Gerhard van Onselen (Sakeliga, strateeg) gesels met James Kemp oor die huidige gebeure in Sri Lanka. Dit volg op ‘n onlangse gesprek by KragDag 2022 deur Russell Lamberti (ekonoom en uitvoerende direkteur by Sakeliga) oor die redes vir Sri Lanka se agteruitgang en huidige ekonomiese krisis.

Tot dusver het pryse in Sri Lanke die hoogte in geskiet en verskeie produkte soos brandstof is streng gerantsoeneer. Armoede en lyding word algemeen gesien.

Lamberti wys op verskeie redes vir Sri Lanka se krisis wat insluit oormatige buitelandse skuld, interne onstabiliteit en grootskaalse regeringskorrupsie, ‘n sentrale bank wat ruim geld druk, en verregaande regulasies wat in die nadraai van Covid-19-inperkings tot die spits gedryf is. Hierdie faktore word dieper bespreek.

Daar is ook belangrike lesse vir Suid-Afrika te leer Sri Lanka se geval. Lamberti meen dit is veral noodsaaklik om ‘n staatsbestande burgerlike sektor te verseker om wal te gooi teen roekelose regeringsoptrede soos die in Sri Lanka.