Nuus artwork

Landelike gebiede loop deur onder waterpomp-diefstal

Nuus

Afrikaans - April 09, 2024 15:52 - 41 seconds - 331 KB - ★★★★★ - 2 ratings
News Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed


Die direkteur vir watervoorsiening en sanitasie-koördinasie, Elijah Ngurare, is bekommerd oor die voortdurende diefstal van waterpompe wat bedoel is om behoeftige gemeenskappe in landelike gebiede te bedien. Hy sê 20 waterpompe is vanjaar in minder as 'n maand in die Ohangwena-streek gesteel. Tydens die oorhandiging Saterdag van die grootste boorgate in Ohangwena, het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê sy glo die gemeenskappe sal die infrastruktuur beskerm. Jona Musheko, woordvoerder van die landbou-ministerie, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die diefstal van waterpompe en sonpanele by waterpunte kom oral voor en is uiters kommerwekkend.