Nuus artwork

Nuus

17,839 episodes - Afrikaans - Latest episode: 12 days ago - ★★★★★ - 2 ratings

Kry die nuus soos dit breek.

News
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Speaker moet haar eie regskoste betaal

April 23, 2024 05:46 - 19 seconds - 155 KB

ActionSA sê hy is sterk gekant teen die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se pogings dat die verdedigingsdepartement die koste van haar korrupsieverhoor betaal. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verband hou met tenders by die departement. Mohammed Rafeek Shah van ActionSA sê Mapisa-Nqakula se bewering dat die misdaad tydens haar ampstermyn as minister van Verdediging gepleeg is en sy daarom fondse moet ontvang, is eenvoudig be...

​ Peperduur tamaties... hier is hoekom

April 23, 2024 05:36 - 28 seconds - 232 KB

Dieselfde geld Engelse komkommers, wat gewoonlik teen 15 Namibiese dollar elk verkoop, maar tans 30 dollar kos, volgens Abraham.

Peperduur tamaties... hier is hoekom

April 23, 2024 05:35 - 40 seconds - 324 KB

Tamaties is op die oomblik baie duur en sommige winkels verkoop 'n kilogram sak vir amper 70 Namibiese dollar. Volgens die Namibiese Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, is die rede hiervoor die seisoen wat ons nader en energie-insette wat styg. Abraham verduidelik meer aan Kosmos 94.1 Nuus.

WGO se pandemie-verdrag is bog

April 23, 2024 04:44 - 32 seconds - 264 KB

Teenkanting teen die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie neem toe en daar is talle menings dat dit die WGO te veel beheer oor lidlande gee. Dit laat ook toe dat 'n openbare gesondheidsnoodgeval in enige land arbitrêr verklaar kan word. Plaaslik is die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, sterk gekant teen die verdrag.

WGO se pandemie-verdrag is bog

April 23, 2024 04:44 - 32 seconds - 264 KB

Teenkanting teen die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie neem toe en daar is talle menings dat dit die WGO te veel beheer oor lidlande gee. Dit laat ook toe dat 'n openbare gesondheidsnoodgeval in enige land arbitrêr verklaar kan word. Plaaslik is die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, sterk gekant teen die verdrag.

'Noodtender' vir klaskamers: Swak beplanning of politiek?

April 23, 2024 04:43 - 39 seconds - 320 KB

Reaksie word steeds ontvang op August 26 Construction wat nog klaskamers vir die regering bou teen 'n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar. Dit is blykbaar ‘n noodprojek, wat beteken daar is nie vir die werk getender nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê party-politieke motiewe kan in die toekenning van die werk vermoed word.

Johannesburg is gasheer vir VN-spitberaad vir kinders

April 23, 2024 03:21 - 19 seconds - 161 KB

Die Afrika-kinderspitsberaad, onderskryf deur die VN-konvensie oor die Regte van die Kind, kom in Augustus in Johannesburg byeen. Die geleentheid oor drie dae sal 500 kinders fisies en virtueel ontvang om maatskaplike uitdagings aan te spreek. Verlede jaar se spitsberaad in Nairobi het die weg gebaan vir hierdie Pan-Afrika-konferensie, toegespits op kinderregte en maatskaplike sekuriteit. Die adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sê die spitsberaad is gemik o...

Poging om vis goedkoper by meer afsetpunte te kry

April 23, 2024 03:21 - 23 seconds - 194 KB

Die nasionale trust vir die bevordering van visverbruik het 'n innoverende strategie begin om visverspreiding regoor die land te verbeter. Die trust het kontrakte met 13 klein en medium ondernemings gesluit om die verspreiding van vis teen bekostigbare pryse te vergemaklik. Vis-inflasie is tans die tweede hoogste met ‘n 12 persent styging. Die 13 ondernemings is gekies uit 'n poel van opgeleide entrepreneurs, en is deel van 'n ses-maande verspreidingsagentskap-proefprojek. Die projek wil met ...

Antimikrobiese weerstand - hoor wat sê kenner

April 22, 2024 16:39 - 39 seconds - 317 KB

Die landbou-ministerie het sy derde agtereenvolgende nasionale vergadering van belanghebbendes oor antimikrobiese weerstand gehou, in samewerking met die Friedrich-Loeffler-Instituut. Die ministeries van gesondheid asook omgewing was ook betrokke. Die vergadering en werkswinkel was gesentreer rondom kollektiewe pogings om bewustheid oor antimikrobiese weerstand te skep. Dr. Lee-Monique Anderson, die hoof van kliniese mikrobiologie, gee 'n verduideliking van wat antimikrobiese weerstand is.

Doodsregistrasie van 42 bus-ongeluk slagoffers gaan begin

April 22, 2024 16:34 - 18 seconds - 150 KB

Die Gesondheidsdepartement in Limpopo het planne aangekondig om te begin met die doodsregistrasie van die geïdentifiseerde oorskot van 42 mense wat in die Paasnaweek-busongeluk dood is. Dit is deel van die proses voor die repatriasie van liggame na hulle families in Botswana. Die ongeluk op die R518 Mmamatlakala-pad naby Mokopane het 45 lewens geëis, met net 'n agt-jarige meisie wat dit oorleef het. Die LUR Phophi Ramathuba het bevestig nuwe materiaal word ingesamel vir die drie oorblywende m...

Namibië erken vir vordering in MIV-stryd

April 22, 2024 15:52 - 38 seconds - 310 KB

Alhoewel MIV steeds beduidend voorkom onder vroue van reproduktiewe ouderdom, het Namibië groot vordering gemaak in sy stryd teen MIV. Die land sal volgende maand amptelike erkenning ontvang vir sy Wêreld Gesondheid Organisasie sertifisering vir die uitskakeling van moeder-na-kind oordrag van MIV en Hepatitis B. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die skakelbeampte van die gesondheidsministerie, wat sê die organisasie sal Namibië vereer by die eerste Afrika gesondheids-werkmag Bel...

BOSA daag Julius Malema uit

April 22, 2024 15:51 - 20 seconds - 162 KB

Build One South Africa het die EFF-leier, Julius Malema, uitgedaag om hul 140 000 handtekeninge van ondersteuning wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, na te gaan, na aanleiding van Malema se skeptisisme. Hulle beskuldig Malema daarvan dat hy hul geldigheid sonder bewyse bevraagteken. Die party doen 'n beroep op Malema om die befondsingsbronne vir die bekendstelling van die EFF se manifes bekend te maak, en meen daar was moontlik onwettige fondse betrokke. BOSA se Verkiesingshoof, Roge...

Wanderers, United takel mekaar in 69ste derby

April 22, 2024 14:54 - 31 seconds - 256 KB

Die Trustco United-sportterrein sal Saterdag 'n miernes van bedrywighede wees wanneer tradisionele mededingers FNB Wanderers en Trustco United mekaar in die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby pak. Die dag sal gevul wees met aksie en vermaak! Die derby begin Donderdag met netbal, gevolg deur gholf, krieket en knobel. Kosmos 94.1 Nuus het met die afrigter van FNB Wanderers, Dirk Human, gesels oor hoe sy span se voorbereiding verloop.

Gemeenskappe 'moet opstaan teen geweld teenoor kinders'

April 22, 2024 14:52 - 38 seconds - 310 KB

Geweld teen kinders is 'n groot bekommernis in Afrika, waar ongeveer 84 persent van kinders tussen 10 en 14 jaar oud gewelddadig gedissiplineer word, volgens 'n verslag deur Unicef. Byna 'n derde van adolessente meisies het voorvalle van fisieke geweld aangemeld en ongeveer 10 persent rapporteer dat hulle seksuele geweld ervaar het. Sowat 48,7 persent van alle slagoffers tussen 15 en 19 het nooit enigiemand van hul ervaring vertel nie, en slegs 27 persent het hulp gesoek of ontvang. Kosmos 94...

Ruk plaaslike owerhede so reg: kenner

April 22, 2024 14:30 - 35 seconds - 284 KB

Mense kla gedurig oor swak bestuurde en mislukte plaaslike owerhede, waar dienslewering nie werklik gebeur nie maar raadslede ten spyte hiervan goeie salarisse en bonusse kry, met verhogings elke jaar. Sommige mense vra dat mislukte plaaslike owerhede geprivatiseer en deur bevoegde burgers bestuur word. Hulle sê tariewe en belasting sal verminder, sowel as skuld, en dienslewering sal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Marius Kudumo, ’n kenner van korporatiewe bestuur, om uit te vi...

August 26 kry nog 'n noodtender vir klaskamers

April 22, 2024 14:28 - 34 seconds - 275 KB

Onderwysminister Anna Nghipondoka het onthul dat die verdediging-ministerie se August 26 Construction gekontrakteer is om nog 510 klaskamers by bestaande skole regoor Namibië te bou. Die werk moet teen die tweede helfte vanjaar voltooi wees teen 'n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar onder 'n noodprojek, wat 'n tendervrystelling van die finansministerie toegestaan is. Dit volg op August 26 se bou van 510 klaskamers en 70 ablusiegeriewe vir 255 miljoen dollar verlede jaar. Kosmos 9...

August 26 kry nog 'n noodtender vir klaskamers

April 22, 2024 14:28 - 34 seconds - 275 KB

Onderwysminister Anna Nghipondoka het onthul dat die verdediging-ministerie se August 26 Construction gekontrakteer is om nog 510 klaskamers by bestaande skole regoor Namibië te bou. Die werk moet teen die tweede helfte vanjaar voltooi wees teen 'n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar onder 'n noodprojek, wat 'n tendervrystelling van die finansministerie toegestaan is. Dit volg op August 26 se bou van 510 klaskamers en 70 ablusiegeriewe vir 255 miljoen dollar verlede jaar. Kosmos 9...

Stormers moet beter speel: Dobson

April 22, 2024 13:04 - 20 seconds - 162 KB

Rugby: Die Stormers is onder druk in die Verenigde Rygbykampioenskap na die naweek se teleurstellende tuis-nederlaag teen die Ospreys. Hulle is nou sesde op die punteleer met nog vier wedstryde oor voor die uitspeelstryde. Hulle verwelkom Saterdagaand die verdedigende kampioene Leinster, wat gretig sal wees om hulle groot loesing teen die Leeus op Ellispark af te skud. Die afrigter John Dobson sê die Stormers sal baie beter moet speel.

Capricorn Corner kry groen gebou-sertifisering

April 22, 2024 13:03 - 23 seconds - 190 KB

Die Capricorn Corner-gebou, die Capricorn-groep se moderne kantoorfasiliteite in Klein Windhoek, het 'n EDGE Advanced groen gebou-sertifisering verwerf. Dit is 'n sertifisering deur die International Finance Corporation, die privaatsektor-tak van die Wêreldbankgroep. Dit is die eerste internasionaal erkende operasionele gebou wat EDGE-gesertifiseer is in Namibië. Die prestasie sluit ook by vanjaar se Wêreld Aarde-dag aan, wat vandag gevier word, en beklemtoon die groep se vordering in omgewin...

Eskom wil nog megawatts by netwerk voeg

April 22, 2024 12:36 - 18 seconds - 147 KB

Die buurland se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, het Eskom se plan aangekondig om 2 580 megawatt binne die volgende ses maande by die netwerk te voeg. Die minister sê dit sal vergemaklik word deur die terugkeer van eenhede by Koeberg, Medupi en Kusile. Ramokgopa het die privaat sektor erkenning gegee vir hul aggressiewe ontplooiing van sonkragstelsels, wat spanning op die netwerk verlig. Hy het ook komende nuts-skaal projekte uitgelig.

NSA gaan noodsaaklike statistieke-verslag vrystel

April 22, 2024 12:35 - 37 seconds - 303 KB

Die Namibië Statistieke-agentskap sal die Namibië noodsaaklike statistieke-verslag vir 2018 tot 2021 Woensdag vrystel. Die noodsaaklike statistieke, die rekords van geboorte en dood, is 'n kritieke nasionale inligtingsbron om openbare gesondheid te verstaan. Die verslag verskaf inligting vir die monitering van tendense van sleutel-bevolkingsaanwysers soos die aantal en koerse van geboortes en die getalle en koerse van huwelike. Dit verskaf ook die aantal en koerse van sterftes en hul verwante...

Stropery, veediefstal sal voortduur

April 22, 2024 11:08 - 33 seconds - 271 KB

Nuwe berigte van veediefstal vanuit Omaheke-streek wek kommer. Drie bees is geslag en die gemeenskap se teen-veediefstal-eenheid meen dat die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is, op borg is vir dieselfde oortreding. Die streek het die afgelope jare gebuk gegaan onder sindikate wat vee geslag het en aan kapana-handelaars in die hoofstad verkoop het. Net in 2022 is meer as 625 gevalle van veediefstal in die streek aangemeld met miljoene wat verloor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spang...

Saftu sê drieparty-alliansie lê Cosatu lam

April 22, 2024 11:07 - 20 seconds - 163 KB

Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê hulle speel steeds 'n deurslaggewende rol in die verdediging van die regte van werkers, die stryd teen ongeregtighede in die werkplek en die bevordering van die maatskaplik-ekonomiese belange van werkers. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die teenstrydighede binne die drieparty-alliansie bedreig steeds Cosatu se vermoë om werkers te verteenwoordig:

FNB een van grootste skenkers aan droogtehulp

April 22, 2024 11:07 - 36 seconds - 292 KB

Namibië Boere Droogtehulp het vroeër die jaar melding gemaak van ‘n erge tekort aan befondsing met groot nood as gevolg van die droogte. ‘n Konsert en fondsinsameling is die naweek in die hoofstad gehou met West SA wat opgetree het. Henriette le Grange sê die opbrengs van die aand het alle verwagtinge oortref...

Katti se gat sal 14 000 vate daagliks lewer

April 22, 2024 10:30 - 39 seconds - 319 KB

Vloeitoetse op die Mopane 1X-put, wat aan Namcor en Knowledge Katti se Custos Energy, saam met hul meerderheidsvennoot Galp Energia van Portugal behoort, het suksesvolle resultate opgelewer. Volgens Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor, het die vloei wat tydens die toetse behaal is, ongeveer 14 000 vate olie-ekwivalent per dag bereik.

GRN faal werkers met arbeidinspekteurs

April 22, 2024 10:28 - 31 seconds - 255 KB

Die arbeidsministerie het slegs 68 arbeidsinspekteurs in diens, uit die 163 poste waarvoor begroot is. Hulle moes 1 544 arbeidsinspeksies doen om voldoening aan basiese diensvoorwaardes te verifieer, en 706 inspeksies om voldoening aan beroepsgesondheid- en veiligheidstandaarde, sowel as die veiligheid van gevaarlike masjinerie, te verifieer. Hulle kon egter nie by alles uitkom nie. Dit het daartoe gelei dat die ministerie slegs 1,8 miljoen Namibiese dollar namens klaers van werkgewers wat ni...

RedForce bly - Stad Windhoek

April 22, 2024 09:14 - 38 seconds - 311 KB

RedForce is weereens in die nuus na die bohaai laasjaar om die skuld-invorderingsmaatskappy te verwyder. Katutura se inwoners het ook verlede week, met die ondersteuning van Ally Angula opgeruk en die maatskappy se verwydering geëis. Die onder-burgermeester van Windhoek Joseph Uapingene het by ‘n perskonferensie vanoggend gesê sy eie skuld-invordering was te duur...

Iran en Israel tree effe terug, trap water

April 22, 2024 09:12 - 39 seconds - 319 KB

Kenners meen dat beide Israel en Iran beide watertrap met teenaanvalle op mekaar. Die wêreld het op ‘n stadium sy asem opgehou vir ‘n moontlike volskaalse oorlog in die gebied met die aardsvyande wat mekaar teister. Iran se aanval op Israel het nie werklik ‘n impak gehad nie en Iran sê op sy beurt Israel se aanval was kinderspeletjies. Professor Andre Duvenhage, politieke ontleder van die buurland sê die VSA het ‘n rol gespeel.

Almal sal voordeel uit olie trek - SPYL

April 22, 2024 08:28 - 33 seconds - 270 KB

Die onlangse olie-ontdekkings aflandig van Namibië se suid-kus het gelei tot die bekendstelling van 'n soewereine welvaartfonds, wat 'n strategiese stap deur die regering aandui om die verwagte olie-inkomste doeltreffend te bestuur en toe te ken. Daar is egter vrese dat die geleenthede in die Suide mense uit die Noorde, of diegene wat deel is van die regerende party, meer kan bevoordeel. Ephraim Nekongo, die sekretaris van Swapo se jeugliga, SPYL, sê wanneer dit by natuurlike hulpbronne kom, ...

WGO-verdrag: Burgerlike vryhede sal arbitrêr opgeskort word

April 22, 2024 08:28 - 43 seconds - 349 KB

Dr. David Martin, die stigtersvoorsitter van M Cam Asset Management-maatskappy en 'n patent-ouditkundige, sê dat as die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Mei slaag, die WGO die mag sal hê om burgerlike vryhede op te skort - in die geval dat dit arbitrêr kan besluit om 'n openbare gesondheidsnoodgeval te verklaar.

Kenner sê sukses van landbou-uitvoere na China lê in fynskrif

April 22, 2024 07:48 - 33 seconds - 271 KB

Reaksie word ontvang dat onderhandelinge tussen Namibië en China vorder om Namibiese druiwe, diepsee-krappe en ander seekosprodukte na die Asiatiese land uit te voer. Sodra onderhandelinge tussen die twee lande gefinaliseer is oor die uitvoer van Namibiese skaapvleis na die Chinese mark sal die samesprekings oor die mariene produkte en druiwe ook begin. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landbou kenner Wallie Roux gepraat. Hy sê die fynskrif is wat belangrik is.

Steenhuisen sê hy't bewyse ANC gebruik belastingbetaler se geld vir stemme

April 22, 2024 07:47 - 19 seconds - 154 KB

Die DA sê hy het nuwe en verdoemende bewyse wat bevestig die ANC is van voorneme om belastingbetalersgeld te gebruik om stemme te werf. Die party het verlede week 'n klag teen die regerende party by die Openbare Beskermer ingedien vir die beweerde misbruik van openbare hulpbronne. Die DA-leier, John Steenhuisen sê in 'n uitgelekte opname van 'n vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vroeër die maand, het die party se bestuur na bewering senior openbare ampsdraers opdrag gege...

Merc sal werk aan motor voor Miami

April 22, 2024 06:50 - 15 seconds - 128 KB

Die hoof van die Formule Een Mercedes-span, Toto Wolff, sê hulle gaan opgraderings doen aan hul motor vir die Miami Grand Prix. Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton, wat sy swakste begin vir 'n F1-seisoen beleef, het negende geëindig in die Chinese Grand Prix, met sy spanmaat George Russell in die sesde plek. Wolff sê gróót veranderings is nodig aan die motor wat spoed en versnelling betref:

Tenders: Kenner sê hy ruik 'n rot

April 22, 2024 06:49 - 23 seconds - 188 KB

Reaksie word ontvang op berigte dat diet Zambezi-streeksraad ‘n tender vir die vervoer van droogtehulp op sy webtuiste bekend gestel het het die dag wat dit gesluit het. Die raad het kwotasies aangevra op ‘n dokument wat vir 11 April gedateer is, maar gesluit het op 16 April toe dit verskyn het. Vol spelfoute het die raad gevra vir noodbystand na sewe kiesafdelings en die tender het 11-uur voormiddag gesluit. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê dit is te algemeen en hy ruik ‘n rot.

Vrae oor Binnelandse Sake wat miljoene in die hof bestee

April 22, 2024 05:55 - 19 seconds - 156 KB

Die Suid-Afrikaanse Binnelandse Sake is onder die loep nadat dit in die Parlement onthul is dat hy oor die afgelope vyf jaar meer as 412 miljoen Suid-Afrikaanse rand op regsake bestee het. Dit het opgeskiet van 7 miljoen rand in 2018/2019 tot 117 miljoen rand in 2023/2024. Die woordvoerder oor Binnelandse Sake van die DA, Angel Khanyile, is bekommerd oor die departement se afhanklikheid van privaat regsfirmas en die verdediging van hofsake wat nie betwis behoort te word nie. Sy vra 'n onderso...

Man U behaal FA-beker eindstryd

April 22, 2024 05:54 - 17 seconds - 142 KB

Manchester United het ʼn begeesterde terugvegpoging deur Coventry City oorleef deur met strafdoele te wen en nog ʼn FA-beker-eindstryd te haal. Die Reds was in die 70ste minuut met drie-nul voor, maar het laat in die tweede helfte teruggeveg en die wedstryd moes ekstra tyd kry. United het uiteindelik geseëvier ná ʼn strafdoelstryd en met vier-twee gewen. Dit beteken hulle kom weer teen Manchester City te staan in ʼn herhaling van verlede jaar se eindstryd. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê d...

Kwesbare kinders word jaarliks meer...

April 22, 2024 05:52 - 37 seconds - 302 KB

Toelae bly in die nuus. Die regering sê 373 017 kwesbare en weeskinders ontvang die kindertoelaag van 350 Namibiese dollar en terwyl die regering sê sy dekking verbeter, meen ander die hoeveelheid kwesbares neem toe. Die Nasionale Beplanningskommissie het voorspel dat daar teen 2021 250 000 kwesbare kinders sou wees en 20 jaar gelede was daar net minder as 143 000. Volgens die woordvoerder van die LPM Lifalaza Simataa, moet ‘n meer volhoubare stelsel ontwikkel word, en die kern-oorsaak van di...

Het ReconAfrica gelieg?

April 22, 2024 04:43 - 39 seconds - 314 KB

Kry die nuus soos dit breek.

IPPR bevraagteken Fima-konsultasie proses

April 22, 2024 04:42 - 29 seconds - 236 KB

Die finansministerie het verlede naweek openbare konsultasies in die Khomas-streek gehou oor sy voorgestelde verpligte bewaring van aftreevoordele-plan. Die bedrag van 'n lid se vroeë onttrekkingsvoordeel wat bewaar moet word, is gelyk aan 75 persent van die lid se fondskrediet, soos op die datum van vroeë onttrekking. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het verklaar dat die regering se benadering nie is hoe dit gedoen moet word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die instituut se F...

Het ReconAfrica gelieg?

April 22, 2024 04:42 - 32 seconds - 258 KB

Rob Parker van die Economic and Social Justice Trust het gereageer op die nuus dat ReconAfrica ingestem het om 10,8 miljoen Amerikaanse dollar aan aandeelhouers te betaal om klasaksie regsgedinge te besleg. Die eisers beweer dat ReconAfrica tussen Mei 2020 en September 2021 misleidende verklarings gemaak het, insluitend sy planne om hidrobreking van hulpbronne in Namibië te onderneem. Die firma het versuim om bekend te maak dat Namibië nog nooit voorheen hidrobreking toegelaat het nie. Parker...

DA sal regshulp vir speaker teenstaan

April 22, 2024 03:16 - 26 seconds - 211 KB

Die DA staan die verdedigingsminister Thandi Modise se oorweging van die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula se versoek vir finansiële bystand in haar korrupsieverhoor teen. Die party se nasionale woordvoerder oor Verdediging, Kobus Marais, waarsku teen moontlike regsoptrede, sou Modise die versoek goedkeur. Hy sê Mapisa-Nqakula se persoonlike regskoste moet nie belastingbetalers se las word nie. Marais veroordeel ook die beweerde misbruik van staatsgeld en vra aanspreeklikheid, wat di...

Ruud vat Barcelona Ope

April 22, 2024 03:15 - 19 seconds - 161 KB

Die derde gekeurde Noorweegse speler, Casper Ruud het die Barcelona Ope gewen - sy elfde en grootste loopbaantitel. Die 25-jarige het die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 7-5, 6-3 geklop. Die oorwinning het ook die Noorweër se nederlaag teen Tsitsipas in verlede week se Monte Carlo Ope-eindstryd gewreek. Ruud sê hy is bly om sy eerste titel van die jaar te verower:

Shapwa verloor derde poging om tender te bekom

April 21, 2024 08:39 - 37 seconds - 305 KB

Sakeman Shapwa Kanyama het misluk met sy derde poging in die hof om mededingers te keer om antiretrovirale medikasie aan die gesondheid ministerie te verskaf. Die saak was teen die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, die gesondheidminister, die finansminister en mededingers in ’n tender vir die verskaffing van die medikasie. Reaksie is ontvang van die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit...

Standardisering van metings duur voort

April 21, 2024 07:00 - 22 seconds - 180 KB

Die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, is besig met inligtingvergaderings met sleutel-belanghebbendes oor die belangrikheid van die Metrologiewet van 2022. Die wet is gemoeid met metings en hul invloed op ekonomiese transaksies, menslike gesondheid en die omgewing. Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate het tydens 'n inligtingsgeleentheid in Gobabis daarop gewys dat metings en hul toepassing sentraal is vir die implementering van die nasionale gehalte-infrastruktuur. Die hersiene Nasionale Gehal...

Laaste 5 jaar vir opbou in SA gebruik - Cyril

April 21, 2024 06:55 - 19 seconds - 154 KB

President Cyril Ramaphosa sê die afgelope vyf jaar was toegespits op die heropbou van Suid-Afrika. Hy het stemme gewerf in eThekwini, KwaZulu-Natal, en gesê die regering het die grondslag gelê vir groei, wat infrastruktuur en werkskepping insluit. Ramaphosa beklemtoon die aanspoor van beleggersvertroue en spreek vertroue uit in voortgesette regering deur die ANC:

Oshikuku neem stappe vir goedkope behuising

April 21, 2024 06:09 - 23 seconds - 190 KB

Die Oshikuku-dorpsraad het sy verbintenis tot die verskaffing van bekostigbare behuising vir ultra-lae en lae-inkomste inwoners herbevestig. Julia Endjambi, burgemeester van Oshikuku, sê die raad se onlangse toekenning van 23 erwe aan lede van die Shack Dwellers Association is 'n beduidende stap vorentoe in die voortdurende pogings om te verseker dat alle inwoners 'n huis het. Endjambi sê die dorpsraad werk aktief daaraan om meer huise te lewer.

SAL se Dudu is siek, korrupsie-saak uitgestel

April 21, 2024 04:37 - 12 seconds - 97.4 KB

Die landdroshof in Richardsbaai het die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens-raadsvoorsitter, Dudu Myeni, se korrupsieverhoor tot 10 Mei uitgestel vir oorplasing na die hoëhof in Johannesburg. Die woordvoerder van die Ondersoek-direktoraat, Henry Mamothame, gee Myeni se hospitalisasie as rede aan. Sy en haar medebeskuldigde, Trevor Mathenjwa, staan tereg op aanklagte wat verband hou met sowat 300 000 Suid-Afrikaanse rand se korrupsie en bedrog, verbind met Bosasa. Beide is borgtog van 10 000 r...

'Christine was nie sielkundig gereed nie'

April 21, 2024 03:15 - 35 seconds - 288 KB

Afrigter Henk Botha het met die media gepraat na Christine Mboma se vertoning by die Kip Keino byeenkoms in Kenia. Mboma, wat vir die eerste keer in twee jaar weer meegeding het, het laaste gekom in ‘n tyd van 12,32. Gina Bass Bittaye van Gambië het goud verower met 'n tyd van 11,33. Botha sê Mboma was nie sielkundig gereed nie.

Weiding en watertekorte in Namibië groot kwelpunt

April 20, 2024 10:21 - 17 seconds - 140 KB

Namibië worstel met 'n ernstige droogte in groot dele van die land wat verslegtende weidingstoestande en watertekorte vir vee veroorsaak. Die lewens van diere is in gevaar met weiding en water wat steeds 'n probleem is, en groot kommer oor vee laat ontstaan. Landbouminister Calle Schlettwein beklemtoon die uitdagings vir die landbou.

Dalende vakaturesyfers in verskeie sektore

April 20, 2024 10:10 - 20 seconds - 164 KB

 'n Verbruikers-en-eiendomstrateeg by FNB se afdeling vir kommersiële eiendomsfinansiering John Loos, sê die eerste kwartaal van vanjaar se FNB-eiendomsmakelaarsopname wys op dalende vakaturesyfers in al drie kommersiële eiendomsklasse, naamlik kantoor, nywerheid en kleinhandel. Loos sê vakaturekoersneigings vertraag dikwels ekonomiese neigings en met die ekonomiese herstel ná die inperking in 2021/2022 het ekonomiese groei verlede jaar tot 'n skamele 0,6-persent verlangsaam, ná die 1,9-perse...