Previous Episode: Die ware Brood
Next Episode: Toets jouself

Mense dink steeds dat jy jou verlossing self moet verdien, daarom verval daar soveel mense in 'n nuwe “Joodse tradisie” van wettiesisme en die nakoming van die Ou Testamentiese gebruike en wette – so asof Jesus nie die nuwe bedeling gebring het nie.


Hulle sê weer, soos die Jode van destyds: Jy moet jou plek verdien! Jy sal voor die troon van God staan en jy sal geoordeel word vir elke ding wat jy gesê en gedoen het. So asof Jesus nie jou straf aan die kruis betaal het nie, so asof Jesus nie die finale offer vir jou sonde was nie.


So asof Jesus nie gesê het: “Dit is volbring” nie. Jesus sê: Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe. Hoor julle hoe radikaal Jesus se woorde is?


Mense verstaan nog steeds nie Jesus se boodskap nie. Hulle is nog steeds so blind en doof soos die Jode meer as 2000 jaar gelede. Jesus se woorde is nog steeds radikaal!

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message