AudreyStories artwork

AudreyStories

115 episodes - English - Latest episode: about 1 year ago - ★★★★ - 3 ratings

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Cuba, Serbia, South Africa, Bosnia, Mexico, Peru, China, India, Burma and more. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 41 countries. Some of the stories are in Afrikaans, Audrey's first language.

Arts Society & Culture Places & Travel audrey calm bedtime stories audrey nolte audrey nolte painter english afrikaans reisverhale meditation
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

COVID-19. Maart 29, 2020. Nuutste nuus: Hoe steek mens aan? Oppervlaktes en Asem?

March 30, 2020 01:00 - 11 minutes - 7.95 MB

29 Maart 2020. Hoe lank is die virus lewendig op oppervlaktes? Wat vandag waar is oor hierdie pandemie, word more dalk verkeerd bewys. Ek dink almal pik effens. Ons gorrel, ons maak planne, ons hoor vals nuus. Maar -- in Kanada is daar al hoe meer feite oor HOE mens aansteek. Die virus is BAIE langer lewendig op oppervlaktes soos plastiek. Trek handskoene aan, was jou hande?

COVID-19. Maart 29, 2020. Pandemie Praatjie? Sug. Ja.

March 30, 2020 01:00 - 11 minutes - 8.25 MB

29 Maart 2020. Ek het eers besluit dat ek nie 'n enkele podcast gaan maak oor hierdie Pandemie nie, want daar is al klaar oral te veel nuus. Maar -- dis om soos 'n volstruis my kop in die grond te druk en nie te vertel wat in Kanada aangaan nie. En -- ek moet ook sê dat ek SUKKEL. Dis weird. Dit voel soos 'n aaklige fliek.

FIKSIE 5. "Noorderligte. Aurora Borealis." 'n Storie uit Kanada. Vir tieners en immigrante.

March 28, 2020 01:00 - 30 minutes - 21 MB

Immigrante storie. Hierdie storie is vir my oudste dogter. Ek moes haar alleen in Kanada in 'n klein dorpie los, toe sy 'n tieners was, omdat ek dringend SA toe moes gaan. Dit het my hart gebreek. Ek het die storie gemeng met Kanada ondervindinge, oor die coolste goed wat mens sien en beleef as jy in die kouer dele van Kanada woon. Ek was net 4 jaar in sneeu-gebied, maar dit het my lewe verryk. Margaret, die Kanadese vrou in die storie, bly regtig in 'n houthuisie. Sy het klassieke musiek ge...

FIKSIE 4. "Die Luisteraar." Hierdie kortverhaal is in die tydskrif SARIE gepubliseer.

March 27, 2020 00:00 - 13 minutes - 8.98 MB

Stories vir Corona/Covid 19 se "Bly by die huis" dae. Hierdie is 'n baie spesiale verhaal. Ek het dit die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie...

FIKSIE 4. "Die Luisteraar." Hierdie kortverhaal is in die tydskrif SARIE gepubliseer.

March 27, 2020 00:00 - 13 minutes - 8.98 MB

Stories vir Corona/Covid 19 se "Bly by die huis" dae. Hierdie is 'n baie spesiale verhaal. Ek het dit die nag voor my 4e kind se 18e verjaardag geskryf -- as verjaardag geskenk aan haar. (Skies my ander 3 kinders dat julle nie "18e verjaardag-stories-wat-in-tydskrifte-was" gekry het nie -- bel vir mamma, dan praat ons.) "DIE LUISTERAAR" was die eerste verhaal wat einding met 'n keuse. Ek dink ek wou my dogter leer dat mens altyd 'n keuse het en dat mens soms 'n swaar keuse moet maak. Hierdie...

Kanada Immigrasie 37. Pasop! 1e wêreld slaggate waarvan jy nie weet nie.

February 02, 2020 05:00 - 10 minutes - 7.23 MB

Suid-Afrikaners weet so baie goed glad nie. Ek wens iemand het my die "onsigbare" goed geleer van Kanada. Dis so 'n ontsettende vreemde kultuur Support the show

Kanada Immigrasie 36. Testament: Kanadese een. Lewensversekering. Video-kameras wat jou dophou..

January 26, 2020 23:00 - 10 minutes - 7.15 MB

Maak dadelik 'n wettige testament by 'n prokureur in Kanada, sodat die staat nie besluit wat van jou Kanadese kinders moet word nie. Koop hier lewensversekering. Dadelik. Daar is ORAL video kameras wat jou afneem. Mooi loop in die openbaar. Geen kind onder 12 mag ooit alleen wees nie. Moenie jou kinders in die kar los nie. Kanada het my gesigsprofiel, 'n skandering van my oë, ken my stem-profiel ens ens. Daar is paar goed wat my moet weet oor 1e wêreld lande. "Big Brother is watching you." S...

Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land?

January 17, 2020 00:00 - 9 minutes - 6.28 MB

Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat jy dalk WEER moet trek. Moenie. Dit maak nie saak nie. Dis goeie 1e wêreld-lande waar jy werk kan kry en waar jy gelukkig sa...

FIKSIE 2: "Ooievaars in Serwië". Kortverhaal wat in die "Sarie" gepubliseer is.Ek het dit in Serwië geskryf.

January 16, 2020 19:00 - 13 minutes - 9.65 MB

Ek het in oos-Europa gaan reis en in Serwië gaan kuier. Daar is 'n ooievaar op elke lamppaal in die hoofstraat. Hierdie Kortverhaal is in daardie hoofstrraat geskryf...  "Karin sit in Serwië plat op die gras met haar rug teen ʼn lamppaal. Sy skryf. Die gegiggel van 'n swetterjoel klein dogtertjies aan die oorkant van die straat pla haar vandag. Hulle sit op hulle hurke en loer nou al drie dae lank na haar: so asof sy die sirkus se lawwe Afrika-apie is. Die grootmense van die dorp rus dié tyd ...

Kanada Immigrasie 34. Jy KAN NIE trek nie. Te oud/geen geld/geen moed/nie genoeg punte vir Kanada nie.

January 16, 2020 05:00 - 8 minutes - 6.01 MB

Jy KAN NIE trek nie of wil nie. Te oud/geen geld nie/nie moed nie/nie kwalifikasies vir ander lande se werke nie. Dan bly jy in SA. Gedurende my maandlange kuier het ek so baie mense gesien wat floreer in die land. Wat doen mense in SA om gelukkig daar te wees? Wat se planne kan jy maak as jy in sak en as sit omdat jou kinders of vriende nou trek? Watter gewoontes het sielsgelukkinge mense ten spyte van SA se 'dinge'.  Support the show

Kanada Immigrasie 33. Wat's fout in SA? Deel 2. Ek kyk met die oë van 'n toeris.

January 15, 2020 06:00 - 8 minutes - 6.04 MB

Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie skole, alles werk, die ekonomie is stabiel en daar is 'n rustigheid wat heel afwesig is in SA. Hierdie is my opinie en ek maak...

Kanada Immigrasie 32. Wat's fout in SA? Deel 1. My opinie oor die probleme in die land.

January 15, 2020 05:00 - 8 minutes - 5.57 MB

Ek was tot middel Desember 2019 in SA vir 'n kuier met familie en vriende -- vir 'n maand. Ek was 4 jaar laas in die land. Die keer het so baie goed my gepla. Ek is reeds 21 jaar weg uit SA en is nou 'n "toeris" en nie meer 'n "inwoner" nie. Verder, het ek ook 'n 'sissie' geword, want die gevaar en toestande in die land het my geskok. So wat is dan fout in SA as mens as 'n toeris of buitestaander daarna kyk? Wat het my so gepla? Deel 1 van 2. Support the show

Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie.

January 15, 2020 01:00 - 7 minutes - 4.91 MB

Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy ...

Kanada Immigrasie 30. Winter+Veilig of Son+SA se dinge?

January 15, 2020 01:00 - 7 minutes - 5.54 MB

"Winter in Kanada" maak mense uit SA bang: want Son en SA het sinoniem geword. "Ek sal nooit in die sneeu kan aard nie!" roep Suid-Afrikaners uit. Ek antwoord hierop, "Ek sal nooit weer in onveilig kan aard nie." Mense is bang om hulle land te verlaat. "Winter/sneeu" word net 'n verskoning om nie te trek nie. Enige verandering is swaar. Die massiewe besluit om uit jou land weg te trek en jou familie en vriende te los, is te swaar. Dus, kies mens iets in die ander land (Kanada) waarmee jy sê ...

Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie.

January 15, 2020 01:00 - 7 minutes - 4.91 MB

Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders dink, glo, praat en doen as jy. Hoe hoog is jou Kulturele IK? Hoe goed kan jy saamwerk met mense uit baie vreemde/weird lande? Jy ...

Kanada Immigrasie 29. Ek trek terug SA toe! Nee, moenie! 95% van terug-trekkers trek weer uit SA.

January 02, 2020 06:00 - 6 minutes - 4.56 MB

Immigrasie is swaar. Baie immigrante besluit om terug te gaan SA toe. MOENIE. 95% van "terug-trekkers" trek weer terug Kanada/Australië ens. toe. Soms trek mense terug omdat hulle ouers soveel druk op hulle plaas. Ouers sê: "Ons kan nie sonder jou lewe nie. Jy het ons enigste kleinkinders uit die land geneem. Ons is oud, ons verlang te veel ...". Nee. Dis verkeerd. Ouers mag kinders nie teruglok nie. Dan, trek mense terug omdat alle mense verandering haat en die aanpassing te swaar is. Daar ...

Kanada Immigrasie 28. VERNIET geld in Kanada. Canada Pension Plan, Old Age Pension, EI, geld per kind.

January 01, 2020 14:00 - 7 minutes - 4.87 MB

Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kinders onder 6 en dan $450 per maand vir kinders tussen 6 en 17. Jy moet jouself opvoed oor al hierdie planne. Niemand gaan a...

Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17.

December 31, 2019 19:00 - 8 minutes - 5.89 MB

Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarna gee jy jou "Notice of Assessment" in -- dis die vorm wat aandui hoeveel jy per jaar verdien het. Jy kry dan 'n bedrag per kind bere...

Kanada Immigrasie 26. Kanada vs Suid-Afrika. Goud, krag, lewensverwagting, inkomste, water. Hoe vergelyk die 2 lande?

December 31, 2019 02:00 - 8 minutes - 6 MB

Ek maak 'n raai-raai speletjie van Statistiek -- oor Kanada en Suid-Afrika -- eerder as om dit soos 'n lesing vol nuttelose nommers te laat klink. Natuurlik moet mens nogal sug oor alle statistiek, want dis mos net 'n "so-so nommer" -- wat baie faktore buite rekening laat. Maar, ek dink as mens dit oorweeg om Kanada toe te trek, daar wel baie waarde sit in hierdie statistieke. Support the show

Kanada Immigrasie 25. Aanpassing. Help! Ek wil huis toe gaan!

December 28, 2019 02:00 - 8 minutes - 5.94 MB

Aanpassing in enige nuwe land begin maklik en as 'n groot avontuur. Die hele konsep van immigrasie is 'te groot' en die brein dink aan trek as 'n heerlike vakansie. Dan -- skielik -- asof 'n kristalglas in 'n duisend stukkies breek, tref die werklikheid jou op 'n Gewone Woensdag. Skielik sit jy in Piet Verdriet straat en jy roep: "Ek wil huis toe gaan! Ek het dit nie bedoel om vir ALTYD te immigreer nie. Draai tyd terug. Suid-Afrika is eintlik ok, en elkeen van die 50 redes waarom ek getrek ...

Kanada Immigrasie 24. LAERSKOOL Deel 2. Hoe lyk 'n gewone dag in 'n laerskool?

November 13, 2019 05:00 - 9 minutes - 6.54 MB

LAERSKOOL (Deel 2). Wat is anders hier? Waaraan moe ouers aandag gee. Doen meer gewone wiskunde met jou kind. Onderrig in Laerskole in Kanada is goed, maar heel heel anders. Waaraan moet jy dink? Gevare?

Kanada Immigrasie 24. LAERSKOOL Deel 2. Liberale Land: Hoe lyk 'n gewone dag in 'n laerskool?

November 13, 2019 05:00 - 9 minutes - 6.54 MB

LAERSKOOL (Deel 2). Wat is anders hier? Waaraan moe ouers aandag gee. Doen meer gewone wiskunde met jou kind. Onderrig in Laerskole in Kanada is goed, maar heel heel anders. Waaraan moet jy dink? Gevare? Support the show

Kanada Immigrasie 23. LAERSKOOL (Deel 1) Opset en algemene inligting.

November 12, 2019 23:00 - 10 minutes - 7.38 MB

Laerskole (1). Algemene wenke. Wat is jou rol? Daar is bv. 'n Gr 2/3 "split" waar graad 2's en 3's 'n juffrou deel. Dit was vir my sleg, maar dis 'n gewoonte in Kanada. Daar is baie laerskole, elkeen met MIN kinders in. Die wet sê daar moet 'n laerskool naby genoeg wees dat kinders kan stap. Support the show

Kanada Immigrasie 20. KLEIN DORPIES. Deel 1. Moenie na 'n piepklein plekkie toe trek nie.

November 10, 2019 21:00 - 8 minutes - 5.99 MB

Episode 20. Klein dorpies - Deel 1. Moenie in 'n piepklein dorpie in Kanada kom werk en woon nie. Dis te swaar. Heel noord in Kanada is nag. Wat dink ek is verkeerd aan 'n klein plekkie in Kanada? Hoekom is klein dorpies hier so moeilik vir Suid-Afrikaners? En dit gaan oor baie meer as die koue. Support the show

Kanada Immigrasie 21.KLEIN DORPIES. Deel 2. Wat's fout daar?

November 10, 2019 21:00 - 10 minutes - 6.97 MB

Episode 21. KLEIN DORPIES -- Deel 2. Ek wens ek kon net mooi goed oor Kanada skryf. As ek dadelik uit SA hier naby Vancouver kom woon het, sou ek nie hierdie dele oor klein dorpies geskryf het nie. Maar my "tyd in koue klein-dorp-Kanada dwing my om vandag braaf genoeg te wees en jou te waarsku. Dis te swaar. Probeer ander werk kry -- of maak nou al plan om na 4 jaar weg te trek daar. Jou kinders gaan buitendien daar wegtrek. Maak sommer nou al Plan B. Support the show

Kanada Immigrasie 19. SNEEU. Mooi? Nee. Aaklig. Goor. 'n Pyn

November 10, 2019 01:00 - 9 minutes - 6.76 MB

Sneeu is net mooi op bergpieke, Kerskaartjies, foto's en op 'n ski-hill as jy self ski. Die waarheid oor sneeu, vir mense uit warm lande. Sneeu word vuil van die sand en klip wat die sneeuploeg strooi oor strate. Selfs die Kanadese haat sneeu, omdat mooi sneeu gou-gou harde ys word en dan oral vassit vir maande en maande. Dis werk. Klein dorpies word afgesny van die wêreld. Bergepasse raak onbegaanbaar. Die sagte stilte na vars sneeu is te wonderlik. Maar vir die res is dit goor. In die Lowe...

Kanada Immigrasie 18. CRAIGS-LIST Vancouver. Jou handboek oor werk/geleenthede/verniet goed.

November 08, 2019 23:00 - 7 minutes - 5.46 MB

Eopisode 18. CraigsList Vancouver (dis nou jou HANDBOEK oor Kanada) gee vir jou die wonderlikste info oor 'alles Kanada". Dis waar mense WERK adverteer (maklike en vreemde werke). Alle soorte. Jy gaan leer wat in aanvraag is, en hoeveel hulle jou sou betaal. Doen die "search" oor die hele Lower Mainland gedeelte, want jy kan dan kyk wat alles in al 7 stede hier gebeur. Mense vra hier dat jy verniet vir hulle kom werk. Dit het waarde. Ek praat oor wat om te kies, as jy eers hier woon. Dan is ...

Kanada Immigrasie 17. SWOT: Universiteits-kursus uit SA. Athabasca University in Kanada.

November 08, 2019 23:00 - 9 minutes - 6.88 MB

Episode 17. SWOT terwyl jy wag by 'n aanlyn-universiteit in Kanada. ATHABASCA University. Ek het al 7 kursusse by hulle gedoen. Goeie nuus: Jy moet net 16 wees, kort nie eers Graad 12 nie. Dis net DUUR want jy is 'n Buitelandse Student. Maar, die duur kursus gaan jou baie help. Jy kry vir 1 vak 3 krediete. Jy het 6 maande om dit voltooi. As jy sien die vak is te swaar, dan STAAK jy binne 2 weke, en kry jou geld terug (of 'n krediet vir 'n ander vak). Support the show

Kanada Immigrasie 18. CRAIGS-LIST Vancouver. Jou handboek oor werk/geleenthede/verniet goed.

November 08, 2019 23:00 - 7 minutes - 5.46 MB

Eopisode 18. CraigsList Vancouver (dis nou jou HANDBOEK oor Kanada) gee vir jou die wonderlikste info oor 'alles Kanada". Dis waar mense WERK adverteer (maklike en vreemde werke). Alle soorte. Jy gaan leer wat in aanvraag is, en hoeveel hulle jou sou betaal. Doen die "search" oor die hele Lower Mainland gedeelte, want jy kan dan kyk wat alles in al 7 stede hier gebeur. Mense vra hier dat jy verniet vir hulle kom werk. Dit het waarde. Ek praat oor wat om te kies, as jy eers hier woon. Dan is ...

Kanada Immigrasie 16. PRIVAATHEID. Wette in Kanada. (Privaatheidswette is 'n pyn hier.)

November 07, 2019 21:00 - 9 minutes - 6.39 MB

Privaatheidswette is 'n pyn hier -- maar 'n harde werkliheid. In Kanada is elke mens 'n individu. Getroud? Maak nie saak nie. As die selfoon-rekening op jou man se naam is, mag jy niks vrae vra nie. Wat om van die begin af te doen om dit makliker te maak. Daar is maniere. Maar die wette in Kanada is "written in stone". Vas. Support the show

Kanada Immigrasie 15. DIE POLISIE. Wie doen wat? Bel 911?

November 07, 2019 20:00 - 9 minutes - 6.71 MB

DIE POLISIE se rol in Kanada. Wanneer bel jy 911? Werk dit goed? Kanada is so ordelik omdat die polisie so effektief is. Wie doen wat? Iemand het jou gekroek met immigrasie terwyl jy nog in SA is. Wat nou? Support the show

Kanada Immigrasie 14. PROKUREUR in Kanada. Kry een.

November 07, 2019 20:00 - 8 minutes - 5.65 MB

Episode 14. Ek dink dis deesdae 'n goeie plan om 'n prokureur te kry. Hulle is heel gereeld goedkoper as "agentsakppe". Derduisende mense doen aansoek om Kanada toe te trek: uit honderde lande. Daar is nou 36 maniere om te kwalifiseer vir immigrasie. Party is net geldig op die platteland. Ander net in sekere provinsies. Jy kort 'n kenner op die gebied van immigrasie-wette. Ek gee die name van 3 prokureurs. Ek is so bang iemand kroek jou. Kry regshulp. As iets verkeerd gaan hier direk na jy a...

Kanada Immigrasie 15. DIE POLISIE. Iemand het jou gekroek met immigrasie. Wat nou?

November 07, 2019 20:00 - 9 minutes - 6.71 MB

DIE POLISIE se rol in Kanada. Wie doen wat. Iemand het jou gekroek met immigrasie terwyl jy nog in SA is. Wat nou?

Kanada Immigrasie 13. Bring saam: Selfone. Medisyne. Kredietkaart.

November 07, 2019 20:00 - 8 minutes - 5.92 MB

SELFOON. MEDISYNE. KREDIETKAAT? Bring saam. Selfone: Bring almal se selfone saam, "unlock" hulle en sorg dat jy hier 'n nuwe Sim-kaart kan insit. Gebruik dit die eerste paar dae net vir Internet-konneksies, sodat jy kan WhatsApp en Facebook. Gratis. Koop dan 'n pay-as-you-go kaart voor jy 'n 2-jaar kontrak teken. Medisyne: Ek maak voorstelle van wat ek dink sal help om saam te bring vir die eerste paar weke. Kredietlkaart. Bring jou SA kredietkaart of Krediet/Debiet kaart. Laai geld op. Dit ...

Kanada Immigrasie 12. Nuwe Kultuur. Thanksgiving-kalkoene. Pajama-dag in Skole. Halloween se verniet swiets

November 02, 2019 05:00 - 9 minutes - 6.85 MB

Nuwe Kanadese kultuur/tradisies het sy pret en sy uitdagings. Aan die begin het ek vir als "nee" geroep, bloot omdat dit volksvreemd is. Ek het die 1e jaar nie Thanksgiving (in Oktober) gehou met 'n Kalkoen-ete nie -- omdat ek nie geweet het waarvoor Kanadese "thanks" nie, en ook omdat ek nog nooit kalkoen gaar gemaak het nie (ai). Die dorp se mense het toe my kinders genooi vir die ete -- toe sit ek en my man soos kiepies by die huis met toebroodjies! My kinders sê eendag hulle moet met paj...

Kanada Immigrasie 10. Klere in KOUE Kanada. Wat koop jy eerste?

October 31, 2019 23:00 - 8 minutes - 5.91 MB

Episode 10. Jy staan en sweet in SA met sandale, 'n kort broek en t-shirt. Jy trek Desember Kanada toe. Jy en die kinders kort warm klere! Jy moet dit in Kanada koop -- want dit sal goedkoper wees en beter kwaliteit. Mens kort nie juis warm WATERDIGTE klere in SA  nie. So, wat koop jy eerste en waarna moet jy kyk? SKOENE. Goeie skoene en hulle kan baie baie lelik wees. Jy gaan vir hulle lief word. "Waterproof" en warm tot -40 grade. Jip. Support the show

Kanada Immigrasie 11. HUIS KOOP. Of huis huur in Kanada. Waaraan om te dink.

October 31, 2019 23:00 - 9 minutes - 6.89 MB

Episode 11. Jy wil huis koop. Waarna moet jy kyk? Die huis moet SUID kyk. So kry jy in die wintermaande son wat in jou huis inskyn en die huis warm maak. Dit spaar verhittings-koste en dis vrolik en lig. Dan moet jy kyk hoe die huis verhit word, of die dak nie dalk lek nie. Kort jy houtvloere? Matte? Hoe word die huis verhit. En hoekom is Oos nie Oos in Kanada nie? Die son skuif? Hoe? Hoekom is dit belangrik? Support the show

Bosnië 3. Moeilikheid in Sarajewo. Ek maak 'Kultuur' foute en mense gil op my. Swaar-reis tye.

October 31, 2019 21:00 - 9 minutes - 6.66 MB

Episaode 3. As ek so na my eie stories luister, klink dit of ek op 'n Pienk-Wolkie deur Bosnië gefladder het. Nee! Die plek is 'n konstante paradoks en het my so deurmekaar gemaak. Een oomblik kuier ek by 'n towenaar, volgende oomblik gil iemand op my. Ek was in die moelikheid in Sarajewo. Sommer op die eerste dag al toe 'n man my naby my woonstel sommer uit die pad gestamp het. In 'n winkel het 'n ander man my uitgejaag (hy't geskreeu). Dan drink ek gou baie water, huil gou effens en sit ie...

Bosnië 2. Die Towernaar van Sarajewo.

October 30, 2019 22:00 - 13 minutes - 9.05 MB

Episode 2. Daar was 'n donderstorm in Sarajewo. Ek het by 'n Towenaar beland. Per ongeluk, genadiglik, of noodwendig.By die lawwe afdak wat as effense reënskerm moes dien, is daar ʼn klein winkeltjie wat lyk soos ʼn  kombinasie van Liewe Heksie en Harry Potter. Dis kinderlik laf met vrolike kleure. Ek besluit dat die besonderse plek seker aan ʼn towenaar behoort.  ʼn Marionet sit bo-op die deur se poort. Ek druk my neus teen die venster om beter binnetoe te kan sien. Binne sit daar ʼn man wat ver...

Bosnië 1. Sarajewo. Somer-Sonstilstand-Dag 2010. "Sy naam is ZLATCO."

October 28, 2019 23:00 - 12 minutes - 8.9 MB

Episode 1. Ek het op Somersonstilstand dag, 21 Junie 2010, in Sarajewo aangekom met 'n vliegtuig. Ek was alleen op reis in Oos-Europa. Na Serwië en Hongarye, is ek Bosnië toe.Ek stap agter ʼn streep dorpsmense aan wat kortpad vat deur ʼn veldjie om by die trem se opklimplek te kom. Daar is modderpoele en ʼn smal kronkelpad deur dik gras. Ek sleep ʼn tas en dra ʼn swaar rugsak en ons loop een-een agter mekaar aan. Die paadjie eindig teen ʼn wal waar ek hande-viervoet moet opklim. My tas gly. Die ma...

Kanada Immigrasie 9. Koebaai my kind. Koebaai Mamma en Pappa.

October 25, 2019 21:00 - 6 minutes - 4.82 MB

Ek wil eintlik glad nie hieroor praat nie. Maar KOEBAAI word 'n massiewe Olifant in die kamer en hy sit en loer as julle braaivleis hou. Die Olifant dra 'n wit en rooi Kanada vlag. Iewers, weet almal, gaan die dag kom waar mens moet sê: "Koebaai." Ek het paar keer 'n traantjie gaan stort toe ek hierdie stuk moes skryf. Koebaai is "the saddest song." Support the show

Sirië 1. Ek werk in Sirië en leer Arabies-sprekende tieners Engels praat.

October 25, 2019 15:00 - 9 minutes - 6.77 MB

Ek hou skool vir vlugtelinge uit Sirië. Ek was gister weer in Sirië -- ek ry sommer soontoe met my kar. Ek hoef nie soontoe te vlieg nie, want Sirië het Kanada toe gekom, en ek moet die tieners iets leer. Iemand vra die week hoekom ek sulke "weird" Arabiese Facebook vriende het. Hulle is tieners uit vlugtelings-kampe van oor die hele wêreld. Ek is hulle "oog" Weste toe. Om vir kinders, wat 5-7 jaar glad nie skool gegaan het nie, Engels te probeer leer in 'n klas? Haha. Drama in Drievoud. Maa...

Mexico 1. Bergdorpie waar stories begin: "Katerina se Simfonie" se oorsprong in San Sebastian del Oeste, Mexico

October 22, 2019 23:00 - 10 minutes - 7.27 MB

"Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel eerste rivier toe, waar vrouens oranje tafeldoeke gewas het. Hond het geswen. Daarna is ons na die blou Katolieke kerk toe, waar ieman...

Kanada Immigrasie 8. MEDIES is verniet in Kanada. Dokters, hospitaal, operasies, bloedtoetse,MRI

October 22, 2019 00:00 - 8 minutes - 5.98 MB

Goeie nuus. MEDIES is verniet in Kanada: Dokters (huisdokter en spesialiste), hospitaal verblyf, operasies, bloedtoetse,MRI ens. Wat is nie gedek nie? Medisyne. Dit klink te goed om waar te wees. Maar dit is so. Dis een van Kanada se heel beste voordele. Jy kry 'n nieroorplanting en dit kos jou nie 'n sent nie. Dis wonderlik. Mens sien jou huisdokter gou-gou en jy kan na die hospitaal se ongevalle toe gaan as jy baie siek is. (Of 911 bel, dan kom haal die ambulaans jou.). Maar .... ja, daar ...

Kanada Immigrasie 8. MEDIES is verniet in Kanada. Dokters, hospitaal, operasies, bloedtoetse,MRI

October 22, 2019 00:00 - 8 minutes - 5.98 MB

Goeie nuus. MEDIES is verniet in Kanada: Dokters (huisdokter en spesialiste), hospitaal verblyf, operasies, bloedtoetse,MRI ens. Wat is nie gedek nie? Medisyne. Dit klink te goed om waar te wees. Maar dit is so. Dis een van Kanada se heel beste voordele. Jy kry 'n nieroorplanting en dit kos jou nie 'n sent nie. Dis wonderlik. Mens sien jou huisdokter gou-gou en jy kan na die hospitaal se ongevalle toe gaan as jy baie siek is. (Of 911 bel, dan kom haal die ambulaans jou.). Maar .... ja, daar ...

Kanada Immigrasie 7. Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier!

October 21, 2019 00:00 - 8 minutes - 5.82 MB

Ek het wonderlike nuus -- Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier! EK JOK. Dis Willie-die-Wolf wat sulke snert vertel en hy is 'n immigrasie skelm wat koelbloedig vir jou gaan jok en jou geld gaan steel. Jy gaan slimmer wees as Willie-die-Wolf en jy gaan ook nie vir "Wimpie-weet-als" luister nie. Jannie en Sannie te TV breek. Hulle beeld is donker. Hulle wil da-de-lik 'n nuwe TV koop. Op die TV van hulle toekoms in hulle land, is alles donker. Daar is nie 'n...

Kanada Immigrasie 6. Aardse goed op 'n skip? Wat vat ek? Wat los ek? En die hond?

October 19, 2019 21:00 - 9 minutes - 6.44 MB

Wat pak jy in? Hoe besluit jy wat moet saamtrek en wat verkoop moet word? Jy staan en staar na jou aardese goetertjies. Jy pil 'n traan. Jy moet van die los en van dit saamvat. Jy wil ALLES vat. Almal vra oor 'n krat op 'n skip. Ek sê: "Ja, beslis. Al is dit net 'n kleintjie." So -- die groot vraag. Wat moet saamkom? Die krag in Kanada is 220 V -- moet al jou elektriese goed dan bly? Nee, daar is goeie nuus daaroor. Wat anders is baie belangrik? En my hond? Support the show

Kanada Immigrasie 4. SKOLE. Deel 1. Jou kinders in Kanadese skole.

October 08, 2019 22:00 - 7 minutes - 4.87 MB

SKOOL. (Deel 1) -- Goeie nuus: skool is verniet tot in Graad 12. Maar alles is anders. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk ek in Surrey School District in die Lower Mainland, aan die weskus van Kanada. Ek is 'n "teacher-on-call" omdat ek van hierdie tipe werk hou. Ek is amper elke dag by 'n ander skool en ek gee alle vakke omdat ek werk as 'n onderwyser vir 'n dag afwesig is. Op...

Kanada Immigrasie 5. SKOLE. Deel 2. TIENERS in Kanadese skole. Aanpassing en wenke.

October 08, 2019 22:00 - 8 minutes - 5.8 MB

SKOOL. (Deel 2) -- Spesiaal vir TIENERS. Dis 'n swaar ouderdom vir kinders om weg te trek uit SA. Hulle verloor al hulle vriende. Alles is hier anders. Ek verduidelik die hoërskool opset in Kanada om jou tieners te help. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk ek in Surrey School District in die Lower Mainland, aan die weskus van Kanada. Ek is 'n "teacher-on-call" omdat ek van hierd...

Kanada Immigrasie 3. TAX en Salaris. Wat gaan ek uitkry? Soorte TAX.

October 08, 2019 19:00 - 9 minutes - 6.4 MB

TAX en Salaris. Wat gaan jy uitkry in Kanada? Iemand bied jou werk aan met 'n goeie salaris. Jy begin opgewonde raak: jy kan lekker lewe in Kanada. Maar -- jy gaan TAX betaal, eers op jou salaris, en dan verkoops-belasting op alles. Ek verpes die onderwerp, maar dit help nie ek praat oor mooi riviere in die berge of velde vol tulpe nie. In hierdie episode gee ek vir jou 3 salarisse, ek doen afrekkings sodat jy kan weet wat jy gaan uitkry (en dis persoonlike belasting en vir die provinsie Bri...