Nuwe Trans Kalahari Fiber roete bring voordele
Nuus
Afrikaans - April 26, 2024 13:22 - 39 seconds - 318 KB - ★★★★★ - 2 ratingsNews Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed
Previous Episode: Beskerm al die kinders: UNICEF Suid-Afrika
Next Episode: Namibië Landbou-unie verwelkom verlengde droogtehulp
Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief wees vir beide lande.