Boodskappe van hoop artwork

Boodskappe van hoop

294 episodes - Afrikaans - Latest episode: 8 days ago -

Hoop uit en deur die Woord van God.

Christianity Religion & Spirituality
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Jesaja 43:16-21

March 13, 2022 05:00 - 17 minutes - 10.9 MB

Jesaja 43: 18: Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. 19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Eksodus 32 Afgode

March 06, 2022 05:00 - 21 minutes - 13.5 MB

Is ons vandag regtig baie anders as die volk van God daar by die berg Sinai? Klaarblyklik verskil die soort van sonde of die mate van afvalligheid dikwels met dit waarvan ons in Eksodus 32 lees. Is ons sonde in wese anders? Is dit nie óns waarvan die Bybel hier praat nie? Is God jou eerste prioriteit? Is Hy jou begin en einde? Of is jy of iets anders in jou lewe maar eintlik jou god? Jy moet onthou: Alles is net genade. Draai terug na God toe. Hy vergewe. Ons leef en bestaan deur die gen...

Eksodus 20 God se wil

February 27, 2022 05:00 - 20 minutes - 13 MB

God vra absolute lojaliteit en afhanklikheid van God.  Romeine 12:1-2: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/...

Woestyntye Eksodus 16

February 20, 2022 05:00 - 18 minutes - 11.3 MB

Woestyntyd is moeilike tyd. Dis 'n: · tyd van skaarste, · ’n tyd waarin mense bewus word van hulle broosheid en afhanklikheid, · ’n tyd van rondval tussen wanhoop en hoop, · ook ’n tyd van voorsiening (verlossing, water, manna, kwartels), omdat God daar is. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Deuteronomium 30:11-20 Kies

February 13, 2022 05:00 - 18 minutes - 14 MB

Kies vandag. Moses sê een van die konsekwensies daarvan om vir die lewe, en vir gehoorsaamheid aan God te kies, is (vers 19) sodat jou nageslag kan lewe. Ons keuses as ouers beïnvloed ons kinders. Jou keuse om gereeld kerk toe te kom, en om daagliks soos Jesus te probeer lewe, beïnvloed jou kind. Ja, sê Moses, as jy die lewe kies, dan kies jy ook ‘n lewe vir jou nageslag. Die konsekwensies van ons keuses het nie net ‘n invloed op ons nageslag nie, maar natuurlik ook op onsself. Die hoof ko...

Vertrou op God - 1 Konings 17:8-16

January 30, 2022 05:00 - 15 minutes - 11 MB

1 Konings 17:12-15: 12Toe sê sy: “So seker as die Here u God leef, ek het nie meer brood nie, net ’n handvol meel in die kruik en ’n bietjie olie in die erdekan. Ek maak nou maar ’n paar houtjies bymekaar en dan gaan ek vir my en my seuntjie iets klaarmaak om te eet. Daarna moet ons maar doodgaan.” 13Elia sê toe vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Gaan maak dit klaar net soos jy gesê het, maar maak eers vir my ’n roosterkoek en bring dit hier, daarna kan jy vir jou en jou seuntjie sorg. 15...

Psalm 23 Waar kom jou energie vandaan?

January 23, 2022 05:00 - 18 minutes - 14.1 MB

Dit is vir my altyd so “mind boggeling” dat ons die lewe vir onsself soveel moeiliker maak, as wat dit hoef te wees. Ons sleep soveel onnodige gemors en bagasie met ons saam. Ons sleep gister en eergister saam, al kan ons niks daaraan verander nie. Die verlede se bagasie raak so swaar dat ons nie meer plek het, of krag het vir vandag se las nie. En wanneer ons opkyk dan sien ons net more se berge van swaarkry wat voorlê. En dit is nie net meer ons as grootmense wat gebuk gaan onder hierdi...

Gebed is afhanklikheid aan God - Matteus 6

January 16, 2022 05:00 - 16 minutes - 12.8 MB

Vanoggend skuif ons alles wat krap, bekommer en skuur eenkant toe. Vanoggend gaan hierdie boodskap nie oor ons nie maar oor God. Vanoggend gaan ons fokus op ons afhanklikheid van God. Vanoggend gaan ons fokus op gebed. Die Bybel is vol gebede. Gebede van hoop, vrees, frustrasie, smeking, oorgawe, lof en aanbidding. Gebed se doel is om ons, wat bid, se fokus reg te kry. Gebed is nie om vir God aan die beweeg te kry, of om God energie te gee om iets te doen nie. Gebed is om, my begeertes en ...

Feestyd is oorgawe aan God tyd.

December 05, 2021 05:00 - 16 minutes - 11.5 MB

Laat Heer U vrede deur my vloei --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Psalm 121 Help my

November 28, 2021 05:00 - 17 minutes - 13.1 MB

Ja, daar kom tye in ‘n mens se lewe, oomblikke van twyfel, oomblikke van vrees, van verwarring, van swaarkry, ... maar al voel dit vir ons soos maande, jare, is dit net 'n oomblik in God se hand.  Ja die gevare en swaarkry is 'n realiteit, maar dit is nie die enigste realiteit nie – dit is nie ons fianle realiteit nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Psalm 116 ek kan op geen mens staat maak nie.

November 21, 2021 05:00 - 17 minutes - 13.1 MB

Waarheen draai 'n mens wanneer jy voel dat GEEN mens jou kan of selfs wil help nie? Waarheen gaan jy as op “geen mens staat kan maak nie”? Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en ek sal julle rus gee. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Geloof

November 14, 2021 05:00 - 17 minutes - 13.3 MB

Daar is nou eenmaal dinge in die lewe wat by mekaar hoort: Naald en gare, rugby en braaivleis, vrouens en sepies, mans en remotes... Ja, hierdie dinge kan nou eenmaal net nie van mekaar los gemaak word nie.  Maar dit is ook waar van ons geloof. Geloof is 'n saak van kop, hart en hande.  Dit kan nie van mekaar geskei word nie.  Geloof en kennis (kop) kan nie van mekaar losgemaak word nie; netso kan geloof en emosie (hart), en geloof en dade (hande) nie van mekaar losgemaak word nie. 'n Boom w...

Psalm 107

November 08, 2021 07:22 - 14 minutes - 13.4 MB

Die wêreld waarin ons lewe is nie ’n waarborg vir geluk nie, maar dit is ook nie ’n veroordeling tot wanhoop nie.  Ons hoop is nie gevestig op die grond waarop ons ons voete sit nie, maar in God op Wie ons ons vertroue plaas. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Psalm 78 Vertel vir jou kinders

October 31, 2021 05:00 - 17 minutes - 17.3 MB

Ouers kan vergelyk word met beeldhouers. Ons kinders word wat ons vir hulle voor-leef. Hulle na-aap ons in wat ons sê en doen. Hoe jy as man oor en met vrouens praat, is hoe jou seun eendag oor en met vrouens gaan praat. Hoe jy as mamma jou man aanspreek of hanteer is hoe jou dogter eendag met haar man sal doen.  En hoe jy as ouer vir God in jou gesin plek maak, insluit of uitsluit, is hoe jou kind dit ook sal doen.  Ouers moet in hulle kinders die beeld van God help groei. Wat help dit dat ...

Woede

October 24, 2021 05:00 - 19 minutes - 18 MB

Psalm 37:8:  Moenie kwaad word nie,  laat staan die woede,  moet jou nie ontstel nie:  dit bring net ellende. Woede is 'n geestelike kanker wat lynreg teenoor God se liefdesgebod staan. Woede breek af, vernietig, verwoes. Want in woede sê jy goed wat jy nooit kan terugtrek nie. Woede maak seer. En daarom vergelyk Jesus woede eintlik met moord. Deur ons woede vermoor ons mense en verhoudings. Deur ons woede vermoor ons ons eie Christenskap. Woede breek in een oomblik af wat oor baie jare opg...

Psalm 34:9: Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.

October 03, 2021 05:00 - 16 minutes - 15.8 MB

Ons kan eintlik Psalm 34 die ABC van God se genade noem. Hoekom?  Hierdie Psalm is ’n Psalm waarvan elke versreël met die volgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Die digter wil daarmee sê dat God altyd sorg – Hy spring nie verby een letter nie – Hy is altyd daar. Elke vers getuig van God se nabyheid en as geheel getuig die Psalm oor die A-Z van God se verlossing, waarvoor Hy geloof en geprys word. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/m...

Psalm 32 Let go

September 26, 2021 05:00 - 19 minutes - 19 MB

Waarom wil jy jouself vernietig? Waarvoor wil jy die las van jou verlede elke dag saam met jou sleep? Jy kan absoluut niks aan jou verlede doen nie, maar jy kan alles aan jou hede doen. Hou dan op om in die verlede te lewe. Hou op om die verlede te probeer regmaak. Jy kan niks daaraan doen nie. Jy kan tog nie ‘'n glas vol water in 'n rivier gooi en dink jy kan dieselfde water weer uitskep nie. Dit is totaal en al ontmoontlik. “Let go!” Laat God toe om jou kettings te breek. Psalm 32:1-2:  ...

Psalm 31 Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel!

September 19, 2021 05:00 - 18 minutes - 18.2 MB

Om God te vertrou beteken dat jy regtig jou lewe in God se hande lê, en dat dit selfs die dood kan insluit. Dit is baie keer ons probleem in ons geloofslewe. Ons fikseer op die uitkoms, die redding self, op die wonderwerke wat ons lewens weer reg gaan maak, nog soos onsself dit definieer, en dan verbind ons ons geloof aan ons regte uitkoms, in plaas daarvan om ons geloof aan God te verbind, op Hom te vertrou. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-both...

Psalm 27 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

September 12, 2021 05:00 - 17 minutes - 16.2 MB

Wanneer jy God se sorg aanvaar, dan kan jou lewe nie dieselfde bly nie. Ja God versorg ons, ten spyte daarvan dat ons dit eintlik nie verdien nie, maar dit laat ons ook die lewe in 'n ander lig sien. Die Psalmskrywer wil doen wat reg is.  Hy wil kan onderskei tussen goed en kwaad.  “Lei my op ‘n gelyk pad, Here”, vra hy. Hou my staande, selfs wanneer my vyande valse getuienis teen my lewer.  Om ‘n reguit pad te loop, maak 'n mens sterk. --- Send in a voice message: https://podcasters.sp...

Psalm 25 Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie.

August 29, 2021 05:00 - 14 minutes - 14.2 MB

Soms verloop ons lewe rustig en belewe ons vrede, en ons is lief vir almal en almal is lief vir ons. En dit gaan goed. Ons weet van al die moontlikhede dat dit kan sleg gaan.  Om die waarheid te sê, ons ken 'n klomp voorbeelde van hoe dit met mense kan sleg gaan. En ons weet ook hoe ernstig-sleg dit met mense kan gaan. Maar omdat dit met onsself goed gaan, weet ons nie met ons hart van die sleg gaan nie. Totdat ons onverwags, by wyse van spreke, tussen die krokodille beland... --- Send i...

Psalm 22 - My God, waarom het U my verlaat?

August 22, 2021 05:00 - 15 minutes - 13.9 MB

Ons verstaan so min van die lewe want ons sien nie die dinge raak wat regtig saak maak nie. Ons vra vir manna en kwartels, en vir water uit 'n rots uit – maar ons sien gewoonlik nie raak wat God klaar vir ons in ons lewensreis tassies ingepak het nie. Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte, altyd terug. Ons onthou altyd hoe dit was. Ons verwys altyd na die goeie ou dae – die dae toe ek in beheer van my eie toekoms was. Die tye toe ek presies geweet het wat voorlê, en ek kon beplan. ...

Psalm 16: 4-5 teenoor Die blink van die lewe

August 15, 2021 05:00 - 15 minutes - 15.1 MB

'n Kraai kan niks wat blink uitlos nie. Hulle gaan maak al hierdie blink goed bymekaar en dra alles nes toe. Later is daar absoluut geen plek vir enige iets anders nie. Hulle self moet ongemaklik bo op die gemors sit en tog is hulle nooit tevrede nie. Hulle bly die blink soek. Blink goed maak jou nie gelukkig nie en beslis ook nie tevrede nie, want daar sal altyd iets blinkers wees as wat jy het. Iemand anders se blink sal altyd vir jou blinker lyk, maar eintlik is dit net die son van onver...

Psalm 16 Here, U is my lewe, U sorg vir my.

August 08, 2021 05:00 - 14 minutes - 14 MB

Moenie huil oor goed wat nie oor jou kan huil nie. Dinge kan nie oor jou huil nie. Gee meer om vir mense as vir dinge! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Psalm 124 As die Here ons nie gehelp het nie...

August 01, 2021 05:00 - 18 minutes - 17.1 MB

Psalm 124:8: Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God omsluit ons van alle kante - Hy hou jou vas Psalm 139

July 25, 2021 05:00 - 17 minutes - 16.7 MB

Psalm 139: Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit. U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my. Dis te hoog vir my begrip. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ons moeras lewe - dit is hoe dit behoort te wees

July 18, 2021 06:00 - 15 minutes - 14.6 MB

Elkeen van ons het deel van daardie vernietigende sprinkaan DNA in ons wese. Ons gebruik en verbruik en vermors. Deur ons oorvloed kerm ons oor dit wat ons nie het nie of oor dit wat van ons weerhou word. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Wat gemaak as selfs God teen jou is?

July 11, 2021 06:00 - 12 minutes - 12 MB

Klaagliedere 3: 8-12: Al roep ek  en al smeek ek om hulp,  Hy weier om my gebed te verhoor. 9 Hy het my pad met klip toegebou,  vir my geen uitkomplek gelaat nie. 10 Hy is soos ’n beer wat my inwag,  soos ’n leeu wat my voorlê, 11 Hy het my eenkant toe gekeer  en verskeur,  my vermink laat lê. 12 Hy het sy boog gespan  en my ’n teiken vir sy pyle gemaak. 13 Hy het sy pyle diep in my liggaam  ingeskiet. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

God is altyd by jou - voor jou - Josua 3

July 04, 2021 06:00 - 18 minutes - 18.2 MB

God het nog nooit verander nie.  In moeilike omstandighede soos ’n vol Jordaanrivier wat voor ons lê - dink terug, onthou vir God, en onthou Wie s’n jy is en wie jy is. Glo, kom in beweging, God sal vir die res sorg. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Kies vandag wie jy wil dien

June 20, 2021 06:00 - 15 minutes - 14.8 MB

Josua 24:15: Kies dan vandag wie julle wil dien. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

In Christus verval grense en mure Galasiërs 3:26-29

June 13, 2021 06:00 - 15 minutes - 14.2 MB

26 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27 want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28 Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29 En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/me...

Beeld van God - Genesis 3

June 06, 2021 06:18 - 16 minutes - 15.5 MB

Waar is jy? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Help mekaar op in liefde - Galasiërs 6

May 30, 2021 06:00 - 19 minutes - 17.8 MB

Galasiërs 6:14-15: 14Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. 15Of ’n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ’n nuwe mens is. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Vrygekoop - Nagmaal - Efesiërs 5

May 23, 2021 06:00 - 24 minutes - 22.9 MB

Galasiërs 5:1: Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie. Dit gaan dus nie oor JOU geloof nie maar eerder oor die INHOUD van jou geloof.  Jy hoef nie op water te loop nie, maar jy moet weet dat Jesus kan. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Ek staan skuldig voor die Here - Johannes 21:1-17

May 16, 2021 06:00 - 17 minutes - 16.1 MB

Jy kan, jy moet jou voorgee laat val, ons skuld en ons sonde, ons weerloosheid en ons mislukking, bely. Ons kan met Jesus nuut begin.  Aanvaar jou tweede kans en gee jouself opnuut oor aan God. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Hemelvaart 13 Mei 2021 Laat daar lig wees

May 13, 2021 16:00 - 17 minutes - 16.6 MB

Die chaos dink vandag dat hulle regeer, maar dit is maar net die laaste stuiptrekkings van 'n oorwinde chaos – want Jesus het aan die kruis gesê: Dit is volbring. Ons lewe met geloof, hoop en liefde ... Want Jesus regeer. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

9 Mei 2021 Moedersdag Spreuke 31:10-31

May 09, 2021 07:00 - 14 minutes - 14.6 MB

10'n Knap vrou, wie sal haar vind? Ver bo korale is haar waarde. 30Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; 'n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 2 Mei 2021 Deel van God se gesin

May 02, 2021 06:00 - 11 minutes - 9.54 MB

God sal ons nooit alleen los nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 2021-04-25

April 25, 2021 06:00 - 14 minutes - 9.47 MB

Veroordeel jy? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Johannes 20:26-31 - Sodat jy kan glo

April 18, 2021 06:00 - 17 minutes - 16.9 MB

Johannes 20:30-31 (2020 vertaling): Jesus het nog baie ander tekens voor sy dissipels gedoen wat nie in hierdie boekrol geskryf staan nie. Hierdie dinge is egter neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en dat julle deur te glo, die lewe in sy Naam kan hê. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 11 April 2021 Vrede vir julle

April 11, 2021 06:00 - 19 minutes - 18.9 MB

Johannes 20:19-23 Stel jouself die toneel voor wat Johannes vir ons in hierdie gedeelte skets: Daar sit hulle, Johannes, Jakobus, Petrus en die ander dissipels. Hulle is platgeslaan. Al Jesus se wysheid, sy woorde, sy wonderwerke was toe alles tevergeefs. En net toe een van hulle mompel ‘dit help tog niks nie’, hoor hulle ‘n stem: ‘vrede vir julle’. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Opstanding Sondag 4 April 2021

April 04, 2021 06:00 - 16 minutes - 15.2 MB

Johannes 20:1-10 Niks kan ons skei van die liefde van Christus nie, nie eers die dood nie, want Sy opstanding was juis 'n teken van hoe lief Hy ons het. En dit is wat ons elke Sondag saam vier. Ons vier elke Sondag die opstanding van Jesus Christus – en daarmee saam ook ons eie opstanding uit die sonde. Elke Sondag roep ons op om te onthou hoe lief God ons het. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Nagmaal 1 April 2021 Paasfees

April 01, 2021 15:00 - 15 minutes - 14.7 MB

Lukas 22:14-20 (2020 vertaling): 14Toe die uur aanbreek, het Hy en die apostels saam met Hom vir ete aangeleun. 15Toe sê Hy vir hulle: “Ek het van harte begeer om hierdie Pasga saam met julle te eet voordat Ek ly. 16Want Ek sê vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet totdat dit vervul is in die koninkryk van God nie.” 17Daarna het Hy 'n beker geneem, en nadat Hy gedank het, gesê: “Neem dit, en deel dit onder mekaar. 18Want Ek sê vir julle, van nou af sal Ek beslis nie weer van die vrug van ...

Erediens 28 Maart 2021 Hoe verander die kruis jou?

March 28, 2021 06:00 - 19 minutes - 18.7 MB

Wat maak die kruis met jou? Is ons bereid om in tye van nood terug te kyk na die pad wat God nog altyd met ons gestap het?  Glo ons dat God ook in alle omstandighede by ons is?  Of is ons nog presies dieselfde?  Dan het hierdie kruis vir ons niks beteken nie. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 21 Maart 2021 - Ek is dors

March 21, 2021 06:00 - 15 minutes - 14.5 MB

Johannes 19: 28-30 - Wanneer jy nie uitkoms sien nie, is dit donker, en dan dors jy na enige uitkoms. Ek is dors, sê Jesus. In sy geval is daar geen uitkoms nie – net suur wyn. Jesus het geweet dat die einde van sy aardse pad baie naby was. Met hierdie wete sê Hy: “Ek is dors.” Hy sê dit nadat hy tot die besef gekom het dat die prys om sondaars mee los te koop, klaar onderhandel is – dit is Sy Lewe! --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 14 Maart 2021 Vrygekoop

March 14, 2021 06:00 - 16 minutes - 14.7 MB

Die nodigheid van die kruis uit God se perspektief --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 7 Maart 2021

March 07, 2021 06:00 - 21 minutes - 17.3 MB

Jy is beeld van God.  Geskep en herskep deur God. Sien mense vir God waar jou voetspore lê? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

28 Februarie 2021 Erediens Of lig of duister

February 28, 2021 06:00 - 15 minutes - 14.2 MB

Daar is geen middeweg nie.  Ons skiet so ver tekort. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 21 Februarie 2021

February 21, 2021 06:00 - 17 minutes - 14.8 MB

Hoe het Covid-19 jou verander? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 14-02-2021

February 14, 2021 06:00 - 21 minutes - 17.7 MB

Wie is Jesus vir jou? --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message

Erediens 7 Februarie 2021

February 07, 2021 07:00 - 14 minutes - 12.2 MB

Dit is volbring --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message