Sakeliga Beleidsradar artwork

Sakeliga Beleidsradar

92 episodes - Afrikaans - Latest episode: over 1 year ago - ★★★★★ - 1 rating

Die Beleidsradar is Sakeliga se podsending oor beleid en hoe dit jou en jou besigheid raak.
www.sakeliga.co.za

Business
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

[LUISTER] Skrootmetaaluitvoerbeperking en ander beleidskwessies aan einde 2022 - Beleidsradar op Pretoria FM

December 07, 2022 09:19 - 10 minutes - 9.5 MB

In hierdie episode van Beleidsradar op Pretoria FM gesels Gerhard van Onselen met omroeper James Kemp oor ’n allegaartjie van beleidskwessies aan die einde van 2022. Daar word gekyk na die onlangse regeringsbesluit om die uitvoer van skroot vir ʼn tydperk van ses maande te verbied, asook na die nuwe Wetsontwerp op Openbare Verkryging. Kan hierdie wetsontwerp as een van die eerste spykers in die doodskis van die omstrede beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) gesien word? Luister en...

[Sakeliga op RSG Plus] Sakeliga takel munisipale verval in die howe - vestig nuwe regspraak

November 08, 2022 10:36 - 24 minutes - 22.4 MB

Tian Alberts (regsbeampte by Sakeliga) gesels op RSG oor gebeure op regsgebied waarby Sakeliga tans betrokke is. Sakeliga voer tans verskeie hofsake en is veral betrokke by sake waar daar beoog word om munisipale hervorming te bewerkstellig. Sakeliga het byvoorbeeld in 2021 ʼn sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noordwes aanhangig gemaak. Die doel van hierdie saak is om ʼn onafhanklike ouditeursfirma as sogenaamde “spesiale meester” aan te stel om seker te maak dat alle gelde vir i...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Belasting op invoere van aartappelskyfies benadeel verbruikers

November 07, 2022 14:07 - 11 minutes - 10.3 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga, operasionele bestuurder en ontleder) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (Sakekern, Pretoria FM) oor die onlangse herrie oor invoerbelasting op gevriesde aartappelskyfies. Van Onselen bevraagteken die sukses van hierdie invoerbelastings om plaaslike bedrywe werklik te ondersteun. Uiteindelik kom die koste van sulke belastings grotendeels op verbruikers en selfs op sekere ondernemings te lande, met nadelige gevolge. In hierdie stadium, reken Van ...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Dis-Chem se penarie – besighede is nie agente van die staat nie – Piet le Roux

October 28, 2022 08:46 - 11 minutes - 10.3 MB

Piet le Roux (Sakeliga se uitvoerende hoof) gesels met James Kemp op die Beleidsradar (Vrydae-aande op Sakekern Pretoria FM) oor die onlangse herrie oor ‘n interne memorandum by Dis-Chem. Die memorandum plaas ‘n moratorium op die verdere aanstelling en bevordering van wit mense in Dis-Chem. Hierdie moratorium is uit verskeie oorde verwerp. Hoewel die memorandum teruggetrek is, is dit nog nie duidelik of Dis-Chem van die beleid self gaan afstand doen nie. Die gesprek beskou die penarie ...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Strenger regulering van tabak en e-sigarette – ʼn breër siening

October 19, 2022 14:14 - 12 minutes - 11.1 MB

Tabak en e-sigarette is omstrede produkte. Die gesondheidsowerhede in Suid-Afrika beoog wetgewing om sulke produkte nog strenger te reguleer. Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp oor die besluite om sodanige produkte strenger te reguleer. Van Onselen sê dat sulke regulasies sal uitloop op verskeie ongewenste faktore soos ‘n hewige sentralisering van beheer oor mense se keuses en voorkeure, en skade tot die handels- en eiendomsregte van maatskappye. Hy meen sulke regulas...

[Sakeliga op RSG Monitor] Krisis in Lichtenburg, Coligny – Sakeliga kry gunstige uitspraak in hof

October 19, 2022 14:13 - 3 minutes - 3.49 MB

Tian Alberts (Sakeliga regsbeampte) gesels met RSG Monitor oor Sakeliga se onlangse uitspraak oor die Ditsobotla-munisipaliteit waar dienslewering en watervoorsiening inmekaargestort het. Sakeliga het die hof genader om die administrateur te verplig om nou watervoorsiening in die munisipaliteit te herstel. Die uitspraak in die hooggeregshof in Mahikeng is ’n onderdeel (Deel A) van ’n tweedeelhofsaak waarmee Sakeliga en andere die rol van gemeenskappe by die herstel van watervoorsiening ord...

[Beleidsradar op Pretoria FM] BEE-kode: Sakeliga teen rasgebaseerde inmenging by die onafhanklikheid van die regsberoep

September 28, 2022 06:30 - 9 minutes - 9.03 MB

Piet le Roux (Sakeliga uitvoerende hoof) gesels op die Beleidsradar-insetsel vir Sakekern (Pretoria FM) oor die voorgestelde BEE-kode vir die regspraktyk, naamlik vir prokureurs en advokate. Hierdie kode word voorgestel om ingrypende BEE-bepalings in die regsprofessie te vestig. Volgens Le Roux poog die kode om strenger rassetransformasie in die regsprofessie af te dwing en om onredelike bepalings wat selfs op verpligte arbeid neerkom, in te stel. Daarby kom die kode verder daarop neer d...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Martin van Staden bekyk die wetsontwerp op onteiening – wat volg volgende?

September 16, 2022 11:37 - 10 minutes - 9.56 MB

[Scroll down for English] Martin van Staden (regsgenoot by Sakeliga) gesels op die Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM) oor die wetsontwerp op onteiening. Hy gee sy mening oor die wetsontwerp in die lig van die voorgestelde grondwetwysiging wat nie geslaag het nie. Van Staden benadruk die belang van sterk eiendomsreg en wys op die kortsigtigheid van ’n aanslag op eiendomsreg. Daar is verskeie maniere hoe swak eiendomsreg skade vir belegging en sake veroorsaak. Die wetsontwerp, meen Van Stad...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Kan die Mededingingskommissie armoede oplos?

September 07, 2022 06:33 - 11 minutes - 10.3 MB

[Scroll down for English] In hierdie episode van Beleidsradar (op Pretoria FM, Sakekern) gesels Gerhard van Onselen (Strateeg by Sakeliga) met omroeper James Kemp oor die Mededingingskommissie, monopolieë en ongelykheid. Dit volg op die standpunte van minister Ebrahim Patel in September 2022 oor monopolieë in Suid-Afrika. Die Mededingingskommissie beoog om al hoe meer ingrypend op tree, maar is hierdie optrede die manier om probleme soos armoede en ongesonde ongelykheid op te los? Van On...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Wetsontwerp op betreding bekyk – noodsaak vir sterk eiendomsreg beklemtoon

August 30, 2022 09:42 - 6 minutes - 6.35 MB

Tian Alberts (regs- en skakelbeampte by Sakeliga) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM). Die gesprek bekyk die nuwe wetsontwerp op betreding (onwettige toegang tot persele) wat onlangs vir kommentaar gepubliseer is. Hierdie wetsontwerp was onlangs prominent in die nuus en die sosiale media. Alberts gee meer inligting oor die wetsontwerp en weerlê ’n aantal wanopvattings. Wat egter vir Sakeliga belangrik is, is dat eiendomsreg beskerm moet word. Die wetsontwerp ...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Sri Lanka se ekonomiese krisis - lesse vir die burgery

August 23, 2022 13:01 - 9 minutes - 8.67 MB

Gerhard van Onselen (strateeg by Sakeliga) gesels met James Kemp oor die huidige gebeure in Sri Lanka. Dit volg op ’n onlangse gesprek by KragDag 2022 deur Russell Lamberti (ekonoom en uitvoerende direkteur by Sakeliga) oor die redes vir Sri Lanka se agteruitgang en huidige ekonomiese krisis. Tot dusver het pryse in Sri Lanka die hoogte ingeskiet en verskeie produkte soos brandstof is gerantsoeneer. Armoede en lyding word algemeen gesien. Lamberti wys op verskeie redes vir Sri Lanka se ...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Sri Lanka se ekonomiese krisis - lesse vir Suid-Afrika se burgery

August 23, 2022 13:01 - 9 minutes - 8.67 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga, strateeg) gesels met James Kemp oor die huidige gebeure in Sri Lanka. Dit volg op ‘n onlangse gesprek by KragDag 2022 deur Russell Lamberti (ekonoom en uitvoerende direkteur by Sakeliga) oor die redes vir Sri Lanka se agteruitgang en huidige ekonomiese krisis. Tot dusver het pryse in Sri Lanke die hoogte in geskiet en verskeie produkte soos brandstof is streng gerantsoeneer. Armoede en lyding word algemeen gesien. Lamberti wys op verskeie redes vir Sri La...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Piet le Roux oor KragDag en praktiese staatsbestandheid

August 15, 2022 10:44 - 7 minutes - 6.89 MB

Piet le Roux (uitvoerende hoof, Sakeliga) gesels met omroeper James Kemp op die Beleidsradar op Pretoria FM oor Kragdag. Die Kragdag Ekspo vind jaarliks plaas en talle uitstallers kom byeen om onder die vaandel van selfstandigheid en staatsbestandheid. In 2022 was daar meer as 500 uitstallers. Sakeliga is die hoofborg van KragDag en Le Roux vertel meer oor hierdie ekspo en die waardes van staatsbestandheid wat dit nastreef.

[Beleidsradar op Pretoria FM] Invoerbelasting om plaaslike bedrywe te beskerm?

August 11, 2022 07:05 - 10 minutes - 9.35 MB

In die hierdie episode van Beleidsradar gesels Gerhard van Onselen (Sakeliga) met James Kemp op die insetsel vir Beleidsradar (Pretoria FM) oor die moeilike vrae oor vermeende storting van produkte en invoerbelasting as remedie. Dit volg ná omstrede aansoeke vir invoerbelasting op voertuigbande wat van China af ingevoer word. Sulke belastings kan bande se pryse vir alle padverbruikers verhoog. Onlangs het die minister van handel, nywerheid en mededinging invoerbelastings op ingevoerde ho...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Meer as passiewe ontvangers van beleid? Ons kyk na openbare deelname aan beleidskwessies.

August 01, 2022 13:51 - 11 minutes - 10.8 MB

Martin van Staden gesels met James Kemp van Pretoria FM op die Beleidsradar-insetsel oor die onlangse verwikkelinge ten opsigte van openbare deelname aan beleidskwessies. Van Staden verwys na uitlatings deur hooggeplaastes in die departement van gesondheid, waar onder meer na burgerlike instellings wat teen die onlangse tydelike Covid-19-reëls litigeer, as saboteurs en terroriste verwys is. Die skokkende optrede van die minister van polisie by ’n onlangse openbaredeelnameproses word ook g...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Gesprek oor die reg en wanneer wette ongeregtig is

July 26, 2022 08:41 - 12 minutes - 11.6 MB

In die volgende gesprek vir die Beleidsradar op Pretoria FM, aangebied deur James Kemp, gesels Gerhard van Onselen oor die reg en die moeiliker vrae oor die regmatigheid en billikheid van wette en regulasies self. Hierdie is natuurlik ’n lewendige debat wat sedert die dae van Augustinus en Thomas van Aquino woed. Die meeste van ons stem saam dat ons in een of ander mate gebind word deur ’n plig teenoor gesag, maar daar is ook perke aan wat die owerhede met wette mag doen. In die gesprek k...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Nuwe Solidariteit-verslag met voorstelle om kragkrisis hok te slaan

July 12, 2022 08:52 - 13 minutes - 12.3 MB

In hierdie insetsel vir Beleidsradar, op Pretoria FM, gesels James Kemp met Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) en Morné Malan (Kommunikasiehoof, Solidariteit) oor Eskom en die huidige elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika. Daar word gekyk na die onlangse verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor Eskom en wat die SNI meen nodig is om die krisis hok te slaan. Malan en Van Onselen kyk verder na die noodsaak van gunstiger kragbeleid asook van beter aansporings om doeltref...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Waarom litigasie teen die staat beslis nodig is – Piet le Roux

July 04, 2022 11:02 - 10 minutes - 9.27 MB

Wanneer is dit reg dat landsburgers en instellings soos Sakeliga teen die staat litigeer? Piet le Roux (Sakeliga se uitvoerende hoof) bespreek hierdie kwessie op die Sakekern (Pretoria FM) se Beleidsradar-insetsel. Le Roux en James Kemp bekyk Sakeliga se benadering tot litigasie en noem voorbeelde waar Sakeliga die howe bygestaan het om goeie presedente in die reg te vestig. Le Roux verduidelik waarom dit nodig is in Suid-Afrika se konteks om die staat in die howe tot verantwoording te roe...

[Beleidsradar op Pretoria FM] Appèlhof bevind nou met koste tabakverbod onwettig, ongrondwetlik

June 23, 2022 09:37 - 9 minutes - 8.37 MB

Gerhard van Onselen (Strateeg – Sakeliga) gesels met James Kemp op die Beleidsradar-insetsel (op Pretoria FM, Sakekern) oor die uitspraak deur die hoogste hof van appèl. Die hof het in die guns van groepe soos British American Tobacco (BATSA), die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) en ander geraakte partye teen die minister van samewerkende regering bevestig dat die verbod op tabakverkope onwettig en ongrondwetlik was. Die verbod was ingestel tydens die Covid-19-ramptoestand. Die hof het ...

Sakekern [Pretoria FM] Strenger BEE vir die finansiële dienstesektor, die regte idee?

June 14, 2022 06:25 - 9 minutes - 8.47 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga strateeg) gesels met James Kemp op Pretoria FM se Sakekern Beleidsradar-insetsel oor die onlangse uitlatings deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) wat dui op strenger vereistes vir rassetransformasie in die finansiële dienstesektor. Die gedragsowerheid het onlangs ‘n konsepstrategie vir swart ekonomiese bemagtiging voorgestel en verwag dat hierdie strategie later vanjaar ingestel sal word. Hierdie dokument en die dryf vir strenger BEE in di...

Sakekern [Pretoria FM] Sakeliga beteken hofstukke oor Covid-gesondheidsregulasies

June 09, 2022 07:59 - 17 minutes - 12.3 MB

In vandag se Beleidsradar (ook op Sakekern, PretoriaFM uitgesaai) gesels Tian Alberts (Sakeliga Regsbeampte) met James Kemp (Pretoria FM) oor Sakeliga se dringende litigasie teen die gesondheidsregulasies wat op 4 Mei 2022 in werking gestel is. Hierdie regulasies poog om regulasies wat onder die Covid-19-ramptoestand gegeld het, permanent te maak. Die regmatigheid van hierdie regulasies word uit verskeie oorde betwis. Die regulasies het reeds reusagtige teenstand ontlok en ongekende openbare...

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor Eskom, Sakeliga se komende energiestrategie

May 23, 2022 08:52 - 11 minutes - 10.8 MB

Gerhard van Onselen (strateeg, Sakeliga) gesels met James Kemp op die Sakekern, Pretoria FM oor 'n onlangse meningsartikel deur Russell Lamberti (uitvoerende direkteur by Sakeliga). Lamberti meen dat energie-onafhanklikheid nie verleen gaan word nie, teruggeneem moet word. Dit beteken dat Sakeliga 'n baie sterker postuur teenoor die mislukkende energieregulering sal inneem.

Sakekern [Pretoria FM] Moet skrootmetaal 'verbied' word?

May 16, 2022 12:23 - 8 minutes - 8.13 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga Strateeg) gesels op Sakekern (Pretoria FM) se Beleidsradar-insetsel met James Kemp oor onlangse voorstelle dat handel in skrootmetaal verbied moet word. Daar word ondermeer gekyk na die ligitieme mark in skrootmetaal, die vraag oor die wanbestuur van openbare instellings en newe-effekte van 'n verbod.

Sakekern [Pretoria FM] Kykie na wetsvoorstel op klimaatsverandering - impak op sake

May 10, 2022 12:43 - 11 minutes - 10.6 MB

Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) gesels met James Kemp oor die wetsontwerp oor klimaatverandering. Die wetsontwerp is ‘n poging om ‘n komplekse probleem met belangrike opwegings met grootskaalse sentralisering te bestuur. Sakeliga is veral bekommerd oor die impak van ingrypings soos gedwonge koolstofbegrotings, perke en ander maatreëls wat koste op sake sal plaas. Dit sal moontlikhede vir markgedrewe groei en vooruitgang in Suid-Afrika belemmer.

Sakekern [Pretoria FM] Piet le Roux oor nuwe gesondheidsregulasies - 'n vermomde ramptoestand?

May 03, 2022 12:01 - 11 minutes - 10.5 MB

Piet le Roux (Sakeliga, uitvoerende hoof) gesels met James Kemp (Pretoria FM) op die Beleidsradar Insetsel oor die regering se voorgestelde wysigings aan die regulasies ingevolge die wet op gesondheid. Le Roux gee die hoofpunte van Sakeliga se kommentaar oor die regulasies. Die kruks van die saak is dat die voorgestelde regulasies magte aan die minister toeken wat waarskynlik buite sy magte is. Sakeliga en ander berei litigasie voor. Sluit aan by Sakeliga: www.sakeliga.co.za

Onderhoud met Martin van Staden -- Tyd om weg te doen met die CompCom!

May 03, 2022 06:28 - 10 minutes - 9.56 MB

Sakeliga Beleidsradar gesels met Martin van Staden oor sy onlangse artikel in Business Day. Martin verduidelik dat die Mededingingskommissie nog 'n agentskap van bevel in die SA ekonomie is. Martin meen dat die Kommissie afgeskaf of hersien moet word. Artikel: https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2022-04-11-martin-van-staden-its-time-to-abolish-or-overhaul-the-competition-commission/ Ondersteun Sakeliga: https://sakeliga.co.za/sluit-aan-skenk/

Sakekern [Pretoria FM] Argumente vir 'n uitgebreide poskantoormandaat bekyk, nuwe wetsontwerp

April 25, 2022 07:30 - 11 minutes - 10.7 MB

Gerhard van Onselen gesels met omroeper James Kemp op die gereelde Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM) oor die redenasies wat gevoer word vir 'n uitbreiding van die Poskantoor se mandaat. Hierdie uitgebreide mandaat sal moontlik gemaak word deur die nuwe Suid-Afrikaanse Poskantoorwysigingswetsontwerp. Van Onselen lewer kommentaar en kritiek op die voorstel.

Sakerkern [Pretoria FM] Hoe kyk Sakeliga na beleid, hoekom 'n verbod nie werk nie

April 11, 2022 10:50 - 13 minutes - 12.3 MB

Gerhard van Onselen [Strateeg, Sakeliga] gesels met James Kemp op Sakekern. Die gesprek skop af met gedagtes oor beleidsontleding en gesels oor die benadering wat Sakeliga volg wanneer beleidvoostelle ontleed word. Dan word daar gesels oor die nadraai van die tabakverbod en sluikhandel in sigarette. In Suid-Afrika, meen Van Onselen, het die verbod sluikhandel bevorder. Daar word ook gekyk na die voorbeeld van die drankverbod van die 1920s in die VSA. Die newe-effekte en skade van 'n verbod...

Sakerkern [Pretoria FM] Gesprek oor mededinging – markondersoek oor varsproduktemarkte

April 04, 2022 07:28 - 13 minutes - 12.8 MB

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor mededingingskommissie – markondersoek oor varsproduktemarkte. Martin van Staden (Sakeliga beleidsgenoot) gesels met James Kemp (Sakekern-aanbieder) op die gereelde Beleidsradar-insetsel oor die mededingingskommissie se openbare marknavraag na varsprodukte. Tot watter mate kan so 'n kommissie werklik help? Van Staden gee sy insette oor die voorgenome markondersoek en mededingsregulering in die algemeen.

Sakekern [Pretoria FM] Pres Ramaphosa se beleggingskonferensie, die plaaslike beleggingsklimaat bekyk

March 29, 2022 12:32 - 13 minutes - 12.8 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga) en James Kemp (Pretoria FM) gesels oor president Ramaphosa se onlangse beleggingskonferensie. Hoewel beleggings wat aangekondig is natuurlik welkom is wek die algememe tendense oor privaat beleggings steeds wesenlike kommer. Sakeliga meen dat meer gedoen word om 'n gemakliker klimaat vir beleggings te skep, veral vir klein en medium ondernemings.

Sakekern [Pretoria FM] Impak van Branstofbeperkings, nuwe permanente ramptoestand

March 29, 2022 12:23 - 8 minutes - 7.99 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga) en James `Kemp (Pretoria FM) gesels oor voorstelle oor moontlike brandstofbeperkinge in die lig van stygende brandstofpryse. Daarby word die nuwe voorstelle vir permanente wetgewing wat die rampbestuurswet sal naboots om oordraagbare siektes te beheer onder die loep geneem.

Sakekern [Pretoria FM] Sakeliga, wysigings aan elektrisiteitswet gaan nie ver genoeg

March 16, 2022 08:01 - 14 minutes - 13.6 MB

Martin van Staden, regsgenoot by Sakeliga, gesels met James Kemp (Pretoria FM) op die Sakekern Beleidsradar-insetsel. Van Staden beskou Sakeliga se kommentaar op onlangse voorstelle om die wet op elektrisiteitsvoorsiening te wysig. Daar is belowende elemente in die wetsvoorstel, maar in geheel gesien, moet nog meer gebeur om SA se penarie van kragtekorte op te los. Van Staden meen baie groter vryemarkhervorming nodig.

Sakekern [Pretoria FM] Kanada, Trudeau-regering vries bankrekeninge van protesgangers

March 08, 2022 14:23 - 11 minutes - 10.8 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga strateeg) gesels met James Kemp (Pretoria FM) op die Beleidsradar-insetsel oor die onlangse gebeure in Kanada. Die Trudeau-regering se stappe om bankrekeninge te laat vries van persone wat na bewering aan die Freedom Convoy-protesaksies gekoppel was. Dit volg op die afkondiging van ‘n noodtoestand in Kanada weens die proteste. Die toestand is sedertdien opgehef. Tot watter mate skep hierdie nuwe gevare vir die kommersiële sektor? Wanneer oortree regerings hul...

Sakekern [Pretoria FM] BEE en die onlangse uitspraak van Grondwethof oor voorkeurverkryging

March 01, 2022 10:41 - 12 minutes - 11 MB

Tian Alberts [reg- en skakelbeampte, Sakeliga] sluit aan by James Kemp op Sakekern, Pretoria FM. Alberts gesels oor BEE in die lig van die onlangse uitspraak deur die Grondwethof. Die uitspraak het vir Sakeliga bevind dat die Minister van Finansies, destyds Pravin Gordhan, buite sy bevoegdhede opgetree het, deur te reguleer asof hy wetgewende bevoegdheid gehad het om die 2017-regulasies op grond van die wet op voorkeurverkryging in te stel. Hierdie regulasies het voorafdiskwalifikasie op gr...

Sakekern [Pretoria FM] Hofaksie teen mediese koepons, hoekom?

February 21, 2022 09:40 - 10 minutes - 9.43 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga Strateeg) en Anton Meijer (Pretoria FM) gesels op die Beleidsradar oor die huidige hofaskie teen mediese koepons vir doktersbesoeke. Die Raad vir Mediese Skemas (RMS) het vantevore na die howe gewend om sulke mediese voorafbetaalkoepons stop te sit. Die RMS meen hierdie koepons kom neer op die werksaamhede van mediese fondse, maar druis dit in teen markte? Wat is die voordele van sulke koepons? Watter rol kan dit speel? Waarom will die RMS dit verbied? Di...

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor komende vervolging in mededingingstribunaal oor markverdeling

February 07, 2022 12:25 - 13 minutes - 12.1 MB

James Kemp (Pretoria FM, Sakekern) gesels met Gerhard van Onselen (Sakeliga) oor mededingingswetgewing en die onlangse verwysing van Wesbank en Toyota Financial Services na die Mededingingstribunaal oor beweerde verdeling van markte. 'n Aanklag van markverdeling is gewoonlik ernstig in hedendaagse kompetisieregulering. Watter vrae is belangrik vanuit 'n vryemarkbeskouing? Die gesprek kyk ondermeer na dieper vrae oor skade vir verbruikers, reguleerders se beperkinge, en moontlike onvoorsiene g...

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor nasionale minimum lone en probleme vir sake

February 03, 2022 10:27 - 11 minutes - 10.9 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp op Pretoria FM (Sakekern) oor die nasionale minimum loon. Die gesprek kyk na verskillende probleme met betrekking tot minimum lone en moontlike oorwegings wat nie genoegsaam in ag geneem word nie. Sakeliga het onlangs kommentaar op die voorgestelde NML-verhogings ingedien.

Sakekern [Pretoria FM] Kykie na rampbestuursbeleid - Aksie om ramptoestand op te hef

January 24, 2022 07:26 - 8 minutes - 7.95 MB

Piet le Roux [Sakeliga HUB] gesels met James Kemp op Sakekern Beleidsradar [Pretoria FM] oor manier wat die Covid-19 ramtoestand hanteer is. Piet le Roux gee ook gedagtes oor wat volgende moet gebeur asook Sakeliga se moontlike litigasie oor die ramptoestand.

Sakekern [Pretoria FM] Wat bedoel Sakeliga met 'Staatsbestandheid'?

January 12, 2022 10:11 - 12 minutes - 11 MB

Waat bedoel Sakeliga met die term Staatsbestandheid? Gerhard van Onselen (Sakeliga Strategiese Ontleder) gesels op Sakekern Beleidsradar met James Kemp oor Sakeliga se siening oor "staatsbestandheid".

Sakekern [Pretoria FM] Geprek oor werkskepping, arbeid en die ekonomie

December 01, 2021 06:37 - 9 minutes - 8.76 MB

In hierdie week se episode van Beleidsradar kyk Gerhard van Onselen (Sakeliga) en James Kemp (Pretoria FM) oor moeiliker vrae oor die vryemark, werkskepping en die impak van arbeidsbeleid.

Sakekern [Pretoria FM] Is wins en verlies sinneloos in die raamwerk van staatsbeheerde ondernemings?

November 24, 2021 10:41 - 11 minutes - 10.6 MB

In hierdie week se Beleidsradar gesels Gerhard van Onselen met James Kemp [Sakekern, Pretoria FM] oor die vraagstuk van wins en verlies in die konteks van staatsbeheerde instellings. Moneyweb berig dat verskeie belangrike SBOs tans verliese maak en sommige op die rand van finansiële ineenstorting staan. In die vrye markopset is wins gewoonlik 'n aanduiding dat verbruikersvoorkeure gedien word. Kan dieselfde gesê word ten opsigte van SBOs?

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor sluikhandel en die elemente wat dit ondersteun

November 17, 2021 10:21 - 10 minutes - 9.31 MB

Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met Sarina Bosman oor 'n onlangse verslag oor sluikhandel in die nadraai van die Covid-19-verbod op die verkope van sigarette. Aanduidings bestaan dat hierdie mark nou gedui en Van Onselen gesels oor die faktore wat sluikhandel in 'n ekonomie ondersteun.

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor SABS-sertifiseringsskema vir plaaslike vervaardiging

October 25, 2021 10:51 - 10 minutes - 9.31 MB

Gerhard van Onselen en James Kemp [Pretoria FM] gesels oor die nuutste sertifiseringsskema van die SABS wat betrekking hou op die regering se vereistes vir lokalisering in die voorkeurverkrygingsraamwerk. Daar word gekyk na verskeie belangrike vrae ten opsigte van lokalisering op sigself en die SABS se rol daarby.

Sakekern [Pretoria FM] Geprek oor SABS-sertifiseringsskema vir plaaslike vervaardiging

October 25, 2021 10:51 - 10 minutes - 9.31 MB

Gerhard van Onselen en James Kemp [Pretoria FM] gesels oor die nuutste sertifiseringsskema van die SABS wat betrekking hou op die regering se vereistes vir lokalisering in die voorkeurverkrygingsraamwerk. Daar word gekyk na verskeie belangrike vrae ten opsigte van lokalisering op sigself en die SABS se rol daarby.

Sakekern [Pretoria FM] Geprek oor e-tol, SABC en probleme by "openbare goedere"

October 05, 2021 09:14 - 11 minutes - 10.3 MB

Gerhard van Onselen gesels met James Kemp (Pretoria FM) oor die omstrede e-tolprojek, die 'user pay'-beginsel en algemene oorwegings (en probleme) by die befondsing van openbare goedere.

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor voorstelle vir verhooge belasting op suikerdrankies

September 10, 2021 06:35 - 6 minutes - 6.2 MB

Gerhard van Onselen gesels met James Kemp, Sakekern (Pretoria FM) oor onlangse voorstelle vir die verhoging van belasting op suikerdrankies. Hierdie belasting hou uiteraard ekonomiese gevolge in. 'n Vraag word ook gestel oor die die mate waartoe regerings dwang moet gebruik om openbare gesondheidsdoelwitte te bereik.

Sakekern [Pretoria FM] Groenskrif vir verpligte openbare maatskaplike sekerheidsfonds

August 24, 2021 07:30 - 9 minutes - 9.1 MB

Gerhard van Onselen gesels met James Kemp (Sakekern) oor die onlangse groenskrif wat in Augustus 2021 deur die department van maatskaplike ontwikkeling gepulbiseer. Hierdie voorstel wil 'n verpligte maatskaplike sekerheidsfonds daarstel en werknemers sal verplig word om 'n gedeelte van hul salaris aan die fonds by te dra. 'n Groenskrif is van die eerste stappe na nuwe wetgewing en die dokument is tans oop vir kommentaar tot en met 10 Desember 2021.

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor voorstelle vir beperkte vroeë toegang tot pensioengelde

August 16, 2021 14:01 - 5 minutes - 4.9 MB

Gerhard van Onselen gesels op Sakekern oor die tesourie se onlangse verklaring oor voorstelle om beperkte vroeë toegang tot pensioengeld moontlik te maak. Die saak word vanuit 'n vryemark-raamwerk beskou.

Bheki Mahlobo on the August 2021 cabinet reshuffle, requirements for successful SA reform

August 12, 2021 07:45 - 19 minutes - 17.6 MB

In this episode of Sakeliga's Policy Radar podcast Gerhard van Onselen in joined by Bheki Mahlobo -analyst at the Centre for Risk Analysis. Comment is given on the recent cabinet reshuffle by president Cyril Ramaphosa. The issue of reform is also considered, looking at some requirements for successful policy reform. Successful reform requires far-reaching changes to current policy, especially in the areas of education, labour, investment and energy.

Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor Reserwebank se planne vir 'n e-Rand

August 11, 2021 12:40 - 7 minutes - 7.23 MB

James Kemp gesels met Gerhard van Onselen (Sakeliga) oor die onlangse voorstelle vir 'n e-Rand. Die voorstel is onlangs weer deur die SARB genoem. Die implikasies van 'n e-Rand en die uitwerking daarvan op monetêre word bekyk. Baie sal afhang van die manier wat die e-Rand in die stelsel aangewend word.

Twitter Mentions

@fpcitiesinc 1 Episode
@jonathan_witt 1 Episode
@pietleroux 1 Episode
@petergklein 1 Episode