Gerhard van Onselen [Strateeg, Sakeliga] gesels met James Kemp op Sakekern. Die gesprek skop af met gedagtes oor beleidsontleding en gesels oor die benadering wat Sakeliga volg wanneer beleidvoostelle ontleed word.

Dan word daar gesels oor die nadraai van die tabakverbod en sluikhandel in sigarette. In Suid-Afrika, meen Van Onselen, het die verbod sluikhandel bevorder. Daar word ook gekyk na die voorbeeld van die drankverbod van die 1920s in die VSA.

Die newe-effekte en skade van 'n verbod word ook dieper bekyk. Die plaasklike ervaring en hierdie voorbeelde gee goeie redes om in die sukses van 'n verbod te twyfel.