Louis van der Riet: Teoloog | Akademikus | Aktivis | Voorbeeld

 

Ek en Louis gesels oor versoening, restitusie, 'wit werk', verantwoordelikheid, spiritualiteit en baie meer.

 

Louis is toegewy aan inter-rasse versoening en alles wat daarmee gepaard gaan. Sy lewe, siel en menswees spreek opreg daartoe. Om met Louis te gesels en om by hom te leer was 'n voorreg. Hy het baie om met hierdie wêreld te deel. Ek hoop dat hierdie episode jou sal uitdaag, inspireer en bemoedig.