Miskien vra ons te veel en sê te min dankie? Ons sien gewoonlik alles raak wat ons nie het nie, of wat ons verloor het.


Ek dink dat ons 'n algehele re-boot nodig het: Ons moet begin dankie sê vir dit wat ons het. Dankie vir my gesondheid, vir my familie, vir my verlossing!


Ek vertrou U, en daarom wil ek nie U wil verander met my gebede nie, ek vra dat U, deur U Heilige Gees my die krag sa gee, om U wil te verstaan en U te vertrou... Laat U wil geskied.


“Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message