Nuus artwork

Nuus

17,660 episodes - Afrikaans - Latest episode: 6 days ago - ★★★★★ - 2 ratings

Kry die nuus soos dit breek.

News
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Ekonoom reageer op verlenging van Agoa

April 29, 2024 11:25 - 22 seconds - 180 KB

Kenia se The Nation-koerant berig dat Amerika se Agoa-wet tot 2041 verleng kan word en vir nog 16 jaar in plek kan bly. Agoa is verlede jaar reeds met 10 jaar verleng, maar hierdie nuwe wet sal dit selfs verder neem en meer lande insluit. Die uitbreiding sal na verwagting Agoa met die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms integreer om die ontwikkeling van intra-Afrika voorsieningskettings te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor hoe dit Namibië...

Cele sê daar's 'n taakspan vir politieke moorde

April 29, 2024 11:24 - 18 seconds - 153 KB

Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê volgende maand se verkiesing sal binne die betrokke voorskrifte van die wet hanteer word en beamptes sal dit ooreenkomstig afdwing. Die minister was gister deel van die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Veiligheidsgroepering se inligtingsessie. Cele sê onder die pogings wat aangewend word, is die aanwys van ʼn spesiale taakspan om die toenemende politieke moorde in die land te hanteer:

KosMOS Fees was meer as net musiek

April 29, 2024 11:22 - 43 seconds - 349 KB

Die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie Sanet Steenkamp was ‘n spesiale Kosmos-gas by die KosMOS Fees oor die naweek. Sy sê dit was meer as net ‘n fees maar ‘n geleentheid om ‘n taal te vier en met mense en geliefdes bymekaar te kom.

Dit gaan 'n taai jaar wees vir huishoudings - ekonoom

April 29, 2024 10:42 - 40 seconds - 324 KB

NamPower se kragtarief sal op 1 Julie verhoog word met 8 persent. Die aankondiging volg op die styging in brandstofpryse wat op Donderdag, 2 Mei intree. Petrol word 70 sent 'n liter duurder en beide variante van diesel styg met 40 sent 'n liter. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie aan Unam sê dit is 'n moeilike jaar vir verbruikers.

Amushe maak lelike aantygings teen Stadspolisie-hoof

April 29, 2024 10:41 - 40 seconds - 327 KB

Nuwe bewerings het na vore gekom in die Okahandja-skietvoorval waarin vyf mans in April verlede jaar hul lewens verloor het in verband met 'n beweerde beplande roof. Die mans is deur lede van die Namibiese Polisie en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet. Die aktivis Michael Amushelelo beweer op sosiale media dat die Stadspolisiehoof, Leevi Shivolo Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Volgens Amushelelo het hy ontdek dat 'n broerskind van Ileka een van die betrokke stadspolisiebe...

Amushe maak lelike aantygings teen Stadspolisie-hoof

April 29, 2024 10:41 - 40 seconds - 327 KB

Nuwe bewerings het na vore gekom in die Okahandja-skietvoorval waarin vyf mans in April verlede jaar hul lewens verloor het in verband met 'n beweerde beplande roof. Die mans is deur lede van die Namibiese Polisie en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet. Die aktivis Michael Amushelelo beweer op sosiale media dat die Stadspolisiehoof, Leevi Shivolo Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Volgens Amushelelo het hy ontdek dat 'n broerskind van Ileka een van die betrokke stadspolisiebe...

Sanders staan agter VSA-studente

April 29, 2024 09:44 - 36 seconds - 294 KB

Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders sê hy ondersteun Amerikaanse studente se betogings vir die regte van Palestyne. Hy sê die verregse Israeliese regering se aksies in Gaza skok.

Salt IT help met oognasporing in skole

April 29, 2024 09:43 - 38 seconds - 310 KB

Salt Essentials IT Namibia het onlangs verskeie skole geraadpleeg en betrek oor oog-nasporingsagteware, genaamd Tobii, wat leerders se leesvermoë meet en leesgestremdhede herken. In opvoedkundige sielkunde kan oognasporing 'n uitstekende hulpmiddel wees om insigte in leergedrag, kognitiewe lading en betrokkenheid te verkry. Die resultate help om opvoedkundige materiaal en leersituasies effektief te ontwerp, te evalueer en te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt gesels o...

Jerry het 'n reg om te vra oor sy wetsontwerp

April 29, 2024 08:22 - 38 seconds - 311 KB

Swapo parlementslid Jerry Ekandjo was verlede week woedend in die Nasionale Vergadering omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerpe goedgekeur om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig. Dit sal die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië blokkeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, oor of die preside...

Wêreldinentingsweek: Regerings moet die programme ondersteun

April 29, 2024 08:21 - 15 seconds - 125 KB

Vandeesweek is Wêreld-inentingsweek, met die viering van 50 jaar van die Uitgebreide Program vir Immunisering. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê 'n baba wat vandag gebore word, is 40-persent meer geneig om tot hul eerste verjaarsdag te oorleef as wat hulle 50 jaar gelede was. Die direkteur-generaal vir die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle doen 'n oproep op wêreldleiers om entstowwe en immuniseringsprogramme te steun, te bevorder en te befonds:

Handel konsulteer vandag in hoofstad

April 29, 2024 07:14 - 36 seconds - 296 KB

Handelsminister Lucia Iipumbu en haar ministeriële afvaardiging sal vandag 'n openbare konsultasie by die binnelandse sake-ministerie se konferensiesaal hou. Dit sal op drie sleutelwetgewings en beleidsdokumente fokus om insette van alle belanghebbendes in die Khomas-streek te kry. Die handelsministerie se woordvoerder, Elijah Mukobonda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik meer.

Cosatu sê werkers is onder toenemende druk

April 29, 2024 07:12 - 18 seconds - 154 KB

Cosatu in die buurland sê alle spertye oor die Wysigingsetsontwerp op Pensioenfondse sal binnekort gehaal word om die implementering in September te verseker, na werkers sedert 2020 op dié verligting wag. Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp gewysig. Matthew Parks van Cosatu sê werkers is diep in die skuld weens trae ekonomiese groei, styende lewenskoste en om familielede te steun wat 'n stryd voer in 'n ekonomie met 'n werkloosheidsyfer van 41-persent:

Nicole Kidman vereer

April 29, 2024 07:00 - 15 seconds - 129 KB

Die bekroonde aktrise, Nicole Kidman, is vereer met 'n loopbaan-toekenning van die Amerikaanse Rolprentinstituut. Die 56-jarige Kidman is die eerste Australiese akteur wat dié eerbewys van die instelling ontvang. Meryl Streep, Julie Andrews, Denzel Washington, Robert De Niro, Martin Scorsese en Steven Spielberg is reeds só vereer. Kidman het verskyn in rolprente soos Days Of Thunder, Moulin Rouge en Big Little Lies. Kidman sê dis 'n voorreg om rolprente te maak:

Geslagsgeweld: Daar’s vordering maar nie genoeg nie

April 29, 2024 06:59 - 18 seconds - 151 KB

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê Suid-Afrika maak vordering met gelykheids-opvoeding en talle ander ingrypings wat bedoel is om geslagsgelykheid te beskerm. Maar die kommissie is steeds bekommerd oor die vlaag geslagsgeweld en vrouemoord. 'n Woordvoerder Javu Baloyi sê almal moet ander mense se regte respekteer om hulle seksuele oriëntasie te kies soos dit in die Grondwet en die Menseregtehandves verskans is:

Een punt skei City en Arsenal

April 29, 2024 05:50 - 17 seconds - 139 KB

Die heersende kampioen, Manchester City, is nou net een punt agter die Premierliga-voorlopers, Arsenal, ná ’n 2-0 sege oor Nottingham Forest. Josko Gvardiol en Erling Haaland se doelskoppe het ʼn oorwinning verseker vir City, wat wil probeer om ʼn rekord- vierde agtereenvolgende sege te behaal. Intussen het Arsenal ʼn terugslag in die tweede helfte van die Noord-Londen-derby oorleef en Tottenham Hotspur met 3-2 geklop. Gunners se bestuurder, Mikel Arteta, sê hy is tevrede met sy span se veggees:

Meer mense, minder ekonomiese aktiwiteite

April 29, 2024 05:49 - 37 seconds - 303 KB

Drie dekades later in Namibië se sosio-politieke en ekonomiese bedeling, is dit duidelik dat die armoedesiklus, ongelykheid en werkloosheid erger geword het, wat jeugproteste teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings waarmee baie gemeenskappe in Namibië te kampe het en Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. Volgens 'n aktivis van Okahandja, Sydney Gariseb, groei die bevolking van die dorp en die ekonomiese aktiwiteite neem af, wat mense...

Kunstenaars vol lof vir KosMOS Fees

April 29, 2024 05:43 - 8 seconds - 66.6 KB

En Karlien van Jaarsveld,

Kunstenaars vol lof vir KosMOS Fees

April 29, 2024 05:43 - 8 seconds - 66.6 KB

En Karlien van Jaarsveld,

Kunstenaars vol lof vir KosMOS Fees

April 29, 2024 05:42 - 5 seconds - 43.1 KB

Die KosMOS Fees word beskryf as ‘n reuse-sukses deur beide die kunstenaars wat opgetree het sowel as feesgangers wat meen die geleentheid was goed gereël en was baie pret. Kosmos 94.1 het Sondagoggend vroeg-vroeg met van die kunstenaars gesels oor hulle ervaring. So sê Snotkop,

Ledetal is nou vir Sauma belangrik... vir verteenwoordiging

April 29, 2024 04:41 - 38 seconds - 308 KB

Ten spyte van teenkanting deur veral die Omaheke boeregemeenskap en inwoners, is daar tans 42 eksklusiewe prospekteerlisensies of aansoeke vir kernbrandstofminerale, wat 3,37 miljoen hektaar of 53,3 persent van die Stampriet-bekken dek. Een maatskappy, Zoya Minerals, wat tien groot eksklusiewe prospekteerlisensies besit, het onlangs ’n omgewingsklaringsertifikaat ontvang om eksplorasie-aktiwiteite te begin. Die impak wat grondwater besoedel deur uraan sal hê, strek tot in Botswana en Suid-Afr...

'Sterkte' vir die Swapo-lede wat hof toe wil gaan

April 29, 2024 04:41 - 39 seconds - 318 KB

Drie Swapo-lede het per prokureursbrief die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, gevra dat die Swapo Sentrale Komitee teen 4 Mei 'n buitengewone kongres moet belê om 'n nuwe Swapo-president te verkies. Indien nie, sal hulle die hof nader vir 'n verklarende bevel in die verband. Reinhold Shipwikineni, Peter Shituula en Joshua-Vaino Martins sê Artikel 15(9) van die Swapo-grondwet is nie gevolg na die afsterwe van president Hage Geingob nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, s...

ECB verduidelik kragtarief-verhoging vir NamPower

April 29, 2024 03:13 - 29 seconds - 236 KB

Die Elektrisiteitsbeheerraad het NamPower se kragtarief verhoog met 8 persent. NamPower het gevra vir 'n 14,59 persent verhoging. Die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking. Die beheeraad het gebruikers beskerm deur nie NamWater se tariewe te aanvaar nie. Pinehas Mutota, die raad se algemene bestuurder van ekonomiese regulasie, verduidelik waarom die tarief-verhoging noodsaaklik is.

ECB verduidelik kragtarief-verhoging vir NamPower

April 29, 2024 03:13 - 29 seconds - 236 KB

Die Elektrisiteitsbeheerraad het NamPower se kragtarief verhoog met 8 persent. NamPower het gevra vir 'n 14,59 persent verhoging. Die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking. Die beheeraad het gebruikers beskerm deur nie NamWater se tariewe te aanvaar nie. Pinehas Mutota, die raad se algemene bestuurder van ekonomiese regulasie, verduidelik waarom die tarief-verhoging noodsaaklik is.

Korrupsie-verhoor in Oos Londen tot September uitgestel

April 29, 2024 03:12 - 19 seconds - 154 KB

Die Oos-Londense-streekhof het die korrupsiesaak teen 'n voormalige senior staatsamptenaar, Neil Naidoo en die sakelui, Kenny Govender en Matthew Pillay, tot September vir verhoor uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê hulle staan tereg op verskeie korrupsieaanklagte en een van dwarsboming van die gereg, na beweerde pogings om twee ondersoekbeamptes met 3.5 miljoen Suid-Afrikaanse rand om te koop.

Droogtehulpverlenging is 'politieke taktiek'

April 28, 2024 10:53 - 29 seconds - 237 KB

Die regering het 'n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis 'n politieke taktiek. Hy sê die regerende party probeer die vertroue van sy ondersteuners vir die komende verkiesing wen.

Riool bedreig toekoms van Wêrelderfenisterrein: VF Plus

April 28, 2024 10:51 - 17 seconds - 143 KB

Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net 'n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom, 'n Wêrelderefenisgebied. Sy voeg by diensleweringsmislukkings is die kern van die probleem.

Vryheid slegs vir paar mense wat met ANC verbind word: Malema

April 28, 2024 09:39 - 20 seconds - 164 KB

Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir 'n paar individue - diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene mense wat van plase afgesit word, by die werk uitgebuit word en of werkloos is nie.

KosMOSFees 'n 'bucket list' ervaring, sê Ricus Nel

April 28, 2024 09:36 - 14 seconds - 117 KB

Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat 'n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat 'n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as 'n sogenaamde "bucket list" ervaring beskryf het.

Handel-ministerie praat beleid met sakelui

April 28, 2024 07:47 - 32 seconds - 257 KB

Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.

Wanderers klop United in 69ste derby

April 28, 2024 07:44 - 18 seconds - 146 KB

FNB Wanderers het die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby teen Trustco United met 31 - 15 gewen. Die halftyd-telling was 26 - 10 vir Wanderers. Kosmos 94.1 het gesels met Wanderers se afrigter, Dirk Human.

KosMOSfees was 'storm-fees', sê Kurt Darren

April 28, 2024 06:48 - 23 seconds - 188 KB

Die inwoners van Pionierspark slaak seker 'n sug van verligting met die KosMOSfees wat gisteraand by die Wanderers-velde ten einde geloop het. Die fees was 'n reuse-sukses, met 20 uur se Afrikaanse musiek oor die twee dae. Reaksie op die fenomenale projek is oorweldigend positief. Een van die sterre wat opgetree het, Kurt Darren, het sy ervaring so verwoord.

NSRI red 22 vissermanne in Tafelbaai

April 28, 2024 06:46 - 19 seconds - 158 KB

Die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op 'n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is 'n langlynvistreiler begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie het versleg namate seetoestande verander het.

Schlettwein nuwe voorsitter van Zambezi Waterloop Kommissie

April 27, 2024 08:42 - 32 seconds - 264 KB

Landbou, water and grondhervorming-minister Calle Schlettwein is die nuwe voorsitter van die Zambezi Waterloop Kommissie, of Zamcom. Hy het Donderdag by die elfde Zamcom-Raad van Ministers in Tete, Mosambiek die leisels oorgeneem. Die vergadering het ingesluit die aanvaarding van sleutelbeleide en besluite om die doeltreffende bestuur, volhoubare ontwikkeling, en redelike en billike benutting van die Zambezi-rivier se waterbronne te verseker. Schlettwein verduidelik een van die kommissie se d...

Handel-ministerie konsulteer met sakemense

April 27, 2024 07:34 - 32 seconds - 257 KB

Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.

Vroue maak moles op Copps 94.1

April 27, 2024 05:48 - 50 seconds - 404 KB

Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik, maar drankmisbruik het weer sterk na vore getree. Volgens Francois Lottering van Copps 94.1 was vroue by al die gevalle betrokke waar hulle moes hulp verleen. Dit is nie verbasend nie, aangesien Namibië volgens die Wêreld Gesondheid-organisasie een van die Afrika-lande is waar daar die meeste per kapita gedrink word, veral deur vroue. In die Suider-Afrikaanse streek is dit net in Botswana en Suid-Afrika waar daar meer per kapita ...

Brandstofpryse styg weer in Mei

April 27, 2024 04:43 - 30 seconds - 242 KB

Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm en 22 dollar 37 sent vir diesel 10 dpm per liter. Die ministerie se petroleum-ekonoom Salome Ngoshi ve...

Bank van Namibië stel Kitsbetalingsprojek bekend

April 26, 2024 16:39 - 38 seconds - 306 KB

Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, 'n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met 'n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om 'n Kitsbetalings-oplossing bekend te stel wat doeltreffend en onmiddellik toeganklik is. Die platform is ontwerp vir inklusiwitei...

Dubbele beseringsterugslag tref Leeus

April 26, 2024 16:34 - 38 seconds - 306 KB

Rugby: Twee beserings bring 'n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby.

Begrotingstekort-projeksie verlaag na 3,2%

April 26, 2024 15:50 - 42 seconds - 337 KB

Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en 'n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as 'n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP in 2024/25 te bly. Die sterk groei is weens verhoogde aktiwiteite in die natuurlike hulpbronsektor, insluitend die impak va...

Privaat vennoot by Kaapstad-hawe verwelkom

April 26, 2024 15:48 - 16 seconds - 136 KB

Die Stad Kaapstad het die ontwikkeling van 'n privaat vennoot by die Kaapstad-hawe verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê vroeër hierdie week het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid 'n beroep op belanghebbende partye gedoen om tenders in te dien vir die vestiging, bedryf, instandhouding, opknapping, of bou en oordrag van 'n vloeibare grootmaat-terminal in die hawe vir 'n konsessietydperk van 25-jaar.

Visriviercanyon het genoeg water vir stapseisoen

April 26, 2024 14:51 - 31 seconds - 251 KB

Die toerisme-ministerie, in samewerking met Namibia Wildlife Resorts, het aangekondig dat 'n deeglike evaluering van waterbronne in Visriviercanyon gedoen is, en daar is genoeg water beskikbaar vir die komende stapseisoen. Die stapseisoen begin op 1 Mei. Dit kom na 4,36 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam vrygelaat is in die tweede week van April. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder, gepraat wat meer inligting gee.

Voer-produksie kry knou weens leë Hardapdam

April 26, 2024 14:22 - 41 seconds - 334 KB

Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor hoe die beperking die produksie van voer sal affekteer.

Namibië Landbou-unie verwelkom verlengde droogtehulp

April 26, 2024 14:21 - 40 seconds - 329 KB

Die regering se verlenging van die droogtehulp-ondersteuningsprogram tot 31 Maart volgende jaar word wyd verwelkom, veral in die boerdery-gemeenskap. Uit die begroting van 825 miljoen Namibiese dollar is 100 miljoen dollar begroot vir die lewendehawe ondersteuningsprogram. Reaksie is ontvang van Roelie Venter, die Namibië Landbou-unie se uitvoerende bestuurder. Venter verduidelik die waarde van die hulp vir boere.

Nuwe Trans Kalahari Fiber roete bring voordele

April 26, 2024 13:22 - 39 seconds - 318 KB

Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief ...

Beskerm al die kinders: UNICEF Suid-Afrika

April 26, 2024 13:21 - 19 seconds - 156 KB

UNICEF Suid-Afrika het in 'n manifesvrystelling wat 30-jaar van demokrasie herdenk, versoek dat kinders in die ontwikkelingsagenda voorop gestel word. Die manifes versoek verbeterde pogings om die welstand van alle kinders, insluitend diegene met gestremdhede en migrante, te verseker. UNICEF se lands-verteenwoordiger, Christine Muhigana, het die behoefte beklemtoon dat leiers voorkeur gee aan kinders se beskerming en toekoms in aanloop tot die verkiesing:

DA wil werkloosheid aanpak met nuwe beleid

April 26, 2024 12:17 - 15 seconds - 127 KB

Die DA het 'n nuwe ekonomiese beleid bekendgestel om Suid-Afrika se ernstige werkloosheidskrisis aan te pak. Die beleid, wat daarop gemik is om tussen twee-miljoen en drie-miljoen nuwe werksgeleenthede te skep, fokus op die verbetering in die gemak om sake te doen, om beter fiskale keuses te maak en die hervorming van arbeidsbeleide. DA-leier John Steenhuisen het op 'n nuuskonferensie die hoë vlakke van werkloosheid beskryf as 'n mensgemaakte ramp wat die ANC veroorsaak het. Steenhuisen het k...

Land se eerste PET-plastiekherwinningsaanleg bring voordele

April 26, 2024 12:15 - 38 seconds - 307 KB

Die inwyding van Namibië se eerste poliëtileentereftalaat plastiekherwinningsaanleg, is 'n gesamentlike poging tussen Namibia Polymer Recyclers en Coca-Cola Beverages Africa in Namibië. Die PET Flake Plant in Okahandja verteenwoordig nie net 'n prysenswaardige belegging in die land se omgewingsvolhoubaarheid nie, maar ook 'n besliste stap in die rigting van die verwesenliking van die visie van 'n sirkulêre ekonomie. Hierdie inisiatief, gerugsteun deur 'n belegging van 24 miljoen Namibiese dol...

Nam-vroue kry minder kinders

April 26, 2024 11:26 - 40 seconds - 329 KB

Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê 'n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die eko...

ANC appelleer teen kaderontplooiing-beslissing

April 26, 2024 11:25 - 18 seconds - 150 KB

Die DA het die ANC se besluit gekritseer, om teen ʼn beslissing van die Gautengse Hooggeregshof te appelleer. Die hof het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en partybeampte Thapelo Masilela aan minagting van die hof skuldig bevind. Hulle het rekords van die party se nasionale kaderontplooiing teruggehou ná ʼn vroeëre bevel wat deur die Konstitusionele Hof bekragtig is. Leon Schreiber van die DA sê die ANC se appèl wys hy vrees die gevolge wanneer president Cyril Ramaphosa se aandad...

Koste van huur neig steeds opwaarts

April 26, 2024 11:24 - 41 seconds - 330 KB

Die jongste FNB-huurindeks vir die vierde kwartaal van 2023 is bekend. Die bank sê huurpryse neig opwaarts, reeds vir die afgelope drie agtereenvolgende kwartale. Die jaar gemiddeld vir die vierde kwartaal was ‘n styging van 7,2 persent, op van 4,7 persent in die derde kwartaal van verlede jaar. Mandisa van Wyk, marknavorser by FNB verduidelik.