Next Episode: Die ware Brood

Die dingetjies wat ons het om te bied – vyf brode en twee vissies – is min in ons hande maar word 'n oorvloed in God se hande.


God kan die onmoontlike doen. Hy gebruik ons – dit wat ons het en dit wat ons is – hoe onbeduidend of onbenullig dit vir ons mag voorkom. In God se hande word dit oorvloed!


Kom ons gee vandag wat ons het vir Jesus en begin uitdeel wat Hy aan ons toevertrou. Miskien sal die oorskiet ons verbaas!


Dit is nie altyd maklik om Jesus te volg of sy opdragte uit te voer nie. Soms voel dit asof daar van ons verwag word om op water te loop, maar dit is nie waar nie – glo net dat jou Verlosser op water kan loop.

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message