Nuus artwork

Mboma neem deel in Nairobi

Nuus

Afrikaans - April 20, 2024 09:18 - 37 seconds - 299 KB - ★★★★★ - 2 ratings
News Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed


Namibië se ster-atleet, Christine Mboma neem vandag deel aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi. Dit is haar eerste verskyning op die atletiekbaan nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het.

Sy het op 5 April by Wêreldatletiek die groen lig gekry om aan amptelike kompetisies deel te neem. Christine wys haar staal in die 100m-naelloop by hierdie gesogte byeenkoms vir hoëprofiel atlete.

Kosmos 94.1 nuus het vroeër met Henk Botha, Mboma se afrigter, gesels oor die komende kompetisie.