Previous Episode: Toets jouself

Julle sien, ons word so deur
die politiek, die toestand waarin ons land is, en die chaos in die wêreld
verblind, dat ons vergeet wie ons is en wat ons roeping is.


 


Daarom het ons nodig om te
onthou!  Die duiwel en die chaos magte
wil hê dat jy moet dink dat alles tevergeefs is, en dat niks sal reg kom nie.


 


Die duiwel se doel is om dit
wat God mooi en goed gemaak het te kom vernietig.  So te vernietig dat ons moed opgee.


 


En dan gee ons moed op met die
politiek, met ons verhoudings en selfs met godsdiens en die kerk en uiteildelik
ook met God. 


 


Die duiwel gooi die gemors van
die wêreld so voor ons uit dat ons nie meer God se hand kan raaksien nie.


 


En dan sê God: “onthou”.  Die chaos het nie gewen nie: “onthou”!

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message