AudreyStories artwork

Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17.

AudreyStories

English - December 31, 2019 19:00 - 8 minutes - 5.89 MB - ★★★★ - 3 ratings
Arts Society & Culture Places & Travel audrey calm bedtime stories audrey nolte audrey nolte painter english afrikaans reisverhale meditation Homepage Download Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed


Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarna gee jy jou "Notice of Assessment" in -- dis die vorm wat aandui hoeveel jy per jaar verdien het. Jy kry dan 'n bedrag per kind bereken volgens die kinders se ouderdomme en jou inkomste -- tot hulle 17 is.
Hoeveel? Net 'n vinnige nommer. As jy $50 000 verdien (in British Columbia), en jy het 4 kinders -- 2 onder 6 en 2 oor 6, dan sal jy $19 000 per jaar verniet kry en hierdie geld is boonop belasting-vry. Jou kinders verdien 'n "salaris" in Kanada -- gee hulle honderd soentjies! En dan, na die soentjies? Dan begin jy as ouer jou werk doen om elke vorm in te vul om hierdie geld te kry. Die goeie ding hier is dat jy nie oorhaastig hoef te skarrel nie -- jy sal die geld wel terugwerkend kry. Kry hulp by 'n boekhouer of prokureur?
Hier is 'n link om te bereken hoeveel jy kan kry: https://www.moneysense.ca/save/taxes/canada-child-benefit-calculator/

Support the Show.