Boodskappe van hoop artwork

Boodskappe van hoop

294 episodes - Afrikaans - Latest episode: 8 days ago -

Hoop uit en deur die Woord van God.

Christianity Religion & Spirituality
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Toets jouself

March 19, 2023 05:00 - 13 minutes - 13 MB

2 Korintiërs 13: 5: Stel julle self op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ek is die Brood wat lewe gee - Nagmaal

March 12, 2023 05:00 - 18 minutes - 17.2 MB

Mense dink steeds dat jy jou verlossing self moet verdien, daarom verval daar soveel mense in 'n nuwe “Joodse tradisie” van wettiesisme en die nakoming van die Ou Testamentiese gebruike en wette – so asof Jesus nie die nuwe bedeling gebring het nie. Hulle sê weer, soos die Jode van destyds: Jy moet jou plek verdien! Jy sal voor die troon van God staan en jy sal geoordeel word vir elke ding wat jy gesê en gedoen het. So asof Jesus nie jou straf aan die kruis betaal het nie, so asof Jesus nie...

Die ware Brood

March 05, 2023 05:00 - 21 minutes - 20.1 MB

Wanneer hulle vir Jesus sien, is Hy maar net weer die wonderwerker wat in hulle fisiese behoeftes moet voorsien. Is dit nie vandag nog steeds so nie? Kyk hoe lyk ons gebede. Luister na mense, jou gebede. Ons vra en vra na fisiese goed. Intussen gaan die wêreld aan geestelike honger dood. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

vyf vissies

February 26, 2023 05:00 - 16 minutes - 15.5 MB

Die dingetjies wat ons het om te bied – vyf brode en twee vissies – is min in ons hande maar word 'n oorvloed in God se hande. God kan die onmoontlike doen. Hy gebruik ons – dit wat ons het en dit wat ons is – hoe onbeduidend of onbenullig dit vir ons mag voorkom. In God se hande word dit oorvloed! Kom ons gee vandag wat ons het vir Jesus en begin uitdeel wat Hy aan ons toevertrou. Miskien sal die oorskiet ons verbaas! Dit is nie altyd maklik om Jesus te volg of sy opdragte uit te voer ni...

Afhanklikheid voor God Matteus 5:3

February 19, 2023 05:00 - 17 minutes - 16 MB

Jou lewe is suksesvol wanneer dit aan God en mense verbind is, al het jy niks: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”. As ons in die regte verhouding met God wil staan, moet ons ook in die regte verhouding met die wêreld staan. Ons moet met die wêreld maak soos wat Jesus met die wêreld gemaak het. Joh 3:16: “Want so lief het God die wêreld gehad...”. Dit moet so wees in jou alledaagse lewe maar ook in ons geestelike lewe...

Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.

February 12, 2023 05:00 - 16 minutes - 15.6 MB

Matteus 4:17: 17Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Jesus preek én sy boodskap is eenvoudig - verander jou lewe, verander jou rigting en stap, volg Hom - word so deel van God se koninkryk. Jesus bied dieselfde geleentheid aan ons… verander jou lewe, jou prioriteite, jou rigting radikaal en volg Hom. As jy Hom volg, is dit nie genoeg om net weg te spring nie. Jou geloofslewe is 'n voortgaande proses van oorgawe: Romeine...

Laat die kindertjies na my toe kom

February 05, 2023 05:00 - 14 minutes - 13.2 MB

Is jy dalk die grootste struikelblok dat jou kind nie gered is nie? Is jy dalk die grootste struikelblok dat jou kind nie in 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus staan nie? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hy het vir diegene gekom wat Hom nodig het

January 29, 2023 05:00 - 13 minutes - 12.5 MB

Die Here Jesus antwoord hierdie Skrifgeleerdes in die vorm van ’n spreuk: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars”. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Nuwejaarsvoornemens

January 08, 2023 05:00 - 13 minutes - 12.4 MB

Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God sorg in 2023

January 01, 2023 05:00 - 17 minutes - 15.9 MB

Is jou vertroue ALLEEN in die Here. ALLEEN! Ag asseblief moenie 'n Christelike sousie oor jou lewe gooi nie – want dan moet God net jou wense laat waar word. Stel jy jou vertroue alleen op die Here? Nee. Jy vertrou net op jouself. Ons kom nie meer kerk toe om God te loof en prys nie maar uit gewoonte. Waar is die Koninkryk van God in jou lewe sigbaar? Ons fokus en prioriteite sal moet verander. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Kersfees 2022 God gee Homself

December 25, 2022 05:00 - 10 minutes - 9.55 MB

Modern oorvertaal, wil Johannes van Jesus se geboorte die volgende sê: · As ons grootste behoefte inligting was, sou God vir ons ‘n opvoedkundige gestuur het. · As ons grootste behoefte tegnologie was, sou God vir ons ‘n wetenskaplike gestuur het. · As ons grootste behoefte geld was, sou God vir ons ‘n ekonoom gestuur het. · Maar aangesien ons grootste behoefte verlossing en vergifnis is, het God vir ons ‘n Verlosser gestuur. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com...

Psalm 148 Jou lewe moet God eer

December 18, 2022 05:00 - 15 minutes - 14 MB

Om die waarde van een jaar te besef: Vra 'n student wat 'n finale eksamen gedruip het. Om die waarde van een maand te besef: Vra 'n moeder wat geboorte geskenk het aan 'n vroeggebore baba. Om die waarde van een week te besef: vra 'n ouer langs die siekbed van haar kind. Om die waarde van een uur te besef: Vra 'n kind wat sy kersgeskenk wil oopmaak. Om die waarde van een minuut te besef: Vra 'n persoon wat sy vliegtuig verpas het. Om die waarde van een sekonde te besef: Vra 'n pers...

Onthou

December 04, 2022 05:00 - 18 minutes - 17.3 MB

2 Timoteus 2 Vers 8 begin met die woord “onthou” en vers 14 begin met die woorde “Hou aan om die gelowiges aan hierdie dinge te herinner”. Die kern van hierdie gedeelte is dus om te onthou en op te skerp. Maar wat moet onthou word? Onthou altyd dat Jesus Christus uit die dood opgewek is. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God gebruik gewone mense - Nagmaal

November 27, 2022 05:00 - 17 minutes - 16.4 MB

Hou saam met ons Nagmaal. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God kyk anders na ons

November 20, 2022 05:00 - 25 minutes - 23.6 MB

God kyk anders na ons. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God se gesin

November 13, 2022 19:53 - 15 minutes - 14.4 MB

Efesiërs 2:19: 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. God is ons VADER – en as Vader versorg Hy ons, hou Hy sy verbond, sy beloftes met ons in stand. As Vader word ons sy erfgename, sy naam draers, sy kinders. Jesus is die Seun van God: Kolossense 1:20: Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. En as J...

Die huwelik

November 06, 2022 05:00 - 15 minutes - 14.6 MB

Efesiërs 5:21: "Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig" - Man en vrou saam met Christus op pad. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Gryp elke oomblik

October 30, 2022 05:00 - 14 minutes - 13.5 MB

Efesiers 5:16-17: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God se pad

October 23, 2022 05:00 - 15 minutes - 14.3 MB

Efesiërs 5:10-11: 10 Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, 11 en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Efesiërs 5: 15-17: 15 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. 16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd. 17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen....

God kies jou

October 16, 2022 05:00 - 19 minutes - 18 MB

Kolossense 3:5-10 en Efesiërs 4:17-24 Die mens se grootste behoeftes: Liefde en aanvaarding – mense se lewens roep uit – KIES MY!  Ons lewe in 'n wêreld waarin dit voel asof jy nooit goed genoeg sal of kan wees nie. Daar gaan altyd iemand wees wat vinniger, slimmer, ryker en meer suksesvol as jy is. God sê: “Ek kies jou”. Jy sal nooit goed genoeg vir die wêreld wees nie, maar jy was nog altyd goed genoeg vir God. Jy is so waardevol vir God dat Hy vir Jesus aan die kruis laat sterf het sodat...

Ons verander

October 09, 2022 05:00 - 17 minutes - 16.4 MB

Efesiërs 5:1-2: Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Die verandering in ons lewens is nie net ‘n verandering na binne nie maar juis ook ‘n verandering na buite. Leef liefde. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Wat adverteer jou lewe

October 02, 2022 05:00 - 15 minutes - 14 MB

Efesiërs 5:1: “Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg”. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God gee sy alles vir jou

September 25, 2022 05:00 - 13 minutes - 12.7 MB

Liefde is nie maar net iets ván die Here nie, met ander woorde, een of ander goeie kwaliteit of eienskap nie. Nee, in sy wese ís God liefde (vgl 1 Joh 4:8 : “Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde”). God se liefde kom daarin tot openbaring dat Hy sy Seun na die wêreld toe gestuur het om namens ons te sterf (1 Joh 4:9 : “Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê”). Ons verloss...

Jy is gekies - jy is goed genoeg

September 18, 2022 05:00 - 15 minutes - 14.6 MB

Efesiërs 2:18-21: 18Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ’n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebo...

Tyd loop uit

September 11, 2022 05:00 - 17 minutes - 16.2 MB

Jy kan nie tyd terug draai nie.  Jy kan niks aan jou verlede verander nie, maar IN Christus het jy vandag. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Die fondasie van 'n huis is uiters belangrik

September 04, 2022 05:00 - 20 minutes - 19.3 MB

Luister! Jy het vir God en mede gelowiges in jou lewe nodig. Jou drink pelle en jou rykdom en jou partytjies en jou oorgee aan jou begeertes gaan jou siel uitdroog en dan gaan alles uitmekaar kraak en is jy alleen. Wat nou in jou lewe saak maak en wat nou in jou lewe prioriteite is gaan jou lewenshuis se fondasie wees. En dan kan ons nie verstaan as ons lewens uitmekaar skeur nie. Jy kan nie jou lewenshuis gedeeltelik op God en gedeeltelik op jou eie begeertes bou nie. Jou huis SAL uitmek...

Ek kan seker wees 1 Johannes 5:6-20

August 28, 2022 05:00 - 19 minutes - 18.1 MB

Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Jesus die kern van ons geloof

August 21, 2022 05:00 - 15 minutes - 14.6 MB

Deur Jesus word ons kinders van God. Sonder Jesus is daar geen Verlossing of Vryspraak nie. Sonder Jesus is daar geen vergifnis nie. Sonder Jesus is daar geen lewe na hierdie lewe nie. Die lewe en vreugdes en oorvloed wat die wêreld gee, is tydelik, sterflik – mot en roes vernietig dit. Die lewe wat God gee, is ewig. Dít en dit alleen, vorm die basis, die grond, waarop ons oorwinningslewe kan lewe. Ons oorwinning is nie die resultaat van óns geloofsprestasie nie, maar van ons geloofsverbin...

1 Johannes 4 God is liefde

August 14, 2022 05:00 - 17 minutes - 16.4 MB

Mense hoor dag na dag dat hulle nie is soos ons hulle wil hê nie. Was hulle maar soos iemand anders sou dit dalk beter gewees het. Die hartseer is dat mense dit later begin glo. Ek is nie goed genoeg nie. En as ek mense moet liefhê soos wat ek myself liefhet sal ons almal maar halfhartig liefhê. En dan begin ons almal maskers dra van hoe ander ons wil sien. Jy leef met 'n voorgee van wie jy nie regtig is nie, want jy dink dit is wat mense van jou verwag. En so word jy plasties. Jy lag bui...

1 Johannes 3:16-24

August 07, 2022 05:00 - 17 minutes - 16 MB

Dit is maklik om te praat oor die liefde van God. Dit is ook maklik om te getuig oor hoe jy jou hart vir die Here gegee het.  Dit is WOW. Wanneer ons praat oor die liefde van God vir ons en ons liefde vir God, vergeet ons dat dit nie hier stop nie. Die uitvloeisel van my liefde vir God, is my liefde teenoor mense rondom my. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Wie is jy? 1 Johannes 3

July 31, 2022 05:00 - 11 minutes - 11 MB

Jy is kind van God en daarom moet jy ook so lewe. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Nike - die ware oorwinning

July 24, 2022 05:00 - 20 minutes - 19.1 MB

Dit is dus drie kernaspekte, drie sekerhede, van die christen se geloofslewe wat Johannes hier aan elke christen, voorhou: · soos klein kindertjies hou ons daaraan vas dat ons sondes vergewe is, · soos volwasse gelowiges het ons kennis van ons Verlosser, · soos sterk jongmanne bly ons, IN Christus, oorwinnaars. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

2022-07-17 1 Johannes 1 Hoe sien die wêreld jou?

July 17, 2022 05:00 - 15 minutes - 21.7 MB

Wat is die doel van die Bybel? Hoekom is die Bybel geskryf? Ja, die Bybel is geskryf sodat ons daardeur vir God kan ontmoet en leer ken. En ja, die Bybel leer ons om in die regte verhouding met God te staan. Die Bybel help ons om te word wat God ons bedoel het om te wees. Die Bybel help ons dus om ons gedrag te verander. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Daar is nie baie roetes nie - 1 Johannes 1:1-10

June 26, 2022 05:00 - 14 minutes - 9.39 MB

Johannes, die skrywer van die Johannes evangelie, asook die drie Johannesbriewe, was iemand met ‘n baie eenvoudige lewensbeskouing. Jy wonder nooit wat hy sê of bedoel in dit wat hy geskryf het en vir ons nagelaat is nie. Sy uitkyk op die lewe was inderdaad eenvoudig: reg is reg, en verkeerd is verkeerd, en dinge is nie naastenby so ingewikkeld as wat ons dit soms maak nie. Die lewe, sê Johannes, word in twee dele verdeel: lig en donker, reg of verkeerd.  En as jy deel van die een is, is ...

Vadersdag - Ons verantwoordelikhede as pappas

June 19, 2022 05:00 - 15 minutes - 9.21 MB

Skerp dit by jou kinders in. Dit gaan hier natuurlik oor meer as net jou woorde. Ons as pappas, oupas en mans moet onthou dat ons eintlik sê: Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. Daar is drie dinge wat jy mense nie kan leer deur boeke of woorde nie: leefstyl, waardes en gesindhede. Jy leer hierdie dinge deur hoe ander dit vir jou voorleef. Jou leefstyl, jou waardes en jou gesindhede, word jou kinders sin. ’n Mens kan ’n kind net op drie maniere leer: Eerstens, deu...

12 Junie 2022 Verstaan Handelinge 2:1-11

June 12, 2022 05:00 - 13 minutes - 8.23 MB

Wat verstaan iemand wat koud kry? Hy of sy verstaan 'n kombers. Wat verstaan iemand wat honger is? Hy of sy verstaan iets in die hand om te eet. Wat verstaan iemand wat eensaam is? Hy of sy verstaan jou daar wees. Wat verstaan iemand wat bang is? Hy of sy verstaan dit om veilig by jou te voel. Wat verstaan mense van die liefde van God? Hulle verstaan God se liefde deur by jou aanvaarding, menswaardigheid en liefde te beleef. Daar is soveel verskille tussen mense. Die enigste manier hoe ...

Pinksterfees en Nagmaal 5 Junie 2022

June 05, 2022 05:00 - 19 minutes - 12.4 MB

Wanneer jy beself dat jy vasgevang geraak het in 'n “rat race”, dan besef jy dat daardie gerond hardlopery ook deur die see van die lewe weggespoel gaan word. Kan ons maar almal by die punt uitkom waar ons kan besef: Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinkster 2 Junie 2022 Getuig

June 02, 2022 15:00 - 18 minutes - 11.5 MB

Net omdat die dissipels oor Jesus getuig het, glo mense vandag dwars oor die wêreld. Net omdat hierdie Samaritaanse vrou getuig het, het baie mense in haar dorp tot geloof in Jesus gekom. As jy getuig kan die wêreld rondom jou ook verander. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinkster Woensdag Gehoorsaam

May 31, 2022 15:00 - 15 minutes - 9.45 MB

Ons moet eers luister na God en die Bybel om te weet wat God van ons vra. Ons moet eers God “hoor” en dan “saam” met die Heilige Gees dit doen. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinkster 2022 Dinsdag Gebed Handelinge 16:16-40

May 31, 2022 15:00 - 16 minutes - 10.2 MB

Miskien vra ons te veel en sê te min dankie? Ons sien gewoonlik alles raak wat ons nie het nie, of wat ons verloor het. Ek dink dat ons 'n algehele re-boot nodig het: Ons moet begin dankie sê vir dit wat ons het. Dankie vir my gesondheid, vir my familie, vir my verlossing! Ek vertrou U, en daarom wil ek nie U wil verander met my gebede nie, ek vra dat U, deur U Heilige Gees my die krag sa gee, om U wil te verstaan en U te vertrou... Laat U wil geskied. “Abba, Vader, alles is vir U moontli...

Pinkster 2 2022 Markus 1:16-20

May 30, 2022 15:00 - 14 minutes - 8.6 MB

Wat behels dit in vandag se tyd om Jesus te volg? Dit vra van jou dat almal sal weet waar jou vertroue lê. Dit vra van jou om anders op te tree. Dit vra van jou om al hoe meer Jesus se persoonlikheid uit te lewe. En dit is nie maklik nie. Ons word eintlik elke dag uitgedaag. Die lewe en die wêreld val oor na die een kant toe, maar God wil hê dat jy sal oorval na die regte kant toe. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Handelinge 1:1-8 Pinkster reeks begin

May 29, 2022 05:00 - 14 minutes - 8.48 MB

Hou dan op om 'n selfsugtige en lui Christen te wees en doen wat reg is – LAAT DAAR LIG WEES! Voordat God jou lampie kom vat en vir iemand anders gee. Laat daar LIG wees. Laat daar LIG wees in jou lewe! As almal, wat die Heilige Gees ontvang het, hulle liggies laat skyn, sal ons SAAM helderder as die son skyn – LAAT DAAR LIG WEES. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hemelvaart

May 26, 2022 15:00 - 17 minutes - 10.5 MB

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. My taak, my roeping, word nou, deur die Heilige Gees, JULLE taak en roeping – julle word my verteenwoordigers, soos voor die sondeval. Ek herstel julle weer in dieselfde gestalte soos wat die mens VOOR die sondeval was. Ek blaas weer my Gees oor julle en julle word weer Beeld van God. Nuut gemaak, hersk...

1 Johannes 5:1-6 Geloof en gehoorsaamheid

May 22, 2022 05:00 - 15 minutes - 9.95 MB

Ons oorwinning is nie die resultaat van óns geloofsprestasie nie, maar van ons geloofsverbintenis aan Jesus Christus. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Handelinge 10:44-48 Vir ALMAL wat glo

May 15, 2022 05:00 - 14 minutes - 9.28 MB

Word mense deur jou woorde en deur jou houding en deur jou dade na God toe, en selfs kerk toe getrek of nie? Bly jy weg by die kerk omdat dar iemand in die kerk is wat jy nie kan verdra nie? Uitgesluit deur jou vooroordele maar ingesluit deur God se genade?  Glo jy nog regtig dat verlossing net vir die mense is wat jy oordeel gered is of kan word? Besluit jy en oordeel jy wie gered is? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hy het nie gedoen wat reg was in die oë van die Here nie

May 08, 2022 05:00 - 19 minutes - 12.4 MB

2 Kronieke 34 Dalk is jou en my verlede nie iets om oor te spog nie. Dalk kan jy in die woud van jou voorouers ook geen voorbeeld vind om te volg nie. Maar selfs dit maak nie saak nie. Wat saak maak is dat ons elkeen vandag ‘n keuse het. Jy kan of plunder of plant. Jy kan of maak soos almal rondom jou of jy kan 'n verskil maak. Ons elkeen het ‘n eenvoudige keuse: · gaan ons bo ons verlede uitstyg en ‘n verskil maak, · of gaan ons gebuk bly onder ons elkeen se verlede en bly soek na versk...

Lukas 19: 28-40 Die Koning

April 10, 2022 05:00 - 17 minutes - 10.8 MB

LOOF DIE KONING, HY WAT IN DIE NAAM VAN DIE HERE KOM! Al juig die skare, het hulle nie besef waaroor hulle regtig juig nie. Daar is 'n misverstand. Die skare verwag dat die koninkryk van God deur Jesus nou op 'n sigbare wyse sou aanbreek – Jesus moes volgens hulle hier as aardse koning gekroon woord, maar dit gebeur nie en daarom het die skare se entoesiasme oor Jesus vinnig verdwyn. Binne 'n week sou hulle Hom uit die stad met 'n kruis op sy rug jaag. Vir hulle moes die nuwe koningskap 'n ...

Johannes 12:20-33

April 03, 2022 05:00 - 19 minutes - 11.8 MB

Ons dink ook dikwels, soos die mense van Jesus se tyd, dat ons spesiale kragte nodig het om helde te wees. Jesus leer vir ons dat ‘n held anders lyk. Hy oorwin slegte mense deur hulle lief te hê – selfs al kos dit sy lewe! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Jesaja 62 God se plan

March 27, 2022 05:00 - 18 minutes - 11.7 MB

Jesaja 62 help ons om ons vertroue in God te plaas, maar dit leer ons ook om op ons knieë daaroor te bly. Breek met jou hooploosheid. Breek met jou negatiewe gedagtes. Breek met jou ongehoorsaamheid. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Jesaja 55 - God maak wat stukkend is heel

March 20, 2022 05:00 - 20 minutes - 13.2 MB

Jesaja 55:6-7: 6Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. 7Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message