Gerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) gesels met James Kemp oor die wetsontwerp oor klimaatverandering. Die wetsontwerp is ‘n poging om ‘n komplekse probleem met belangrike opwegings met grootskaalse sentralisering te bestuur.

Sakeliga is veral bekommerd oor die impak van ingrypings soos gedwonge koolstofbegrotings, perke en ander maatreëls wat koste op sake sal plaas. Dit sal moontlikhede vir markgedrewe groei en vooruitgang in Suid-Afrika belemmer.