Bannerman Energy hoopvol oor toekoms
Nuus
Afrikaans - April 20, 2024 05:30 - 35 seconds - 282 KB - ★★★★★ - 2 ratingsNews Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed
Previous Episode: Drank aan minderjariges bly ‘n probleem in Copps 94.1
Next Episode: Ramaphosa bekommerd oor Israel-Palestina-konflik
Bannerman Energy het deur 'n uitgebreide omvangstudie vasgestel dat produksie by sy beoogde Etango-uraanmyn in Erongo byna kan verdubbel, en dat die myn se bedryfslewe van 15 tot 27 jaar gerek kan word. Bannerman is 'n uraanontwikkelingsbesigheid met bedrywighede in Australië en Namibië. Sy vlagskipbate, die Etango Uraan-projek, is suid-oos van Swakopmund geleë. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matjiua Hengua, die senior belange-groep verhoudingsadviseur by Bannerman Mining Resources Namibia, wat sê dat die uitbreiding van die mynbou verskeie werksgeleenthede sal verseker.