Nuus artwork

Nuus

17,563 episodes - Afrikaans - Latest episode: about 2 hours ago - ★★★★★ - 2 ratings

Kry die nuus soos dit breek.

News
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Nam-vroue kry minder kinders

April 26, 2024 11:26 - 40 seconds - 329 KB

Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê 'n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die eko...

ANC appelleer teen kaderontplooiing-beslissing

April 26, 2024 11:25 - 18 seconds - 150 KB

Die DA het die ANC se besluit gekritseer, om teen ʼn beslissing van die Gautengse Hooggeregshof te appelleer. Die hof het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en partybeampte Thapelo Masilela aan minagting van die hof skuldig bevind. Hulle het rekords van die party se nasionale kaderontplooiing teruggehou ná ʼn vroeëre bevel wat deur die Konstitusionele Hof bekragtig is. Leon Schreiber van die DA sê die ANC se appèl wys hy vrees die gevolge wanneer president Cyril Ramaphosa se aandad...

Koste van huur neig steeds opwaarts

April 26, 2024 11:24 - 41 seconds - 330 KB

Die jongste FNB-huurindeks vir die vierde kwartaal van 2023 is bekend. Die bank sê huurpryse neig opwaarts, reeds vir die afgelope drie agtereenvolgende kwartale. Die jaar gemiddeld vir die vierde kwartaal was ‘n styging van 7,2 persent, op van 4,7 persent in die derde kwartaal van verlede jaar. Mandisa van Wyk, marknavorser by FNB verduidelik.

NamPower se 8% sal inflasie opstoot

April 26, 2024 11:02 - 35 seconds - 283 KB

Die Elektrisiteitsbeheerraad het aangekondig dat NamPower se kragtarief verhoog sal word met 8 persent. NamPower het gevra vir 14,59 persent in sy tariewe vra. Die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise het vanoggend die aankondiging gemaak en sê die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking.

Jongste oor Daurês se groen-waterstof

April 26, 2024 11:01 - 38 seconds - 306 KB

Konstruksie van Fase 1 van die Daurês Groen-waterstof Dorp is 85 persent voltooi, en die projek sal na verwagting teen einde Julie vanjaar 18 ton waterstof en 100 ton groen ammoniak produseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof van die Daurês Groen-waterstof Dorp, wat 'n opdatering oor die projek gee.

Toeris-ongeluk: Paaie moet aandag kry

April 26, 2024 10:59 - 37 seconds - 305 KB

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het gereageer op die gru-busongeluk waar twee toeriste die week omgekom het. Die ongeluk het op die C14-grondpad plaasgevind. Gitta Paetzold van die vereniging sê daar sal moet gekyk word na die stand van paaie sowel as voertuie wat toeriste vervoer.

DA steeds teen Bela gekant

April 26, 2024 09:39 - 14 seconds - 115 KB

Die DA sê ondanks sekere welkome wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is hy steeds sterk daarteen gekant. Die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Onderwys, Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur het die jongste weergawe van die Bela-wetsontwerp aanvaar. Dit bevat 'n breër definisie van lyfstraf. Delmaine Christians van die DA sê hulle is steeds bekommerd oor die potensiële impak van die wetsontwerp op skole en gemeenskappe:

Bipa besoek streke vir kwytskelding

April 26, 2024 09:39 - 40 seconds - 328 KB

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na 'n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels vir 'n opdatering.

Van voedselpakkies na koopbewyse

April 26, 2024 08:46 - 32 seconds - 262 KB

Die Kantoor van die Eerste Minister het die oorgang van die verspreiding van droogtehulpkos na die koopbewys-gebaseerde Kommoditeitsbegunstigde Inligtingbestuurstelsel landwyd begin. Die koopbewys-gebaseerde model stel droogtehulpbegunstigdes in staat om hul koopbewyse by geselekteerde kleinhandelaars in hul gemeenskappe af te los. Die stelsel is verlede jaar in die Okatana-kiesafdeling in die Oshana-streek deur Eerste Minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila bekendgestel. Die loodsstudie wat ...

'EFF sal amptelike opposisie wees'

April 26, 2024 08:45 - 20 seconds - 169 KB

Die EFF-leier, Julius Malema, sê indien die party nié die algemene verkiesing aanstaande maand wen nie, moet hy die amptelike opposisie word. Hy het studente van Wits se Skool vir Regeerkunde gister toegespreek. Die EFF het in die 2019-verkiesing tien persent van die stemme ontvang en is die derde grootste opposisieparty. Malema sê met vooruitskouings dat die ANC minder as 50-persent gaan behaal, kan hy die EFF nodig kry:

GOOD onbeïndruk met Veelparty-manifes

April 26, 2024 08:16 - 20 seconds - 165 KB

Die GOOD-party sê die DA-geleide Veelparty-handves se raamwerk vir maatskaplike verligting is leë beloftes. Die handves sê die raamwerk verseker sosio-ekonomiese ontwikkeling wat nodig is om die kringloop van armoede ongelykheid en honger te verbreek. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die raamwerk wat 30 beloftes bevat, is nie gebaseer op ʼn ware verbintenis om armoede aan te spreek nie:

Vervoerplan vir TransNamib – is dit ‘n goeie idee?

April 26, 2024 08:15 - 40 seconds - 326 KB

Wetgewers stel voor dat TransNamib eksklusief gevaarlike goedere en swaar vrag vervoer, en sê dit is een van vele ingrypings wat die maatskappy se winsgewendheid kan herstel. Die aanbeveling was vervat in 'n verslag deur die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie. Die beperking van die beweging van gevaarlike goedere en swaar vrag sal ook help om die land se paaie te beskerm. Die regering is aangemoedig om te belê in die aankoop van lokomotiewe terwyl hy die spoor...

Madrid: Rafa wen eerste wedstryd

April 26, 2024 06:45 - 16 seconds - 134 KB

Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Madrid Ope. Die Spanjaard wat aan die einde van die seisoen wil uittree, het die 16-jarige Amerikaanse loslootjie, Darwin Blanch, met 6-1 en 6-0 verpletter. Nadal speel volgende teen die Australiër, Alex de Minaur, wat hom verlede week in die Barcelona Ope se tweede ronde verslaan het. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het Yoshihito Nishioka van Japan met 4-6, 6-1 en 6-4 kafgedraf. Nadal sê dis emosioneel om die laaste...

SA-mynwerkers het niks om oor te kla nie

April 26, 2024 06:43 - 20 seconds - 162 KB

Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê mynwese gee werknemers geleenthede om hulle lewens, en dié van hulle families, te verbeter. Oor drie dekades is aansienlike vordering gemaak met die transformasie van die sektor, met verhoogde verteenwoordiging van histories-benadeelde Suid-Afrikaners en vroue. Beleggings in personeelontwikkeling, wat opleiding en onderwys insluit, dra by tot loongroei en vaardigheidsontwikkeling. Allan Seccombe van die raad sê mynmaatskappye ontwikkel ook gemeenskappe:

Man City en Arsenal... verskil is een punt

April 26, 2024 05:53 - 15 seconds - 127 KB

Die punteverskil tussen die heersende Premierliga-kampioen, Manchester City, en die voorlopers, Arsenal, is slegs een punt met nog een wedstryd oor vir Manchester nadat hulle Brighton in die Amex-stadion met vier-nul geklop het. Doele deur Kevin de Bruyne en Julian Alvarez en twee deur Phil Foden het die sege verseker. Manchester het nou 30 wedstryde agtereenvolgens gewen. Die bestuurder, Pep Guardiola, sê hy weet die wedloop is nog nie verby nie:

Bosasa-bewerering moet ondersoek word

April 26, 2024 05:53 - 20 seconds - 162 KB

Die vakbond vir Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-werkers vra 'n deeglike en onbevooroordeelde ondersoek na korrupsiebewerings wat verbind word met die Bosasa-saak. Woordvoerder Alude Jizana het verwys na die onlangse veiling van Bosasa se kantore vir 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en aanspreeklikheid met die terugbetaling van skuld aan die Departement van Korrektiewe Dienste beklemtoon. Jizana sê die implementering van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is noodsaaklik vir regverdige arb...

Stelselmatige verwydering van subsidies in Angola bring geen verligting nie

April 26, 2024 05:49 - 43 seconds - 350 KB

Dieselpryse in Angola is onlangs met sowat 48 persent verhoog, maar is steeds spotgoedkoop teen 4 Namibiese dollar 60 sent ‘n liter. Petrol kos in Angola 6 Namibiese dollar 90 sent ‘n liter. Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar in die Noorde, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die duurder Angolese brandstof was veronderstel om verligting te bring vir vulstasies in die noordelike streke, wat swaarkry omdat goedkoop Angolese brandstof op groot skaal gesmokkel word. Hy sê in hierdie geval is Namibië s...

Droogteverligting word verleng to Maart '25

April 26, 2024 02:13 - 32 seconds - 264 KB

Kry die nuus soos dit breek.

Droogteverligting word verleng to Maart '25

April 26, 2024 02:13 - 40 seconds - 323 KB

Swapo parlementslid Jerry Ekandjo het in die Nasionale Vergadering in 'n tirade aanmerkings gemaak oor gewaande lede van die LGBTQ+ gemeenskap in Frankryk, in wat hy as Westerse ideologië bestempel het. Hy was woedend omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die omstrede wetsontwerpe is basies daarop gerig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer, maar moet deur die president geteken word voordat di...

LGBT-aktivis reageer op Jerry se tirade in NV

April 26, 2024 02:12 - 38 seconds - 311 KB

Swapo parlementslid Jerry Ekandjo het in die Nasionale Vergadering in 'n tirade aanmerkings gemaak oor gewaande lede van die LGBTQ+ gemeenskap in Frankryk, in wat hy as Westerse ideologië bestempel het. Hy was woedend omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die omstrede wetsontwerpe is basies daarop gerig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer, maar moet deur die president geteken word voordat di...

Meatco se boeke draai in parlement

April 26, 2024 01:57 - 39 seconds - 314 KB

Wat gaan aan by Meatco? PDM-parlementslid Inna Hengari wou in die Nasionale Vergadering by finansminister Ipumbu Shiimi weet wat aangaan dat die staatsonderneming nie boere betyds betaal vir die vee wat hulle gelewer het nie. Shiimi het in sy antwoord gesê die onderneming was in finansiële moeilikheid, en het verduidelik dat dit teen 'n verlies werk.

SA sukkel ook met malaria, veral in Ooste

April 26, 2024 01:56 - 19 seconds - 158 KB

Suid-Afrika bly daartoe verbind om malaria teen 2028 uit te wis in ooreenstemming met die Nasionale Malaria-uitwissing-strategiese plan, ondanks uitdagings soos hittegolwe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word. Vordering was merkbaar in provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, maar plaaslike oordrag verg verdere aandag. Terwyl die land vandag by die wêreldgemeenskap aansluit om Wêreld-malariadag te vier, word belanghebbendes versoek om saam te werk vir 'n gesonder toekoms....

Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad 'verminder probleme'

April 25, 2024 16:47 - 39 seconds - 318 KB

Die jaarlikse verslag van die Nasionale Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad, NIPDB, is in die Nasionale Vergadering gelees. Volgens die verslag het Namibië verskeie probleme in die gesig gestaar in terme van ongelykheid, werkloosheid en armoede, en daarom is die ontwikkelingsraad gestig. Ten spyte daarvan ervaar Namibië nog steeds hierdie probleme. Christine /Hoebes, die minister in die presidensie, het die verslag voorgelees. Volgens haar het die stigting van die raad hierdie probleme ve...

Solidariteit verwerp bedingingsraad se bedrieglike loonaanbod

April 25, 2024 16:45 - 18 seconds - 150 KB

Die vakbond Solidariteit kritiseer die Metaal- en Ingenieursbedrywe-bedingingsraad se loonaanbod en noem dit bedrieglik en skadelik vir vaardige werkers met ondervinding. Dit wissel van ses-persent vir laervlak werknemers tot vyf-persent vir vaardige werkers, en word gekoppel aan minimum salariskoerse, eerder as werklike lone. Die vakbond sê dit kan lei tot verhogings laer as inflasie vir vaardige werkers, met 'n moontlike verlies aan vaardighede. Solidariteit se sekretaris-generaal Gideon du...

Vierde Diensteraad vir Indiensneming ingehuldig

April 25, 2024 15:50 - 39 seconds - 320 KB

Die arbeid-ministerie het die nuut aangestelde 4de Diensteraad vir Indiensneming, ESB, ingehuldig. Die direksie is by magte om die arbeidsmarkontwikkeling te moniteer en te ontleed en om die minister te adviseer oor wetgewing met betrekking tot die verskaffing van indiensnemingsdienste. Plaaslike ekonoom Klaus Schade is as voorsitter aangewys. Schade het in sy aanvaardingstoespraak gewys op die direksie se drie hoofdoelwitte.

Man City sit Premierliga-verdediging in Brighton voort

April 25, 2024 15:47 - 20 seconds - 162 KB

Sokker: Manchester City sit vanaand in Brighton die verdediging van hulle Premierliga-titel voort . Die spanning loop hoog, met City in die derde plek, vier punte agter die voorlopers, Arsenal, maar met nog twee wedstryde oor. Na verlede seisoen se verstommende sukses, speel City volgende maand in die eindstryd van die FA-beker, en hulle is nog erg in die Premierskap-titelgeveg ook. Die bestuurder Pep Guardiola is trots op sy span se konsekwentheid.

4x4 Vasbyt-kampioenskappe tref Otjiwarongo!

April 25, 2024 14:50 - 38 seconds - 309 KB

Otjiwarongo, dit is julle beurt om stowwerig te raak met Been 2 van die 4x4 Vasbyt-kampioenskappe wat eerskomende Saterdag by die Paresis Skouterrein plaasvind. Daar is 10 hindernisse waarvan 8 tegnies is en twee die band- en modder-hindernisse. Die pret begin om 8-uur die oggend, met 'n toegangsfooi van 30 Namibiese dollar vir volwassenes en 20 dollar vir skoolkinders. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Francois Lottering, van Motor Media Namibië.

Meisies in IKT-dag wil jonger generasie vroue inspireer

April 25, 2024 14:49 - 37 seconds - 302 KB

Die Namibiese regering sluit by die wêreld aan om Internasionale Meisies in IKT-dag te vier met die tema: "Leierskap". Hierdie dag beklemtoon die kritieke behoefte aan sterk vroulike rolmodelle in die velde van Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde, oftewel STEM. Dit het verder ten doel om bemagtiging en leierskapontwikkeling te bevorder, wat die weg baan vir 'n meer regverdige toekoms in hierdie velde. Emma Theofelus, minister van inligting en kommunikasietegnologie, sê dit is va...

Ekandjo lewer tirade in NV oor 'Westerse ideologië'

April 25, 2024 14:22 - 27 seconds - 225 KB

Dit is nou agt maande sedert die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo sy private lede-wetsontwerpe ter tafel gelê het. Die wetsontwerpe is deur beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur. Hulle het ten doel om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet te wysig, om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer. Ekandjo is woedend dat hy nog geen terugvoering van die president oor die wetsontwerpe gekry het nie. Hy het in die Nasionale Vergadering in 'n ...

Vleispryse lyk effe beter, maar steeds hoog in winkels

April 25, 2024 14:20 - 36 seconds - 297 KB

Die vleispryse vandeesweek lyk positief in vergelyking met die vorige weke se pryse. Die hoë gehalte snitte is maar duur op die mark. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete die hoof van bemarking, by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad gepraat wat 'n uiteensetting gee oor die pryse.

Vleispryse lyk effe beter, maar steeds hoog in winkels

April 25, 2024 14:20 - 36 seconds - 297 KB

Die vleispryse vandeesweek lyk positief in vergelyking met die vorige weke se pryse. Die hoë gehalte snitte is maar duur op die mark. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete die hoof van bemarking, by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad gepraat wat 'n uiteensetting gee oor die pryse.

Nee, Namibië gaan nie by Opul aansluit: Alweendo

April 25, 2024 14:19 - 33 seconds - 267 KB

Die olie-ontdekkings aflandig van die suidelike kus naby Lüderitz en die ontluikende olie- en gas-sektor het weer in die Nasionale Vergadering gaan draai. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wou by energie-minister Tom Alweendo weet of Namibië by Opul gaan aansluit. Volgens Alweendo is sulke gerugte onwaar, alhoewel Namibië kontak het met Opul.

!Gawaxab smee Afrika-bande met sentrale banke

April 25, 2024 13:15 - 43 seconds - 346 KB

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het verlede maand 'n diplomatieke besoek aan drie sentrale banke onderneem. Hy het saam met 'n tegniese span die Bank van Ghana, die Reserwebank van Zimbabwe en die Bank van Botswana besoek. !Gawaxab het die blywende krag en lewenskragtigheid van die gevestigde vennootskappe herhaal, en vertroue uitgespreek dat gedeelde doelwitte bevorder en positiewe verandering gedryf sal word. Naufiku Hamunime, die waarnemende direkteur van strate...

Warriors, Dolphins pak mekaar in tweede T20-uitdaging halfeindstryd

April 25, 2024 13:15 - 19 seconds - 156 KB

Krieket: Die Warriors en die Dolphins sê mekaar vanaand in Durban die stryd aan in die tweede halfeindstryd van die KSA T20-uitdaging. Die wenner kom te staan teen die Lions, wat gisteraand 'n tuis-eindstryd ingepalm het met 'n oortuigende oorwinning oor die Titans. Die Warriors het deurgedring na die uitklopronde, al het hulle die laaste vier wedstryde verloor. Hulle kaptein, Matthew Breetzke, sê enigiets kan in 'n halfeindstryd gebeur.

Nasionale Gesondheidsversekering 'nie enigste oplossing'

April 25, 2024 12:23 - 25 seconds - 202 KB

AfriForum sê voorstanders van die Nasionale Gesondheidsversekering skep ’n verwronge prentjie van private gesondheidsorg in Suid-Afrika, om dit as die enigste oplossing voor te hou. Die Wetsontwerp op die NGV, wat 'n raamwerk voorsien vir die verskaffing van universele sorg deur 'n staatsbeheerde fonds, is op president Cyril Ramaphosa se lessenaar om as wet bekragtig te word. Louis Boshoff van AfriForum sê die instelling van die NGV kan klinieke wat armer gemeenskappe bedien, in gevaar stel:

Paaie-owerheid spog met sukses van aanlyn-hernuwings

April 25, 2024 12:22 - 37 seconds - 304 KB

Die Paaie-owerheid het 'n paar maande gelede aangekondig dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom, pleks van om vir lang ure by Natis-dienssentrums tou te staan. Die volle hernuwingsproses, insluitend betaling, kan deur enige Namibies-geregistreerde voertuigeienaar gedoen word, van enige plek in die wêreld, te eniger tyd, vanuit die gerief van hul eie huise. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Padowerheid-woordvoerder, Hileni Fillemon, oor hoe die diens ver...

PDM kry nuwe LP na bedanking

April 25, 2024 11:11 - 32 seconds - 261 KB

Die PDM het ‘n nuwe parlementslid in Theofelus Kamati. Dit kom na die bedanking van een van sy LP’s. Kosmos 94.1 Nuus het met Maximalliant Katjimune oor Kamati gesels.

Malaria steeds uitdaging in SA

April 25, 2024 11:05 - 17 seconds - 143 KB

Dringende samewerking deur die regering, sakesektor en sektore-sonder-winsbejag is nodig om die verwoestende effek van malaria te stuit. Dit is die boodskap van die Goodbye Malaria-veldtog, wat malaria teen 2030 in Suider-Afrika wil uitskakel. Vandag is Wêreld-malariadag onder die tema, My Gesondheid, My Reg wat die behoefte benadruk om ongelykhede aan te spreek wat bestaan rakende toegang tot malariavoorkoming. Goodbye Malaria se bestuurshoof, Sherwin Charles, sê malaria in Suid-Afrika wek s...

Familieboerdery? Hoe gemaak? NLU bied meesterklas aan

April 25, 2024 11:04 - 38 seconds - 308 KB

Die Namibië Landbou-unie gaan 'n reeks aanbied oor "Familieboerdery - 'n meesterklas" met Theo Vorster en sy span. Die meesterklasse gaan in Mariental op 26 Augustus en in Windhoek op 27 Augustus plaasvind. Lede van die publiek kan die landbou-unie kontak om plek te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Piet Gouws, die vorige president van die landbou unie, wat meer inligting oor die geleentheid gee.

Daar's genoeg grane, maar die koste sal styg

April 25, 2024 10:28 - 38 seconds - 311 KB

Daar is nie ‘n tekort aan mielies vir Namibië se vraag nie. Die raadsvoorsitter van die Akkerbouraad , en die uitvoerende hoof van Bokomo Namibië, Hubertus Hamm sê daar sal geen tekorte in die voorsiening van grane wees nie. Dit kom na die nuus dat Namibië se graanoes met 53 persent gedaal het. Hamm voeg by dat daar wel ‘n koste implikasie sal wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Kudu-gas weer vertraag, die keer tot 2025

April 25, 2024 10:28 - 38 seconds - 307 KB

Die petroleumkommissaris Maggy Shino het reeds bevestig dat BW Energy, wat die Kudu-gasveld bedryf, wel sy finale beleggingsbesluit vir twee jaar uitgestel het. Reuters berig vanoggend dat twee industrie-bronne dit bevestig het maar dat BW Energy nie kommentaar gelewer het nie. Die beplanning was dat die eerste gas-vloei sou op die langste, net meer as drie jaar eneem het, maar nou is dit weer vertraag.

Amptelike verslag oor busongeluk van Erongo-polisie ontvang

April 25, 2024 10:26 - 41 seconds - 336 KB

Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur na die bus-ongeluk op die C14. Twee vroulike toeriste, 69 en 72 jaar oud, is in die ongeluk dood. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat...

Tshwane werk aan sy herwinning-syfers

April 25, 2024 09:45 - 20 seconds - 163 KB

Die Stad Tshwane sê hy verbeter sy benadering tot herwinning. Die metro in samewerking met Petco Recycling Company het onlangs afval-herwinningstasies by die Fonteinedal-oord opgerig. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die inisiatief is daarop gemik om herwinbare afval weg van die metro se stortingsterreine te herlei en mense se gedrag te verander om afval te verminder:

SME’s moet elders ook ‘plaaslike inhoud’ geniet

April 25, 2024 09:45 - 39 seconds - 315 KB

Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie het verlede week in Lüderitz plaasgevind om die energie- en oliesektore in die land te bevorder. Die konferensie het gekyk na alle fasette van die land se ontluikende olie- en gas-sektor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer, die direkteur van SMEs Compete, wat sê die konferensie was 'n goeie inisiatief maar daar moet ook na ander sektore gekyk word.

Noodsaaklike statistiek is... wel, noodsaaklik

April 25, 2024 08:39 - 37 seconds - 303 KB

Die Namibië Statistieke-agentskap het die tweede uitgawe van sy hoogs verwagte Vital Statistics Report vrygestel, getiteld "Namibia Vital Statistics Report: Births, Marriages and Deaths, 2018-2021." Die omvattende verslag delf in belangrike gebeurtenisse soos geregistreer op die siviele registrasiestelsel. Dit verskaf inligting wat nuttig is om tendense van sleutelbevolkingsaanwysers te monitor, soos getalle en koerse van geboortes, en verwante sleutelkenmerke soos geboortes volgens geslag, l...

Liverpool struikel teen Everton

April 25, 2024 08:38 - 16 seconds - 135 KB

Everton het Liverpool se hoop op ʼn Premierliga-titel ʼn groot terugslag gegee met ʼn twee-nul-oorwinning by Goodison-park. Jarrad Branthwaite en Dominic Calvert-Lewin se doele het bygedra om Everton se oorlewingstryd ʼn hupstoot te gee. Die Reds het ʼn oorwinning nodig om die leiers, Arsenal, se puntetelling te ewenaar, maar is nou drie punte agter in die tweede plek met vier wedstryde wat oorbly. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hulle was bloot nie goed genoeg nie:

Werker-regte onder die loep in die NV

April 25, 2024 07:30 - 39 seconds - 316 KB

Die kwessie oor werkers en hul regte om te protesteer het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die kwessie is geopper deur Longinus Iipumpu van die Namibia Economic Freedom Fighters, wat sê sedert die werkloosheid protes in Maart het verskeie werkers in die moeilikheid gekom omdat hulle tydens werksure gaan protesteer het. Arbeidminister Uutoni Nujoma sê dat daar wel 'n probleem is wanneer dit kom by die regte van werkers.

Biden sê Oekraïne kry onmiddellik wapens

April 25, 2024 07:30 - 18 seconds - 148 KB

Die Amerikaanse president Joe Biden het die 1,81 triljoen Namibiese dollar buitelandse hulppakket aan Oekraïne, Israel en Taiwan onderteken en sê dit is 'n oorwinning vir wêreldvrede. Die pakket sluit in wetgewing om Russiese bates in Westerse banke te konfiskeer, en nuwe sanksies teen Rusland, Iran en China. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky sê die hulp kom op 'n tyd wanneer hulle lugverdedigingstelsels en langafstandvermoëns baie nodig het. Biden sê die VSA sal onmiddellik nuwe...

Pensioenfondse moet beter beheer word

April 25, 2024 06:47 - 17 seconds - 145 KB

Die vakbondfederasie Saftu doen 'n oproep op die regering om werkgewers te penaliseer wat versuim om pensioenfondsgeld oor te betaal wat van werknemers afgetrek is. Dié oproep volg ná die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van 'n lys van ongeveer vier-duisend-200 geregistreerde maatskappye bekend gemaak het wat nié pensioenfondsbydraes van altesaam sewe-miljard-rand oorbetaal het nie. Trevor Shaku van Saftu sê, dié nie-nakoming van die Pensioenfondswet is nie net 'n wetlike oortreding ...

Meer as 280m mense is honger

April 25, 2024 06:45 - 20 seconds - 164 KB

Meer as een uit vyf mense in 59 lande het verlede jaar ernstige voedselonsekerheid beleef teenoor slegs een uit tien in 48 lande in 2016. Dit is volgens die jongste Wêreldverslag oor Voedselkrisisse waarby verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies betrokke was. Die direkteur van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie, Rein Paulsen, sê gevaarlike hongersnoodvlakke het verlede jaar 281,6-miljoen mense geraak in die vyfde agtereenvolgende jaar wat voedselonsekerheid vererger: