James Kemp (Pretoria FM, Sakekern) gesels met Gerhard van Onselen (Sakeliga) oor mededingingswetgewing en die onlangse verwysing van Wesbank en Toyota Financial Services na die Mededingingstribunaal oor beweerde verdeling van markte. 'n Aanklag van markverdeling is gewoonlik ernstig in hedendaagse kompetisieregulering. Watter vrae is belangrik vanuit 'n vryemarkbeskouing? Die gesprek kyk ondermeer na dieper vrae oor skade vir verbruikers, reguleerders se beperkinge, en moontlike onvoorsiene gevolge.