AudreyStories artwork

Kanada Immigrasie 29. Ek trek terug SA toe! Nee, moenie! 95% van terug-trekkers trek weer uit SA.

AudreyStories

English - January 02, 2020 06:00 - 6 minutes - 4.56 MB - ★★★★ - 3 ratings
Arts Society & Culture Places & Travel audrey calm bedtime stories audrey nolte audrey nolte painter english afrikaans reisverhale meditation Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed


Immigrasie is swaar. Baie immigrante besluit om terug te gaan SA toe. MOENIE. 95% van "terug-trekkers" trek weer terug Kanada/Australië ens. toe. Soms trek mense terug omdat hulle ouers soveel druk op hulle plaas. Ouers sê: "Ons kan nie sonder jou lewe nie. Jy het ons enigste kleinkinders uit die land geneem. Ons is oud, ons verlang te veel ...". Nee. Dis verkeerd. Ouers mag kinders nie teruglok nie.
Dan, trek mense terug omdat alle mense verandering haat en die aanpassing te swaar is. Daar is net te veel onbekendes. Ja. Daar is. Ja, dit is swaar. Maar, met tyd, begin almal gewoond raak aan die nuwe kultuur, hulle maak vriende, en meer as enige iets -- Suid-Afrikaners begin floreer in 'n veilige land met 'n stewige ekonomie. "Veilig" en "vrede" word die wonderlikste plus punte.
(Moenie 2 keer trek nie. Spaar jouself geld en gaan hou gou 'n week vakansie in Mexico. Sit langs die see, haal diep asem en onthou jou Plan A: Immigreer Kanada toe want daar is 50 redes waarom ek moet trek uit SA.)

Support the Show.