Previous Episode: 1 Johannes 3:16-24

Mense hoor dag na dag dat hulle nie is soos ons hulle wil hê nie. Was hulle maar soos iemand anders sou dit dalk beter gewees het.


Die hartseer is dat mense dit later begin glo. Ek is nie goed genoeg nie. En as ek mense moet liefhê soos wat ek myself liefhet sal ons almal maar halfhartig liefhê.


En dan begin ons almal maskers dra van hoe ander ons wil sien. Jy leef met 'n voorgee van wie jy nie regtig is nie, want jy dink dit is wat mense van jou verwag.


En so word jy plasties. Jy lag buite maar huil binne. Jy is ‘n sterk mens na buite maar is stukkend na binne. Jy lewe ‘n voorgee lewe want jy dink dit is wat van jou verwag word.


En daarom word ons liefde ook plasties.

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message