul motor vir die Miami Grand Prix. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton, wat sy swakste begin vir 'n F1-seisoen beleef, het negende geëindig in die Chinese Grand Prix, met sy spanmaat George Russell in die sesde plek. Wolff sê gróót veranderings is nodig aan die motor wat spoed en versnelling betref:

Tenders: Kenner sê hy ruik 'n rot

April 22, 2024 06:49 - 23 seconds - 188 KB

Reaksie word ontvang op berigte dat diet Zambezi-streeksraad ‘n tender vir die vervoer van droogtehulp op sy webtuiste bekend gestel het het die dag wat dit gesluit het. Die raad het kwotasies aangevra op ‘n dokument wat vir 11 April gedateer is, maar gesluit het op 16 April toe dit verskyn het. Vol spelfoute het die raad gevra vir noodbystand na sewe kiesafdelings en die tender het 11-uur voormiddag gesluit. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê dit is te algemeen en hy ruik ‘n rot.

Vrae oor Binnelandse Sake wat miljoene in die hof bestee

April 22, 2024 05:55 - 19 seconds - 156 KB

Die Suid-Afrikaanse Binnelandse Sake is onder die loep nadat dit in die Parlement onthul is dat hy oor die afgelope vyf jaar meer as 412 miljoen Suid-Afrikaanse rand op regsake bestee het. Dit het opgeskiet van 7 miljoen rand in 2018/2019 tot 117 miljoen rand in 2023/2024. Die woordvoerder oor Binnelandse Sake van die DA, Angel Khanyile, is bekommerd oor die departement se afhanklikheid van privaat regsfirmas en die verdediging van hofsake wat nie betwis behoort te word nie. Sy vra 'n onderso...

Man U behaal FA-beker eindstryd

April 22, 2024 05:54 - 17 seconds - 142 KB

Manchester United het ʼn begeesterde terugvegpoging deur Coventry City oorleef deur met strafdoele te wen en nog ʼn FA-beker-eindstryd te haal. Die Reds was in die 70ste minuut met drie-nul voor, maar het laat in die tweede helfte teruggeveg en die wedstryd moes ekstra tyd kry. United het uiteindelik geseëvier ná ʼn strafdoelstryd en met vier-twee gewen. Dit beteken hulle kom weer teen Manchester City te staan in ʼn herhaling van verlede jaar se eindstryd. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê d...

Kwesbare kinders word jaarliks meer...

April 22, 2024 05:52 - 37 seconds - 302 KB

Toelae bly in die nuus. Die regering sê 373 017 kwesbare en weeskinders ontvang die kindertoelaag van 350 Namibiese dollar en terwyl die regering sê sy dekking verbeter, meen ander die hoeveelheid kwesbares neem toe. Die Nasionale Beplanningskommissie het voorspel dat daar teen 2021 250 000 kwesbare kinders sou wees en 20 jaar gelede was daar net minder as 143 000. Volgens die woordvoerder van die LPM Lifalaza Simataa, moet ‘n meer volhoubare stelsel ontwikkel word, en die kern-oorsaak van di...

Het ReconAfrica gelieg?

April 22, 2024 04:43 - 39 seconds - 314 KB

Kry die nuus soos dit breek.

Het ReconAfrica gelieg?

April 22, 2024 04:42 - 32 seconds - 258 KB

Rob Parker van die Economic and Social Justice Trust het gereageer op die nuus dat ReconAfrica ingestem het om 10,8 miljoen Amerikaanse dollar aan aandeelhouers te betaal om klasaksie regsgedinge te besleg. Die eisers beweer dat ReconAfrica tussen Mei 2020 en September 2021 misleidende verklarings gemaak het, insluitend sy planne om hidrobreking van hulpbronne in Namibië te onderneem. Die firma het versuim om bekend te maak dat Namibië nog nooit voorheen hidrobreking toegelaat het nie. Parker...

IPPR bevraagteken Fima-konsultasie proses

April 22, 2024 04:42 - 29 seconds - 236 KB

Die finansministerie het verlede naweek openbare konsultasies in die Khomas-streek gehou oor sy voorgestelde verpligte bewaring van aftreevoordele-plan. Die bedrag van 'n lid se vroeë onttrekkingsvoordeel wat bewaar moet word, is gelyk aan 75 persent van die lid se fondskrediet, soos op die datum van vroeë onttrekking. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het verklaar dat die regering se benadering nie is hoe dit gedoen moet word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die instituut se F...

DA sal regshulp vir speaker teenstaan

April 22, 2024 03:16 - 26 seconds - 211 KB

Die DA staan die verdedigingsminister Thandi Modise se oorweging van die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula se versoek vir finansiële bystand in haar korrupsieverhoor teen. Die party se nasionale woordvoerder oor Verdediging, Kobus Marais, waarsku teen moontlike regsoptrede, sou Modise die versoek goedkeur. Hy sê Mapisa-Nqakula se persoonlike regskoste moet nie belastingbetalers se las word nie. Marais veroordeel ook die beweerde misbruik van staatsgeld en vra aanspreeklikheid, wat di...

Ruud vat Barcelona Ope

April 22, 2024 03:15 - 19 seconds - 161 KB

Die derde gekeurde Noorweegse speler, Casper Ruud het die Barcelona Ope gewen - sy elfde en grootste loopbaantitel. Die 25-jarige het die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 7-5, 6-3 geklop. Die oorwinning het ook die Noorweër se nederlaag teen Tsitsipas in verlede week se Monte Carlo Ope-eindstryd gewreek. Ruud sê hy is bly om sy eerste titel van die jaar te verower:

Shapwa verloor derde poging om tender te bekom

April 21, 2024 08:39 - 37 seconds - 305 KB

Sakeman Shapwa Kanyama het misluk met sy derde poging in die hof om mededingers te keer om antiretrovirale medikasie aan die gesondheid ministerie te verskaf. Die saak was teen die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, die gesondheidminister, die finansminister en mededingers in ’n tender vir die verskaffing van die medikasie. Reaksie is ontvang van die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit...

Standardisering van metings duur voort

April 21, 2024 07:00 - 22 seconds - 180 KB

Die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, is besig met inligtingvergaderings met sleutel-belanghebbendes oor die belangrikheid van die Metrologiewet van 2022. Die wet is gemoeid met metings en hul invloed op ekonomiese transaksies, menslike gesondheid en die omgewing. Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate het tydens 'n inligtingsgeleentheid in Gobabis daarop gewys dat metings en hul toepassing sentraal is vir die implementering van die nasionale gehalte-infrastruktuur. Die hersiene Nasionale Gehal...

Laaste 5 jaar vir opbou in SA gebruik - Cyril

April 21, 2024 06:55 - 19 seconds - 154 KB

President Cyril Ramaphosa sê die afgelope vyf jaar was toegespits op die heropbou van Suid-Afrika. Hy het stemme gewerf in eThekwini, KwaZulu-Natal, en gesê die regering het die grondslag gelê vir groei, wat infrastruktuur en werkskepping insluit. Ramaphosa beklemtoon die aanspoor van beleggersvertroue en spreek vertroue uit in voortgesette regering deur die ANC:

Oshikuku neem stappe vir goedkope behuising

April 21, 2024 06:09 - 23 seconds - 190 KB

Die Oshikuku-dorpsraad het sy verbintenis tot die verskaffing van bekostigbare behuising vir ultra-lae en lae-inkomste inwoners herbevestig. Julia Endjambi, burgemeester van Oshikuku, sê die raad se onlangse toekenning van 23 erwe aan lede van die Shack Dwellers Association is 'n beduidende stap vorentoe in die voortdurende pogings om te verseker dat alle inwoners 'n huis het. Endjambi sê die dorpsraad werk aktief daaraan om meer huise te lewer.

SAL se Dudu is siek, korrupsie-saak uitgestel

April 21, 2024 04:37 - 12 seconds - 97.4 KB

Die landdroshof in Richardsbaai het die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens-raadsvoorsitter, Dudu Myeni, se korrupsieverhoor tot 10 Mei uitgestel vir oorplasing na die hoëhof in Johannesburg. Die woordvoerder van die Ondersoek-direktoraat, Henry Mamothame, gee Myeni se hospitalisasie as rede aan. Sy en haar medebeskuldigde, Trevor Mathenjwa, staan tereg op aanklagte wat verband hou met sowat 300 000 Suid-Afrikaanse rand se korrupsie en bedrog, verbind met Bosasa. Beide is borgtog van 10 000 r...

'Christine was nie sielkundig gereed nie'

April 21, 2024 03:15 - 35 seconds - 288 KB

Afrigter Henk Botha het met die media gepraat na Christine Mboma se vertoning by die Kip Keino byeenkoms in Kenia. Mboma, wat vir die eerste keer in twee jaar weer meegeding het, het laaste gekom in ‘n tyd van 12,32. Gina Bass Bittaye van Gambië het goud verower met 'n tyd van 11,33. Botha sê Mboma was nie sielkundig gereed nie.

Weiding en watertekorte in Namibië groot kwelpunt

April 20, 2024 10:21 - 17 seconds - 140 KB

Namibië worstel met 'n ernstige droogte in groot dele van die land wat verslegtende weidingstoestande en watertekorte vir vee veroorsaak. Die lewens van diere is in gevaar met weiding en water wat steeds 'n probleem is, en groot kommer oor vee laat ontstaan. Landbouminister Calle Schlettwein beklemtoon die uitdagings vir die landbou.

Dalende vakaturesyfers in verskeie sektore

April 20, 2024 10:10 - 20 seconds - 164 KB

 'n Verbruikers-en-eiendomstrateeg by FNB se afdeling vir kommersiële eiendomsfinansiering John Loos, sê die eerste kwartaal van vanjaar se FNB-eiendomsmakelaarsopname wys op dalende vakaturesyfers in al drie kommersiële eiendomsklasse, naamlik kantoor, nywerheid en kleinhandel. Loos sê vakaturekoersneigings vertraag dikwels ekonomiese neigings en met die ekonomiese herstel ná die inperking in 2021/2022 het ekonomiese groei verlede jaar tot 'n skamele 0,6-persent verlangsaam, ná die 1,9-perse...

Pluimvee-produsentevereniging staar uitdagings in die gesig

April 20, 2024 09:20 - 31 seconds - 256 KB

Die Pluimvee-produsentevereniging se jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag is onlangs gehou. Pluimvee en pluimveeprodukte val nou onder die Wet op Lewendehawe en Veeprodukte; daarom het Beata Xulu van die Namibië Nasionale Boere-unie 'n voorlegging gedoen oor die wet en die heffings wat in die Staatskoerant gepubliseer moet word. Die vereniging het ook Louis Kleynhans as die nuwe voorsitter en Eckhard Waldschmidt as ondervoorsitter verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rene Werner,...

Mboma neem deel in Nairobi

April 20, 2024 09:18 - 37 seconds - 299 KB

Namibië se ster-atleet, Christine Mboma neem vandag deel aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi. Dit is haar eerste verskyning op die atletiekbaan nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het. Sy het op 5 April by Wêreldatletiek die groen lig gekry om aan amptelike kompetisies deel te neem. Christine wys haar staal in die 100m-naelloop by hierdie gesogte byeenkoms vir hoëprofiel atlete. Kosmos 94.1 nuus het vroeër met Henk Botha, Mboma se afrigter, gesels oo...

Losprys-eise teen Namibiese maatskappye meer algemeen

April 20, 2024 08:32 - 35 seconds - 283 KB

Kuberaanvalle en die opeis van lospryse om data terug te kry raak al hoe meer algemeen. In die eerste kwartaal van 2024 was daar 'n hoër voorkoms van Lockbit 3.0 losprysware, ook bekend as Lockbit Black. Losprys-eise was die primêre tipe kuberaanval teen Namibiese maatskappye. Die kuberkraker-groep Hive en Blackcat sit agter die meeste van hierdie aanvalle. Die aanvalle hou 'n wesenlike bedreiging in. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch, 'n bemagtigingspesialis by Salt IT, gesels.

SA Polisiediens begin met opleiding

April 20, 2024 07:28 - 19 seconds - 161 KB

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die werwing vir die eerste groep van tien-duisend beamptes vir die 2024/2025-boekjaar afgehandel. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die eerste groep van vier-duisend-500 studente sal Maandag met hul opleiding begin. Die tweede groep van vyf-duisend-500, sal in Januarie volgende jaar begin. Mathe sê meer as een-miljoen aansoeke is vir hierdie werwingsiklus ontvang.

Ramaphosa bekommerd oor Israel-Palestina-konflik

April 20, 2024 06:31 - 18 seconds - 151 KB

President Cyril Ramaphosa het sy stem gevoeg by oproepe op Iran en Israel om hulle te weerhou van eskalerende konflik. Ramaphosa het tydens 'n verkiesingsveldtog in Inanda, KwaZulu-Natal, met die media gepraat en teen verdiepende konflik en 'n streekoorlog gewaarsku. Ramaphosa het verwys na vorige waarskuwings oor die Israel-Hamas-oorlog se uitkring-effek. Hy benadruk die uiterste noodsaaklikheid van die versigtige hantering van die Israel-Palestina-konflik om breër Midde-Oosterse geweld te v...

Bannerman Energy hoopvol oor toekoms

April 20, 2024 05:30 - 35 seconds - 282 KB

Bannerman Energy het deur 'n uitgebreide omvangstudie vasgestel dat produksie by sy beoogde Etango-uraanmyn in Erongo byna kan verdubbel, en dat die myn se bedryfslewe van 15 tot 27 jaar gerek kan word. Bannerman is 'n uraanontwikkelingsbesigheid met bedrywighede in Australië en Namibië. Sy vlagskipbate, die Etango Uraan-projek, is suid-oos van Swakopmund geleë. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matjiua Hengua, die senior belange-groep verhoudingsadviseur by Bannerman Mining Resources Namibia,...

Drank aan minderjariges bly ‘n probleem in Copps 94.1

April 20, 2024 04:25 - 1 minute - 693 KB

Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik maar die verkoop van drank aan minderjariges het weer te voorskyn gekom. ‘n Geval van familie geweld het ook kop uitgesteek en een klein verkeersoortreding lei tot groter probleme met nadere ondersoek. Francois Lottering van Copps 94.1 gee die besonderhede.

Eerste dame Mbumba takel ongelykhede

April 19, 2024 16:29 - 34 seconds - 274 KB

Die eerste dame, Sustjie Mbumba, het 'n hoëvlak-rondetafelgesprek oor ongelykhede, MIV, TB, malaria en pandemies by Staatshuis aangebied. Tydens die opening van die bespreking het Mbumba die noodsaaklikheid van gelykheid onder burgers beklemtoon. Mbumba het ook die werk van haar voorganger, Monica Geingos, geloof. Geingos het deur die stig van die #BeFree Jeugkampus onderneem om teen ongelykhede te veg. Mbumba is aan die woord.

Kaapstad sien 16% minder opvolg-inentings vir babas

April 19, 2024 16:27 - 17 seconds - 144 KB

Die gesondheid-departement in Stad Kaapstad het 'n 16-persent-afname jaar tot jaar aangeteken in opvolg-inentings van kinders jonger as 12 maande. Gedurende hul eerste lewensjaar bou kinders danksy inenting immuniteit op teen verskeie aansteeklike siektes. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Patricia van der Ross, sê wanneer kinders nie ten volle ingeënt is nie, bestaan die risiko om ernstige komplikasies te kry indien hulle besmet sou word.

Lando Norris spring voor weg in snelren

April 19, 2024 16:25 - 18 seconds - 147 KB

Motorsport: Lando Norris spring in die voorste posisie weg in môre se snelren by die Chinese Grand Prix. Formule Een is vir die eerste keer in vyf jaar terug in China vir ’n naweek wat ook die eerste snelren van die jaar insluit. Norris het tydens die kwalifiserende ronde in nat weerstoestande die pas aangegee in sy McLaren, vóór die Mercedes van Lewis Hamilton en Fernando Alonso in sy Aston Martin. Norris hoop die nat toestande sal voortduur.

Riruako wil alleen met Mbumba vergader

April 19, 2024 15:40 - 40 seconds - 329 KB

President Nangolo Mbumba het tradisionele leiers van alle uithoeke van die land ontmoet sedert hy op 4 Februarie die presidentskap aanvaar het. Die raadplegende vergaderings is daarop gemik om sleutelkwessies aan te spreek wat die gemeenskappe in die verskillende streke raak. Die president soek hul advies oor sake van bestuur en gemeenskapsontwikkeling as deel van sy benadering tot die bevordering van ontwikkeling, vrede en eenheid in Namibië. Die leier van 'n faksie van die Ovaherero Tradisi...

Windhoekers, kom skenk bloed!

April 19, 2024 15:38 - 37 seconds - 305 KB

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre tussen 8-uur en 2-uur 'n bloedskenkkliniek by die Channel Life-bloedskenksentrum aan. Die sentrum is in Windhoek se Post Street Mall tussen Town Square en Wernhil. Alle kwalifiserende en gesonde skenkers word versoek om bloed te skenk om te help verseker dat lewens gered word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Titus Shivute, die diens se woordvoerder, oor die bloed-beskikbaarheid-situasie op die oomblik.

Pupkewitz Toyota, Yango skep geleentheid vir entrepreneurs

April 09, 2024 16:38 - 40 seconds - 325 KB

Die internasionale tegnologiemaatskappy Yango en Pupkewitz Toyota het kragte saamgesnoer om opwindende entrepreneursgeleenthede vir Windhoek se inwoners te skep, in 'n gedeelde strewe om Namibiese entrepreneurs te bemagtig. Hierdie strategiese vennootskap bied 'n unieke geleentheid om vir jouself te werk deur die betroubare Toyota Vitz en Yango se rit-roep platform. Enigiemand kan 'n Vitz by Pupkewitz Toyota kontant of deur die bank koop vir 2 900 Namibiese dollar per maand en dit by Yango re...

Eskom beplan samewerking met privaatsektor

April 09, 2024 16:36 - 19 seconds - 158 KB

Eskom het verskeie ingrypings geïmplementeer om te help om die energiekrisis te beёindig. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die media oor die energie-aksieplan ingelig en beklemtoon verskerpte instandhouding, die verkryging van onderdele en die benutting van die energie-oorlogskamer het bygedra om beurtkrag aan te pak. Ramokgopa beklemtoon egter Eskom is nie die enigste oplossing nie. Hy sê die nutsmaatskappy beplan om bewese kundigheid intern aan te stel en met die p...

Man City kan so Real Madrid klop: Guardiola

April 09, 2024 16:34 - 19 seconds - 159 KB

Sokker: Die kwarteindronde van die Kampioeneliga begin vanaand met twee groot kragmetings. Die voorloper in die Premierliga, Arsenal, verwelkom Bayern Munchen in Londen, terwyl die verdedigende kampioen, Manchester City, in Spanje teen Real Madrid te staan kom. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê sy span moet sy spelpatroon op die gasheer afdwing.

Landelike gebiede loop deur onder waterpomp-diefstal

April 09, 2024 15:52 - 41 seconds - 331 KB

Die direkteur vir watervoorsiening en sanitasie-koördinasie, Elijah Ngurare, is bekommerd oor die voortdurende diefstal van waterpompe wat bedoel is om behoeftige gemeenskappe in landelike gebiede te bedien. Hy sê 20 waterpompe is vanjaar in minder as 'n maand in die Ohangwena-streek gesteel. Tydens die oorhandiging Saterdag van die grootste boorgate in Ohangwena, het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê sy glo die gemeenskappe sal die infrastruktuur beskerm. Jona Musheko, woordvoerder van...

Namcor waarsku teen bedrieglike e-posse

April 09, 2024 15:46 - 37 seconds - 301 KB

Die Nasionale Petroleum Korporasie, Namcor, wil die publiek attent maak op 'n bedrogspul wat individue teiken deur middel van bedrieglike e-posse. Die bedrieërs mislei mense om vir bod-dokumente te betaal in e-posse met Namcor se briefhoof en wat eindig op namcor-koppelteken-na-punt-com. Die korporasie beklemtoon dat sy wettige e-posse altyd sal eindig op namcor-punt-com-punt-na. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se bestuurder van bemarking, kommunikasie en skakelwerk, Paulo Coelho, gesels wat ...

Namcor waarsku teen bedrieglike e-posse

April 09, 2024 15:46 - 37 seconds - 301 KB

Die Nasionale Petroleum Korporasie, Namcor, wil die publiek attent maak op 'n bedrogspul wat individue teiken deur middel van bedrieglike e-posse. Die bedrieërs mislei mense om vir bod-dokumente te betaal in e-posse met Namcor se briefhoof en wat eindig op namcor-koppelteken-na-punt-com. Die korporasie beklemtoon dat sy wettige e-posse altyd sal eindig op namcor-punt-com-punt-na. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se bestuurder van bemarking, kommunikasie en skakelwerk, Paulo Coelho, gesels wat ...

Zuma mag as kandidaat staan: Verkiesingshof

April 09, 2024 15:42 - 43 seconds - 348 KB

Voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma is toestemming verleen om as 'n kandidaat vir die uMkhonto we Sizwe-party aan die verkiesing deel te neem. Die Verkiesingshof het die Verkiesingskommissie se besluit omgekeer wat hom verbied het om deel te neem weens sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof. Die hof se beslissing baan die weg vir Zuma se kandidatuur, en verwerp teenkanting teen hom, terwyl hy mik om na die politieke arena terug te keer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met p...

Kom takel die avontuurroetes, jy kan 'n vet prys wen!

April 09, 2024 14:50 - 37 seconds - 300 KB

Die Wednesday Social Running Crew bied komende Saterdag die gewilde avontuurroetes aan. Lede van die publiek kan die 4km-roete of 9km-roete hardloop, of die 13km-roete aandurf vir hardlopers wat 'n uitdaging geniet. Wonderlike pryse tesame met medaljes vir hardlopers wat 'n roete voltooi, sal vir alle deelnemers beskikbaar wees. 'n Prys van 'n verblyfpakket ter waarde van 8 000 Namibiese dollar by Le Mirage Spa and Resort, geborg deur The Portfolio, sal ook op die spel wees. Die organiseerder...

Boere stres in die droogte, veral oor ruvoer

April 09, 2024 14:49 - 41 seconds - 334 KB

Namibië is die tuiste van baie wildreservate en plase wat wildbewaring aanhelp, maar die droogte het 'n ernstige nadelige uitwerking op die diere. Die Namibië Droogtehulpfonds het die afgelope paar jaar Namibiese boere deur baie rampe ondersteun. Die groep het 'n #GoFundMe-bladsy begin om fondse in te samel om boere te ondersteun deur plase van voer te voorsien. Ruben Lambrechts, 'n Namibiese boer, het foto's geplaas van die verwoestende gevolge van die droogte. Kosmos 94.1 Nuus het met Lambr...

Wet op Toegang tot Inligting 'sal baanbrekend wees'

April 09, 2024 14:36 - 38 seconds - 312 KB

Die inligting-ministerie het 19 miljoen Namibiese dollar bewillig vir die operasionalisering van die Inligtingskommissie. Dit kom in afwagting van die implementering van die Wet op Toegang tot Inligting in die 2024-2025 boekjaar. Die wet sal na verwagting kritieke kwessies rondom regeringsdeursigtigheid en burgerbemagtiging aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die media-ombudsman, dr. John Nakuta, wat sê dat die wet baanbrekend vir die publiek en mediapraktisyns sal wees.

Waar is my wetsontwerpe, wil Ekandjo weet

April 09, 2024 14:36 - 39 seconds - 316 KB

Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo het die speaker se kantoor in die Nasionale Vergadering uitgevra oor die vordering van die wetsontwerpe wat hy verlede jaar in die parlement ter tafel gelê het. Ekandjo se private lede-wetsontwerpe is deur beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur. Hulle het ten doel om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer. TERUG: Die speaker van die Nasionale Verg...

Padowerheid verleng omskakeling van vervoerpermitte

April 09, 2024 13:42 - 39 seconds - 318 KB

Die Padowerheid het 'n verlenging aangekondig vir die omskakeling van onbepaalde binnelandse permitte vir vervoerders van passasiers na twee-jaar hernubare permitte. Die proses wat in April verlede jaar begin het, word nou tot 30 September vanjaar verleng. Versuim om die onbepaalde permitte binne die verlengingstydperk om te skakel, sal hulle ongeldig maak. Die omskakeling is gratis, mits die voertuig en roete op die nuwe permit dieselfde is as dié op die oorspronklike permit. Die Padowerheid...

ActionSA juig oor uitspraak teen publisering van ‘anonieme’ peiling

April 09, 2024 13:40 - 18 seconds - 153 KB

ActionSA het die uitspraak van die Persraad teen die publikasie van 'n anonieme peiling deur Rapport en Netwerk24 verwelkom, wat die oorsprong weerhou het van 'n verkiesingspeiling wat verlede maand uitgegee is. Die artikel is op dieselfde dag ook deur City Press en News24 gepubliseer. ActionSA glo dit is 'n peiling van die DA. Michael Beaumont van ActionSA sê dit is die eerste oorwinning in 'n lang pad na die regulering van die peilingsbedryf wat nodig is om Suid-Afrika se jong demokrasie te...

Biden takel Trump oor aborsieregte

April 09, 2024 13:39 - 17 seconds - 139 KB

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy voorganger, Donald Trump, het weer bewys hy, meer as enigeen anders, was die persoon wat die Roe versus Wade-uitspraak beëindig het, wat handel oor vroue se grondwetlike reg om oor aborsie te besluit. Die land se hoogste hof het dié langstaande besluit omgekeer wat in die Amerikaanse Grondwet beskerm was. Trump sê state moet self oor die wettigheid van aborsie besluit, maar Biden sê hy sal voortgaan om vroue se regte te beskerm:

Wes-Kaapse regering gee oorsig van gure weer

April 09, 2024 12:29 - 19 seconds - 157 KB

Die Wes-Kaapse regering sê hy hou die gure weerstoestande in die provinsie fyn dop. Swaar reën en stygende watervlakke op die Tuinroete laat kommer ontstaan oor moontlike oorstromings laer af in riviere. Damme word baie gou vol veral aan die kus en 'n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën bly van krag vir die oostelike dele van die provinsie. Premier Alan Winde sê die regering koördineer verligtingshulp om die impak op gemeenskappe so laag as moontlik te hou.

Kiesersregistrasiepunte buite Namibië op pad

April 09, 2024 12:28 - 30 seconds - 244 KB

Ingevolge artikel 3 van die Kieswet is die Verkiesingskommissie van Namibië verplig om tydelike kiesersregistrasiepunte buite Namibië te vestig. Dit is om persone wat tydelik buite Namibië woonagtig is, in staat te stel om as kiesers geregistreer te word en aan die verkiesing deel te neem. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge ministerie, het op 'n media-inligtingsessie meer verduidelik.

Konstruksiewerkers sal voordeel trek uit nuwe belastingdrempel

April 09, 2024 11:22 - 31 seconds - 250 KB

Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds is optimisties oor die regering se stap om inkomstebelastingdrempels te verhoog, soos aangekondig in die 2024/25-begrotingsrede deur finansminister Ipumbu Shiimi. Een van die groot veranderinge is dat die drempel vir individuele inkomstebelasting van 50 000 Namibiese dollar tot 100 000 dollar verhoog word. Dit beteken dat baie werkers in die konstruksiesektor nie meer individuele inkomstebelasting hoef te betaal nie. Die hoofbeampte van die Bouwerkerspens...