Gerhard van Onselen (Sakeliga strateeg) gesels met James Kemp (Pretoria FM) op die Beleidsradar-insetsel oor die onlangse gebeure in Kanada.

Die Trudeau-regering se stappe om bankrekeninge te laat vries van persone wat na bewering aan die Freedom Convoy-protesaksies gekoppel was. Dit volg op die afkondiging van ‘n noodtoestand in Kanada weens die proteste. Die toestand is sedertdien opgehef.

Tot watter mate skep hierdie nuwe gevare vir die kommersiële sektor? Wanneer oortree regerings hul magte met ramptoestande en inbreuke op burgerlike vryhede. Die Beleidsradar bespreek.