Jou lewe is suksesvol wanneer dit aan God en mense verbind is, al het jy niks: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”.


As ons in die regte verhouding met God wil staan, moet ons ook in die regte verhouding met die wêreld staan. Ons moet met die wêreld maak soos wat Jesus met die wêreld gemaak het.


Joh 3:16: “Want so lief het God die wêreld gehad...”. Dit moet so wees in jou alledaagse lewe maar ook in ons geestelike lewe. Ons moet as gelowiges 'n verskil maak.


Ons moet mense wees, 'n kerk wees wat ALMAL intrek en welkom laat voel. Ons kan en mag nie mense nie laat tuis voel nie. God het my aanvaar, met al my foute en sonde, en daarom moet ek ander aanvaar, ja selfs met hulle foute.

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message