AudreyStories artwork

AudreyStories

115 episodes - English - Latest episode: about 1 year ago - ★★★★ - 3 ratings

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Cuba, Serbia, South Africa, Bosnia, Mexico, Peru, China, India, Burma and more. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 41 countries. Some of the stories are in Afrikaans, Audrey's first language.

Arts Society & Culture Places & Travel audrey calm bedtime stories audrey nolte audrey nolte painter english afrikaans reisverhale meditation
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Kanada Immigrasie 2: Wat moet ek heel eerste doen?

October 07, 2019 01:00 - 8 minutes - 6.09 MB

Jy wil Kanada toe trek. Wat moet jy heel heel eerste doen? Ek gee hier 'n lys van belangrike goed om aan te dink voor jy op die vliegtuig spring. Support the show

Kanada Immigrasie 1: Is dit koud in Kanada?

October 07, 2019 01:00 - 7 minutes - 5.36 MB

Dis die vraag wat almal vra. "Is dit koud in Kanada?" Dit hang af waar jy bly. Ek woon aan die weskus, naby Vancouver. Dis heerlik hier. Kies heel eerste waar jy wil woon in hierdie land wat so groot is soos 'n derde van Afrika. En "koud" is die verkeerde vraag. Wat pla is dat die dae in die winter baie kort is. In die somer skyn die son soms tot 11 uur. Dis die ware aanpassing. Is die koud waar ek bly? Nee. Dis sneeu dalk 2 keer 'n jaar en die sneeu verdwyn binne 'n dag of wat. In die somer...

KORTVERHAAL 1: Katerina se Simfonie. Verhaal uit Mexico.

October 05, 2019 00:00 - 10 minutes - 7.22 MB

Romatiese Kortverhaal uit Mexico. Ek het die storie geskryf in 'n klein bergdorpie: San Sebastian del Oeste. (Gepubliseer in SARIE in Suid-Afrika) "Die naam van die Mexikaanse dorpie hoog in die berge is vir haar mooi, toe gaan bly Katerina daar. Natuurlik nie so lank soos sy beplan het nie – baie, baie langer. In San Sebastian del Oeste, in die Jalisco-provinsie, moet Katerina eers bly sodat die reënmaande van Augustus en September kan verbygaan, want die pad terug stad toe verspoel en niem...

Peru 1. Ek eet troeteldiere.

October 02, 2019 23:00 - 9 minutes - 6.52 MB

Ek sit en staar na die troeteldier op my bord. In Peru eet mense al vir altyd "guinea-pigs". Marmotte. Toe kom die Spanjaarde, vat van die oulike diertjies terug Spanje toe, en toe eers word hulle troeteldiere. Ek was hoog in die Andes gebergtes by 'n Inca dorpie, en die mense het vir ons kos gemaak. Marmotte is 'n lekkerny. Ek wou dit nie eet nie -- soos ek destyds nie dood-gekookte-bone wou eet nie. Nee, minders as dit. Ek het hamsters en marmotte gehad as kind. Ek eet dit nie... Maar ek h...

China 5. Ek pieps in China en mense sien my! Hulle waai ...

September 30, 2019 02:00 - 8 minutes - 5.57 MB

Ek het nie geweet iemand kan my sien nie. Vir 2 weke lank! O wee. Ek giggel nou oor hierdie verskriklike storie, maar ek kry soooo skaam. Daar was by die skool so dun riviertjie in die toilet en ai? Woordloos. Hierdie was beslis een van my AAKLIGSTE oomblikke van rondreis in vreemde lande. Support the show

Kuba 1. Ek vier Fidel Castro se 90e verjaardag-fees in Kuba, op die platteland.

September 23, 2019 04:00 - 10 minutes - 7.04 MB

Op 13e Augustus 2016, vier ek Fidel Castro se 90e verjaardag op die platteland in Kuba. Daar's 'n groot tent, braaivleis en 'n skare mense. Die dorpie: Manaca Iznaga. Dis 'n suikerriet gebied met 1 pad in, 1 uit. Die meeste mense ry met donkiekarre. In Kuba stap mens 50 jaar terug in tyd. Alles lyk en is outyds. Elke huisie is 'n ander kleur -- die plek is 'n fotograaf se droom. Maar -- Kuba laat mens dink. Dis die perfekte voorbeeld van sosialisme/kommunisme en die effek van 'n diktator/lei...

Burma 3. Hello is Ming_ga_la_bah. Ek dra my nou Longyi Burma-rompie. O,wee.

September 21, 2019 23:00 - 11 minutes - 7.62 MB

Ek leer gou groet in Burma. Dis 'n komplekse proses. Ek sê "Ming Ga La Bah" - blitsvinnig. Dan sit ek my hande op my maag en buig, terwyl ek glimlag EN, gelukkig en tevrede met my omstandighede lyk. Als werk redelik, tot ek 'n Longyi rompie koop en in hom probeer loop. Ek val die hele tyd oor my voete. Almal in Burma dra hierdie rompies, mans en vrouens en kinders. Net ekke sukkel want ek moet mooi klein treetjies gee -- met grasie, en ek wil net rondhol omdat ek ALLES gou-gou wil sien. So v...

Burma 3. Hello is Ming_ga_la_bah. Ek dra my nou Longyi Burma-rompie. O,wee.

September 21, 2019 23:00 - 11 minutes - 7.62 MB

Ek leer gou groet in Burma. Dis 'n komplekse proses. Ek sê "Ming Ga La Bah" - blitsvinnig. Dan sit ek my hande op my maag en buig, terwyl ek glimlag EN, gelukkig en tevrede met my omstandighede lyk. Als werk redelik, tot ek 'n Longyi rompie koop en in hom probeer loop. Ek val die hele tyd oor my voete. Almal in Burma dra hierdie rompies, mans en vrouens en kinders. Net ekke sukkel want ek moet mooi klein treetjies gee -- met grasie, en ek wil net rondhol omdat ek ALLES gou-gou wil sien. So v...

Guatemala 1. Mary Poppins bly in Guatemala. Ek het haar gesien.

September 19, 2019 20:00 - 7 minutes - 4.78 MB

Mary Poppins bly in Guatemala en sy dra baldadige oranje kouse. Soggens sit sy op die geel kerk se trappe en voer die duiwe. Saans, sing sy by die fontein. Voor die kerk, maak sy die mooiste foto, want sy dra 'n indigo kleur hemp en die duiwe raam haar. In die nag, sing sy liefdesliedjies. Guatemala is 'n komplekse land met vulkane, aardbewings, onbegaanbare paaie, dwelm handel en erge geweld teen vroue. Dis hoekom Mary Poppins daar bly. Ek het haar gesien, regtig-egtig, en sy doen allerhand...

Burma 2. Duisende tempels op die vlaktes van Bagan

September 18, 2019 22:00 - 11 minutes - 8.04 MB

Daar is amper 4000 tempels op die vlaktes van Bagan, in Burma. Ek staan hoog op een van hulle en kyk na hierdie stukture. Dit voel vir my asof iemand hierdie wonderlike plek wegsteek. Almal op aarde behoort dit te kan sien. Dis manjifiek! Wie het hierdie temples gebou? Hoekom? Hulle is meer as 'n 1000 jaar oud. Daar was op 'n stadium 10 000 tempels, 3000 kloosters en duisende ander geboue. Wie het hulle afgebreek? Was daar 'n oorlog? Hoekom? Kuier saam met my in Burma, in die area Bagan. Sup...

Burma 1. Die vrou uit Burma laat my tiekiedraai dans op die skool se lessenaar.

September 18, 2019 01:00 - 7 minutes - 4.67 MB

Ek was in Burma. Dis die wonderlikste plek - 'n toeris se droom. Maar, dis 'n komplekse land. Hier in Kanada, gee ek Engels vir vlugtelinge uit Burma. O, wee. Wat 'n onmoontlike taak. Ek staan naderhand op 'n tafel en skoolhou. As iemand iets reg kan uitspreek, dan doen ek wat wat hulle vra. Dadelik. Dit word 'n wonderlike les. Iemand sê dans ... toe tiekiedraai ek van dankbaarheid. Support the show

China 3. My 30 Taxi padkaarte en wat agterop geskryf was.

September 16, 2019 21:00 - 9 minutes - 6.6 MB

Ek werk in China. Nie een taxi wil my oplaai nie. Ek LOOP van plek na plek in bloedige hitte en kom nie veel verder as 3 blokke van die skool af nie. Toe maak ek 'n plan. Ek vra al die Gr 12 studente in my klas om vir my padkaarte te teken na plekke toe. Soos met alle goeie planne, werk dit so-so. En toe goed. Maar agter op elke kaartjie het die kinders 'n BOODSKAP aan die taxi drywers geskryf  -- in Chinees. Ek vra eers die laaste dag wat daar staan... Support the show

China 4. Tiananmen Plein se Voetsek aand. Effektiewe Kommunisme - 'n lessie vir my.

September 16, 2019 21:00 - 9 minutes - 6.37 MB

Ek het my heel misgis met China. Ek verbeel my dat ek "spesiaal" is omdat ek daar werk. O, wee, O, nee. Ek gaan kuier op my heel 1e Vrydagaand op Tiananmen Plein. Te lekker. Ek maak my reg vir 'n laaaaang aand se speel. O, nee. Iemand sê "gee pad" ... Nou! Support the show

China 1. Ek slaap in n vreemde man se bed

September 16, 2019 20:00 - 12 minutes - 8.64 MB

Afrikaanse storie oor my eerste nag in Beijing, China. Ek het daar gaan werk as 'n onderwyser en was so opgewonde om te kon gaan. Maar, toe ek 12 uur die nag ALLEEN op die lughawe aankom en daar is niemand om my te kom haal nie? Toe panic ek. Ek beland in 'n vreemde man se slaapkamer. Hy kyk vir sy bed, ek kyk vir die bed... Support the show

China 2. Die Polisie sluit my toe in China

September 16, 2019 20:00 - 11 minutes - 7.68 MB

Ek het gaan werk as onderwyser in China sonder 'n werkspermit. Skuldig. Dit was vir 'n somer-kamp en die organiseerders het ons verseker ons "toeriste" visa sou goed genoeg wees. O, wee. Nee! Die Chinese Polisie vind uit en sluit ons sowaar toe.  Support the show