Nuus artwork

Nuus

17,660 episodes - Afrikaans - Latest episode: 19 days ago - ★★★★★ - 2 ratings

Kry die nuus soos dit breek.

News
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

NamWater, in samewerking met SLR Omgewingskonsultante, sal openbare vergaderings tussen 4 en 8 November hou

October 25, 2019 04:53 - 29 seconds - 206 KB

Kosmos 94.1 — NamWater, in samewerking met SLR Omgewingskonsultante, sal openbare vergaderings tussen 4 en 8 November hou van Hentiesbaai tot in Windhoek in verband met hulle beplande ontsoutingsaanleg. 'n Omgewing impakstudie word nou van stapel gestuur vir die aanleg sowel as 'n pyplyn om water aan die sentrale gebied van Namibië te voorsien. Mervin Sanzila van SLR Omgewingskonsultante het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...

Namibiese Teenkorrupsie Kommissie het Sersant Fillemon Garuseb, ‘n polisie beampte op 18 Oktober in Hegtenis geneem

October 25, 2019 04:52 - 33 seconds - 233 KB

Kosmos 94.1 — Die Namibiese Teenkorrupsie Kommissie het Sersant Fillemon Garuseb, ‘n polisie beampte op 18 Oktober in Hegtenis geneem op klagtes van beweerde korrupsie. Sersant Garuseb, wat by die Katutura Polisiestasie gestasioneer was, het na bewering omkoopgeld aanvaar van ‘n vragmotorbestuurder. Josefina Nghituwamata, die Hoof Skakelbeampte van die Teenkorrupsie Kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat....

‘n Steenkool ontgunningsprojek vir 'n nuwe kragsentrale binnekort by Aranos in Namibië

October 25, 2019 04:50 - 30 seconds - 211 KB

Kosmos 94.1 — Volgens Ted Blom, ‘n energiekenner van Suid-Afrika sal ‘n steenkool ontgunningsprojek vir 'n nuwe kragsentrale binnekort by Aranos in Namibië begin. Volgens Blom sal President Hage Geingob die kragsentrale amptelik open. Blom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die projek...

Afriforum in Suid-Afrika tree op in saak teen gewese kommissaris van SAID

October 24, 2019 14:04 - 21 seconds - 149 KB

Kosmos 94.1 — AfriForum in Suid-Afrika se privaat vervolgingseenheid tree namens Lerato Maila op teen die gewese kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Tom Moyane het haar na bewering in Mei verlede jaar in sy huis aangerand. Gerrie Nel van AfriForum het in Pretoria aan die media gesê Maila is die ma van Moyane se kleinkind nadat sy ‘n verhouding met sy seun gehad het.

Die nuwe skedules van die Windhoek-Luanda roete van Air Namibia is bekend gemaak

October 24, 2019 13:36 - 23 seconds - 164 KB

Kosmos 94.1 — Die nuwe skedules van die Windhoek-Luanda roete van Air Namibia is bekend gemaak. Die vlugte word hervat nadat dit tydelik vir drie maande opgeskort is. Air Namibia se Waarnemende Kommersiële Hoofbestuurder, Wimpie van Vuuren sê die roete was die nasionale lugredery se mees winsgewende roete tussen 1998 en 2015. Intussen het die situasie verander nadat die Angolese ekonomie verswak en passasiersaanvraag afgeneem het. Twaku Kayofa van Air Namibia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat....

Bome geplant vir 74ste herdenking van Verenigde Nasies Dag

October 24, 2019 13:12 - 30 seconds - 214 KB

Kosmos 94.1 — Die 74ste herdenking van Verenigde Nasies Dag word vandag gevier. Die Namibiese Minister van Landbou, Water en Bosbou en die Verenigde Nasies in Namibië get ‘n simboliese boomplant inisiatief aangebied in die Samora Machel Kiesafdeling. Tydens die geleentheid is 500 boompies in en om die informele wonings geplant. Anthea Basson, die Nasionale Inligtingsbeampte van die Departement Globale Kommunikasie by die Verenigde Nasies Inligting Sentra in Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus g...

”Die Stoep” binnekort in die Namibiese Nasionale Teater op die planke

October 24, 2019 13:10 - 28 seconds - 200 KB

Kosmos 94.1 — ”Die Stoep” is eersdaags in die Namibiese Nasionale Teater op die planke. Die skrywer Jonathan Solomons sê die toneelstuk is deur stories en karakters geïnspireer wat mens in die Kleurling en Baster gemeenskappe ontmoet, veral in die suide van ons land. Volgens Solomons is dit die soort mense wat ons almal ken. Die Stoep vertel die verhaal van ’n broer en suster wat saam in hul ma se huis bly na sy oorlede is. Die temas het to doen met alkoholisme, liefde, verlies en geestesonge...

Privaat vuurwapens in Suid-Afrika onder die loep

October 24, 2019 12:16 - 5 seconds - 39.4 KB

Kosmos 94.1 — Suid-Afrikaanse politieke partye is dit eens dat die aantal vuurwapens wat onwettig in omloop is in Suid-Afrika moet verminder. Die Minister van Polisie, Bheki Cele moet intussen besluit oor 'n proses en die aanbevelings wat deur die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gedoen is. Van die vernaamste kwessies wat bespreek is, is die inhandiging van vuurwapens wanneer aansoek gedoen word vir die hernuwing van lisensies. Voorstelle is ingedien dat vuurwapens nie meer ingedie...

Twintigmalige Grand Slam-kampioen, Roger Federer, het sonder moeite deurgedring na die kwarteindronde

October 24, 2019 11:59 - 25 seconds - 179 KB

Kosmos 94.1 — Die twintigmalige Grand Slam-kampioen, Roger Federer, het sonder moeite deurgedring na die kwarteindronde van die Switserse Binnenshuise-toernooi in Basel. Hy het Radu Albot van Moldowa met 6-stroop, 6-3 geklop. Dié 38-jarige wil die toernooi vir die tiende keer wen. Die Switserse meester sal volgende óf teen sy landgenoot, Stan Wawrinka, óf teen Frances Tiafoe van Amerika te staan kom. Federer sê ondanks die uitslag, was dit steeds ʼn taai wedstryd.

Suid-Afrikaanse Minister van Vervoer, sê daar is geen krisis in die lugvaartbedryf

October 24, 2019 11:57 - 30 seconds - 214 KB

Kosmos 94.1 — Die Suid-Afrikaanse Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê daar is geen krisis in die lugvaartbedryf in die buurland nie. Lugrederye se vliegtuie is vroeër die week gehok nadat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek ingestel het. Mbalula het vandag tydens ʼn mediavoorligting by die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê 25 SAL-, 12 Comair- en 7 Mango-vliegtuie is geraak. Hy het voorts gesê dat hernuwingsondersoeke jaarliks uitgevoer word.