Boodskappe van hoop artwork

Boodskappe van hoop

289 episodes - Afrikaans - Latest episode: 5 days ago -

Hoop uit en deur die Woord van God.

Christianity Religion & Spirituality
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Palm Sondag

March 24, 2024 05:31 - 14 minutes - 13.7 MB

Donderdagaand 18:00 hou ons Nagmaal --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Nuwe verbond

March 17, 2024 05:30 - 13 minutes - 12.4 MB

https://youtu.be/lia3b3v-5IY Moenie bang wees dat jou lewe gaan eindig nie, wees eerder bekommerd dat dit nooit gaan begin nie! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Vergeet Gister - Nagmaal

March 10, 2024 05:30 - 15 minutes - 14.7 MB

Jesaja 43:18: 18“Moenie dinge van vroeër in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie. 19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ontvang God se genade verniet

February 25, 2024 05:30 - 19 minutes - 18.2 MB

1“Kom, almal wat dors is, kom na die water! En wie geen geld het nie, kom koop en eet! Kom koop sonder geld, sonder koste, wyn en melk!”– Jesaja 55:1 --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Soos 'n hen

February 18, 2024 05:30 - 18 minutes - 17.2 MB

Lukas 13:34: 34Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Onthou - Luister - Vertrou

February 11, 2024 05:30 - 17 minutes - 16.7 MB

Deuteronomium kan in 3 hoofdele opgedeel word:  ·  Terugkyk (hfst. 1-3) – Onthou waar julle vandaan kom; · Riglyne vir nou (hfst. 4-30): Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here; · Vooruitkyk (hfst. 31-34): Vertrou op die beloftes van God vir die toekoms.   * Onthou waar jy vandaan kom.  God het jou nog altyd gedra. * Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here, maw God sê: “Ek sal jou God wees”, en ons sê ons is u dankbare gehoorsame kinders. * en daa...

God se genadejaar

January 28, 2024 05:30 - 14 minutes - 13.6 MB

Jy word deur Jesus bevry, vrygekoop en vergewe.  Maak Jesus 'n verskil in jou lewe? Is jy gewillig om ander te vergewe? Jesus sê vandag weer: “Ek is die verskil” --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Oorvloed

January 21, 2024 05:30 - 13 minutes - 12.4 MB

Christelike hoop is nie dieselfde as die afwesigheid van lyding of swaarkry of mislukking nie.  Dit is gegrond in wie Jesus Christus werklik was - in die Kruis en die Opstanding. Ons hoop is nie gevestig op 'n wens dat alles goed sal gaan nie, maar in die krag van God self. Jesus gee ons ’n oorvloed lewe wat ons nie kan opgebruik nie!  --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Kies reg

January 14, 2024 05:30 - 18 minutes - 17 MB

Jy hoef nooit vir mense te vra of hulle glo nie, hou net hulle optrede dop. Dít sal jou alles vertel wat jy oor mense se geloof wil weet. Christene se CV’s lê nie in wat hulle sê nie, maar in wat hulle doen. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Die A-Z van God se genade

January 07, 2024 05:30 - 19 minutes - 18.2 MB

Psalm 34 kan ons sommer die ABC van God se genade noem.  Hoekom? Hierdie Psalm is ’n Psalm waarvan elke versreël met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. As geheel getuig die Psalm oor God se verlossing, waarvoor Hy geloof en geprys word --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Is jy bekommerd oor 2024?

December 31, 2023 05:30 - 14 minutes - 13.1 MB

Matteus 6:25-26: 25“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?  --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/...

Ons Vader wat in die hemele is

December 17, 2023 05:30 - 14 minutes - 13.5 MB

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. 10Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. 11Gee ons vandag ons daaglikse brood. 12En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. 13En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid  tot in ewigheid.  Amen. --- Send in a voice message: https://podcasters.spoti...

Bekeer jou want

December 03, 2023 05:30 - 14 minutes - 13.7 MB

Matteus 3:2: 2“Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele is op hande.” --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Onnodige bagasie

November 26, 2023 05:00 - 17 minutes - 16.7 MB

Ons dra somtyds soveel onnodige bagasie met ons saam.    Miskien dra jy vanoggend ʼn groot las.  Tonne en tonne skuldgevoelens oor iets wat jy gedoen of gesê het, of omdat jy dit NIE gesê of gedoen het nie.  Jou verlede druk dalk swaar op jou skouers.   Oor die een skouer dra jy ‘n tas vol onvergenoegdheid en bitterheid oor dinge wat met jou gebeur het en waaraan jy absoluut niks kan verander nie.  En oor die ander skouer ‘n sak vol kwaad oor die onreg wat iemand aan jou gedoen het.  ...

Voorsien God en dan glo ons of glo ons en dan voorsien God

October 22, 2023 05:30 - 15 minutes - 14.2 MB

Wat kom eerste, geloof of voorsien?  Moet jy eers glo voordat God voorsien of voorsien God en dan glo jy?  --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Te midde van oorlog

October 15, 2023 05:30 - 19 minutes - 17.4 MB

Geen politieke bestel het die laaste sê nie.  Jesus is die koning en sy Woord sal gebeur.  Hy het altyd die laaste sê.    Die duiwel het gedink dat hy die laaste sê gehad het toe Jesus aan die kruis gesterf het, maar Jesus het die laaste sê met sy opstanding, wederkoms en oordeel oor die bose.   Waar geen mens hoop kan raaksien nie, vind Daniël hoop. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God, my gelukbringer

September 17, 2023 05:30 - 17 minutes - 16.1 MB

Al hoe meer mense gebruik God en godsdiens net ter wille van eie voordeel.  Godsdiens is vir baie mense ʼn soort voorspoedsgodsdiens.  As jy iets wil hê of as jy iets beters wil hê of as jy voorspoed wil hê dan moet jy dit net uitspreek en God sal gebuig word na jou wil. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Wanneer God weg is

September 10, 2023 05:30 - 17 minutes - 16.4 MB

Job was so stukkend in sy omstandighede dat hy selfs nie eens meer vir God kon raaksien nie.  Sy seer het hom so verblind dat dit 'n Godsverduistering vir Job veroorsaak het. Job sê in Job 23:8-9: Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie, en wes, dan gewaar ek Hom nie. In die noorde, terwyl Hy werk, merk ek Hom nie op nie; verhul Hy Hom in die suide, sien ek Hom nie raak nie. Voel jy ook soms so? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Wanneer alles te veel raak

September 03, 2023 05:30 - 16 minutes - 15.6 MB

Job 2:10 Die goeie wat van God kom, dié aanvaar ons, maar die slegte – moet ons dit nie ook aanvaar nie? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God sê: Ek is moeg daarvoor

August 27, 2023 05:30 - 14 minutes - 13.6 MB

Daar bestaan 'n groot kloof tussen erediens en lewe. Wat in ons lewens gebeur pas nie altyd by die Gods ontmoeting van die erediens nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Maak seker

August 20, 2023 05:30 - 11 minutes - 10.6 MB

’n Dissipel moet bereid wees om van alles afstand te doen, afstand te doen van ALLES wat jy as belangrik ag. Soek allereers die Koninkryk van God... --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ek is nooit goed genoeg nie

August 13, 2023 05:30 - 20 minutes - 18.6 MB

Jou waarde is nie geleë in jou naam of jou status of jou eiendom of wie jou ouers en familie is nie.  Jou waarde is in God geleë. Mense rondom jou se waarde is nie geleë in hulle ras, hulle vuil klere, drank asems, en bloed belope oë nie.  Hulle waarde is in God geleë. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Geanker in Christus

July 30, 2023 05:30 - 12 minutes - 11.7 MB

As jy, of omdat jy, saam met Christus opgewek is, is jy ook geanker IN Christus. En omdat jy IN Christus geanker is, verskuif jou fokus.  Nou streef en fokus jy nie meer op al die aardse dinge wat tydelik is nie, maar nou streef en fokus jy na die dinge wat daarbo is. Jou fokus, jou prioriteite, wys dus in wat of in wie jy geanker is.  Al wat God vra, is of Christus in jou lewe is of nie. Want al wat regtig in die lewe tel, is net Christus.   Die HOOFDOEL van ’n gelowige se lewe, volgens ...

Waar kom jy vandaan?

July 23, 2023 05:30 - 21 minutes - 20 MB

Ons kry nie ons krisisse en probleme hanteer nie. Ons omstandighede raak vir ons soms dood eenvoudig net te swaar.  Mense verloor moed.  Hulle verloor hoop.  Mense word al meer en meer lewensmoeg en depressief. Die probleem is dat mense dink dat hulle begin en eindpunt in hierdie wêreld en in hierdie wêreld se chaos vasgevang is.  Soos Prediker sê: Alles kom tot niks. En dit is waar totdat...  Dit is waar totdat jy vir Christus ontmoet en al hierdie gemors aan Hom oorgee.  Wanneer jy besef...

Waar is God?

July 16, 2023 05:30 - 19 minutes - 18.1 MB

Die chaos in die wêreld is nie ons skuld nie? Maar ons lewe sonder God. Die kerk is leeg en mense se lewens sê eintlik: · eintlik glo ons nie meer in U nie, · eintlik wil ons nie meer maak soos wat U aan ons voorskryf nie, dit is outyds, · eintlik maak ons soos ons wil. · Ons wil nie meer weet wat reg en wat verkeerd is nie. · Ek besluit self oor my geld en goeters. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Loop saam

July 09, 2023 05:30 - 13 minutes - 12.2 MB

’n Christen kyk altyd vorentoe, gefokus op en met geloof in die beloftes van die koninkryk van God. ·      Loop saam - hou aan beweeg – dit gaan oor die reis, nie oor die bestemming nie. ·      Loop weg - hou aan kies, loop weg van jou ou lewe af. ·      Loop aan - hou aan loop. Moenie terugkyk nie.  Hoe doen jy dit? Wees/leef soos Jesus! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Kyk na mense soos Jesus na hulle kyk

June 25, 2023 05:00 - 19 minutes - 17.8 MB

Wat is ons beter as ander?  Miskien was jou sondes wat deur Jesus vergewe is min, maar jy het tog ook vergifnis nodig gehad. Jy weet tog hoe dit voel om nie goed genoeg te wees nie.  Hoekom laat jy dan ander mense so voel? Jesus kyk anders na mense en nooi ons uit om ook anders na hulle te kyk.  --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Jesus bring Lewe en lewe

June 18, 2023 05:30 - 16 minutes - 15 MB

Ons waarde is nie geleë in ’n familienaam, beroep, woongebied, velkleur of kerklike denominasie nie. Ons waarde word ook nie aan ons gegee deur menslike instellings nie. Ons vermoëns waarborg ook nie ons waarde nie. Net so min as wat dit afhanklik is van wat ander mense van ons dink of sê. Ons waarde, en ook ander mense se waarde, word deur God in Christus aan ons gegee, ongeag wie ons is! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Menswaardig

June 18, 2023 05:30 - 16 minutes - 15 MB

Ons waarde is nie geleë in ’n familienaam, beroep, woongebied, velkleur of kerklike denominasie nie. Ons waarde word ook nie aan ons gegee deur menslike instellings nie. Ons vermoëns waarborg ook nie ons waarde nie. Net so min as wat dit afhanklik is van wat ander mense van ons dink of sê. Ons waarde, en ook ander mense se waarde, word deur God in Christus aan ons gegee, ongeag wie ons is! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Geloof versit berge

June 11, 2023 05:00 - 14 minutes - 13.8 MB

Matteus 17:20: “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Galasiers 6 help mekaar uit die mag van sonde

June 04, 2023 05:00 - 16 minutes - 15.6 MB

Galasiers 6: as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. 2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinksterfees - Deur die Gees - Galasiërs 5

May 28, 2023 06:30 - 19 minutes - 18.3 MB

https://youtu.be/g9HzVejst1k Die vryheid waarvan Paulus praat, is nie vryheid van alles nie, die vryheid deur Christus: Vryheid is om nooit weer bang te wees dat jy gestraf sal word vir jou sonde nie. Vryheid is om te weet dat God in Christus jou as sy kind aangeneem het. Vryheid is om te weet dat sonde nie meer jou baas is nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinkster 4 Genade alleen Galasiërs 4

May 25, 2023 15:30 - 16 minutes - 14.9 MB

Galasiërs 4:8Daar was ’n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode. 9Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees? 10Julle hou aan om besondere dae en maande, feesgeleenthede en jare te vier. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Pinkster 3 Geloof alleen

May 24, 2023 16:00 - 21 minutes - 19.8 MB

Galasiërs 3: 1-3: Is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang! 2Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo? 3Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/pe...

Pinkster 2 Christus alleen

May 23, 2023 16:00 - 17 minutes - 15.8 MB

Die evangelie wat Paulus verkondig is dat ons uit die sondige wêreld gered word deur die geloof in Christus alleen. Waaroor Paulus dit in hoofstuk 2 het is dat jy aan hierdie ware evangelie moet vashou met jou hele lewe. Dit was vir Paulus só belangrik dat hy alles in sy vermoë gedoen het om dit nie net te verduidelik nie, maar hy doen ook moeite om die waarheid van die evangelie prakties te verdedig.   Die evangelie vra dat jy op ‘n sekere manier moet lewe en dat jy nie akkommoderend mo...

Pinkster 1 Die Woord alleen

May 22, 2023 15:45 - 16 minutes - 15.4 MB

Vannaand – Die Woord alleen Dinsdag – Christus alleen Woensdag – Geloof alleen Donderdag – Genade alleen Sondag (Pinksterfees) – deur die Gees alleen Kan ‘n mens nie maar verskillende interpretasie van die evangelie toelaat, selfs al wyk dit op plekke af van die uitsprake van die Skrif nie?  Gaan dit nie meer oor die verdraagsaamheid, eerder as die suiwerheid nie? Wel oordeel self of Paulus só ‘n verdraagsaamheid van verskillende interpretasies sou geduld het as dit in stryd wat met ...

Geloofsekerheid

May 21, 2023 05:00 - 14 minutes - 13.2 MB

1 Johannes 5:13: “Hierdie brief skryf ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het.” --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hemelvaart 2023

May 18, 2023 15:30 - 18 minutes - 16.8 MB

Jesus het mens geword, het die skares geleer, het genees en vergewe, het gely, het gesterwe, is begrawe, het opgestaan uit die dood en het opgevaar na die hemel. Daar stop die verlede tyd.   Nou word Jesus teenwoordige tyd, want Hy sit aan die regterhand van die Vader, Hy regeer oor ons wêreld en ons lewens, Hy werk deur sy Woord en Gees in ons wêreld.   Jesus se verlossingswerk is afgehandel en Hy is nou Koning. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/p...

Moedersdag 14 Mei 2023

May 14, 2023 05:00 - 12 minutes - 11.9 MB

Spreuke 31:30: Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word.  --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God luister

May 07, 2023 05:00 - 18 minutes - 16.9 MB

Psalm 116 is ’n Lied van iemand wat besluit het om God lewenslank te vertrou, want God is ’n God wat luister as jy na Hom roep! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hoop in hooploosheid

April 16, 2023 05:00 - 17 minutes - 16.6 MB

(Die 23ste en 30ste April sal daar nie boodskappe gestuur word nie agv familie verantwoordelikhede) Die grootste persentasie van jongmense wat vir berading kom, is jongmense wat hulle kyk op die toekoms verloor het.  Hulle is sonder hoop, sonder drome, sonder enige positiewe verwagting oor die toekoms. Hulle glo nie meer dat daar vir hulle ‘n toekoms in die lewe, en veral in ons land is nie. Waarom moet hulle dan leer en studeer? Waarom moet hulle nog positief wees? Waarom leef? Daar is gee...

Hy het opgestaan!

April 09, 2023 05:00 - 15 minutes - 14.3 MB

Waarom het God ons lief..., so lief, dat Hy bereid was om nie alleen te sterf nie, maar ook om al ons foute, haat, gierigheid, selfverheerliking, selfsug, ja al ons sondes op Homself te neem en so al ons sondes in ons plek te betaal?   Hoekom het God ons so lief, dat Hy bereid was om dit te doen? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Donderdagaand / Goeie Vrydag Nagmaal

April 06, 2023 16:00 - 12 minutes - 11.5 MB

Lukas 22 “19 Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedag­tenis.” 20 Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.” 42 “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” 43 ’n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en...

Wanneer jy tot inkeer kom...

April 02, 2023 05:00 - 16 minutes - 15.1 MB

Ons kan net vir die Here lewe:   as ons ons stroop van ons eie krag en soos ’n koringkorrel aan onsself sterf, as ons ons (eie)wysheid en veglus aflê, as ons weerloos word, as ons ons afhanklikheid van die Here besef en vol van sy liefde word. Lukas 22:31“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. 32Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” -...

Onthou - 2 Timoteus 2:8-11

March 26, 2023 05:00 - 13 minutes - 12.7 MB

Julle sien, ons word so deur die politiek, die toestand waarin ons land is, en die chaos in die wêreld verblind, dat ons vergeet wie ons is en wat ons roeping is.   Daarom het ons nodig om te onthou!  Die duiwel en die chaos magte wil hê dat jy moet dink dat alles tevergeefs is, en dat niks sal reg kom nie.   Die duiwel se doel is om dit wat God mooi en goed gemaak het te kom vernietig.  So te vernietig dat ons moed opgee.   En dan gee ons moed op met die politiek, met ons verhoudings ...

Toets jouself

March 19, 2023 05:00 - 13 minutes - 13 MB

2 Korintiërs 13: 5: Stel julle self op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ek is die Brood wat lewe gee - Nagmaal

March 12, 2023 05:00 - 18 minutes - 17.2 MB

Mense dink steeds dat jy jou verlossing self moet verdien, daarom verval daar soveel mense in 'n nuwe “Joodse tradisie” van wettiesisme en die nakoming van die Ou Testamentiese gebruike en wette – so asof Jesus nie die nuwe bedeling gebring het nie. Hulle sê weer, soos die Jode van destyds: Jy moet jou plek verdien! Jy sal voor die troon van God staan en jy sal geoordeel word vir elke ding wat jy gesê en gedoen het. So asof Jesus nie jou straf aan die kruis betaal het nie, so asof Jesus nie...

Die ware Brood

March 05, 2023 05:00 - 21 minutes - 20.1 MB

Wanneer hulle vir Jesus sien, is Hy maar net weer die wonderwerker wat in hulle fisiese behoeftes moet voorsien. Is dit nie vandag nog steeds so nie? Kyk hoe lyk ons gebede. Luister na mense, jou gebede. Ons vra en vra na fisiese goed. Intussen gaan die wêreld aan geestelike honger dood. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

vyf vissies

February 26, 2023 05:00 - 16 minutes - 15.5 MB

Die dingetjies wat ons het om te bied – vyf brode en twee vissies – is min in ons hande maar word 'n oorvloed in God se hande. God kan die onmoontlike doen. Hy gebruik ons – dit wat ons het en dit wat ons is – hoe onbeduidend of onbenullig dit vir ons mag voorkom. In God se hande word dit oorvloed! Kom ons gee vandag wat ons het vir Jesus en begin uitdeel wat Hy aan ons toevertrou. Miskien sal die oorskiet ons verbaas! Dit is nie altyd maklik om Jesus te volg of sy opdragte uit te voer ni...

Afhanklikheid voor God Matteus 5:3

February 19, 2023 05:00 - 17 minutes - 16 MB

Jou lewe is suksesvol wanneer dit aan God en mense verbind is, al het jy niks: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”. As ons in die regte verhouding met God wil staan, moet ons ook in die regte verhouding met die wêreld staan. Ons moet met die wêreld maak soos wat Jesus met die wêreld gemaak het. Joh 3:16: “Want so lief het God die wêreld gehad...”. Dit moet so wees in jou alledaagse lewe maar ook in ons geestelike lewe...