Ons verstaan so min van die lewe want ons sien nie die dinge raak wat regtig saak maak nie. Ons vra vir manna en kwartels, en vir water uit 'n rots uit – maar ons sien gewoonlik nie raak wat God klaar vir ons in ons lewensreis tassies ingepak het nie.


Ons verlang terug na die vleispotte van Egipte, altyd terug. Ons onthou altyd hoe dit was. Ons verwys altyd na die goeie ou dae – die dae toe ek in beheer van my eie toekoms was. Die tye toe ek presies geweet het wat voorlê, en ek kon beplan. Nou? Nou verlang ons terug na die tye toe alles reg was.

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message