VivA Afrikaans-joernaal artwork

VivA Afrikaans-joernaal

91 episodes - English - Latest episode: about 1 year ago - ★★★★★ - 2 ratings

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.

Language Learning Education Arts
Homepage Apple Podcasts Google Podcasts Overcast Castro Pocket Casts RSS feed

Episodes

Mag ek "hul" as 'n persoonlike voornaamwoord gebruik?

March 01, 2023 07:09 - 3 minutes - 1.38 MB

In hierdie podsending word die alternatiewe vorm wat die persoonlike voornaamwoord "hulle" kan neem (naamlik "hul") onder die loep geneem. Taalonderrig Klaskamerhulpmiddels · VivA se webwerf

“Gee die Duiwel [en die digter] wat hom toekom” (Henry IV Part I)

June 22, 2022 09:51 - 3 minutes - 1.53 MB

Vir die meeste mense is die blote naam “Shakespeare” genoeg om hulle hartkloppings te besorg. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. “Gee die Duiwel [en die digter] wat hom toekom” (Henry IV Part I) · VivA se webwerf

Die peetkind wat in die wyk lê

June 22, 2022 09:48 - 4 minutes - 1.73 MB

Die feit is, vertaalwerk doen jy in een rigting: in jou moedertaal in. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die peetkind wat in die wyk lê · VivA se webwerf

Athlone

June 22, 2022 09:44 - 5 minutes - 2.12 MB

Om te kan sien, om te kan lees, om te kan naslaan, om te kan vra... (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Athlone · VivA se webwerf

Oor -krasieë en kloake

June 22, 2022 07:50 - 4 minutes - 1.93 MB

Die -krasieë en hul plek in die woordeboek. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Oor -krasieë en kloake · VivA se webwerf

Daai liederlike loef ...

June 22, 2022 07:45 - 4 minutes - 1.81 MB

Sophia Kapp verklaar wat "'iemand die loef afsteek" werklik beteken? Voorgelees deur Karen Loots. Daai liederlike loef ... · VivA se webwerf

Op megafter se spoor

June 22, 2022 07:39 - 6 minutes - 2.52 MB

Wat is 'n megafter? Jana Luther spoor die leksikografie van ''megafter'' na. Voorgelees deur Karen Loots. Op megafter se spoor · VivA se webwerf

'n Ode aan die moeder

June 03, 2022 09:24 - 4 minutes - 1.99 MB

Die moeder is die bron, die oorsprong, die broeiplek, die ontluikplek. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. 'n Ode aan die moeder · VivA se webwerf

Woorde wek, maar voorbeelde trek

June 03, 2022 09:21 - 4 minutes - 1.71 MB

Dit help nie ons verwag van ons kinders optrede, gedrag, gewoontes, lewenswyses, opvattings, uitkyke, insigte, beginsels en etiese kodes wat ons nie vir onsself aangekweek het nie. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Woorde wek, maar voorbeelde trek · VivA se webwerf

“Woorde is oorgehaalde pistole” – Jean-Paul Sartre

June 03, 2022 09:19 - 7 minutes - 3.26 MB

Woorde wat geweld aanwakker, toelaat en toesmeer. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. “Woorde is oorgehaalde pistole” – Jean-Paul Sartre · VivA se webwerf

Om 'n storie te maak

June 03, 2022 09:08 - 5 minutes - 2.13 MB

As ʼn skrywer kry ʼn mens baie keer die vraag: Waar kry jy jou stories vandaan? (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Om 'n storie te maak · VivA se webwerf

Internasionale Moedertaaldag

June 03, 2022 06:22 - 3 minutes - 1.37 MB

Onthou vandag, op hierdie dag, dat jou moedertaal jou trots mag en moet wees, dat jou hart daarvoor mag klop en dat jy hard mag werk om Afrikaans te beskerm en te bevorder. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Internasionale Moedertaaldag · VivA se webwerf

Fopnuus

June 03, 2022 06:17 - 4 minutes - 1.97 MB

Daar is niks snaaks, satiries, lighartig of eers aanvaarbaar aan fopnuus nie. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Fopnuus · VivA se webwerf

Om oor taal te klets

June 03, 2022 06:08 - 8 minutes - 3.37 MB

Hoekom word “awesome” nie opgeneem nie? Die reaksies op so ʼn vraag is voorspelbaar: “Ja, almal praat so” of “Nee, dit is aaklig”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Om oor taal te klets · VivA se webwerf

Oor soldate, orrels en engele

June 03, 2022 06:01 - 3 minutes - 1.49 MB

In hierdie episode spoor Sophia Kapp die etimologie van "serfyntjie" na. Voorgelees deur Karen Loots. Oor soldate, orrels en engele · VivA se webwerf

Slegte medisyne

June 03, 2022 05:50 - 5 minutes - 2.15 MB

Sophia Kapp wonder waarom dit mense so kwaad maak wanneer hulle uitvind dat hulle 'n taalfout gemaak het. Voorgelees deur Karen Loots. Slegte medisyne · VivA se webwerf

Die vers is 'n refrein en die gesang 'n requiem

May 06, 2022 11:43 - 6 minutes - 2.56 MB

Ja, jy het reg geraai: Vers volgende van die wat-is-die-versamelnaamwoord-vir-X-gesang het vandag opgeklink. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die vers is 'n refrein en die gesang 'n requiem · VivA se webwerf

Die bulle se boeke

May 06, 2022 11:40 - 8 minutes - 3.42 MB

Kyk, ek is bereid om oor baie beledigings my oë te rol en stil te bly, want nie alles is 'n oorlog werd nie, maar 'n taalbul was ek wragtig nog nooit. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die bulle se boeke · VivA se webwerf

Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes

May 06, 2022 11:37 - 10 minutes - 4.36 MB

Die antwoord op die vraag wat ʼn anglisisme is, word onderlê deur die beginsel van “soveel hoofde, soveel sinne”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes · VivA se webwerf

Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn

May 06, 2022 11:24 - 8 minutes - 3.4 MB

Daar is kwalik beter klikaas op ʼn taalforum as die woord "anglisisme". (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn · VivA se webwerf

Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit

May 06, 2022 11:21 - 3 minutes - 1.59 MB

Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook al mag lyk, is belangrik. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. VivA se webwerf

Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is

May 06, 2022 11:08 - 6 minutes - 2.68 MB

Jy mag op die strand praat nes jy wil, maar as daar ʼn aandrokgeleentheid is en jy praat verflenterde sweetpak, gaan die wenkbroue lig. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is · VivA se webwerf

Versamelnaamwoorde, vers 2

May 06, 2022 10:50 - 4 minutes - 1.87 MB

In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots. Versamelnaamwoorde, vers 2 · VivA se webwerf

Wurgpatat sluk is swaar sowaar

September 13, 2019 16:42 - 8 minutes - 3.3 MB

Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit. Is jou aartappel ’n ertappel? · VivA se webwerf

Kaatjie en klaar

August 17, 2019 08:42 - 8 minutes - 3.62 MB

In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander. Gawies, japies en brawe Hendrikke (blog) · VivA se webwerf

Bord, bordeel, van tafel tot bed

July 19, 2019 05:44 - 10 minutes - 4.44 MB

Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk. VivA se webwerf

Pampoen tot pampoesie

June 16, 2019 15:26 - 9 minutes - 3.87 MB

Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer. Lees die blog · VivA se webwerf

Deund, wrik, hekel en snert

June 13, 2019 18:17 - 14 minutes - 5.92 MB

Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans. VivA se webwerf

Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

May 03, 2019 06:04 - 13 minutes - 5.52 MB

Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en vertel van die nut van leksikografiese liniale. . “Die verifiëring, verfyning en toepassing van leksikografiese liniale vir Afrikaans” · Veels geluk, WAT, met die verskyning van D...

Pase, Pasga, hase en bolletjies

April 21, 2019 15:07 - 9 minutes - 3.89 MB

Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies. VivA se webwerf

SADiLaR vier Jaar van Inheemse Tale

March 21, 2019 14:17 - 9 minutes - 3.8 MB

SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”. VivA se webwerf

Antjie en kie

March 08, 2019 05:29 - 9 minutes - 4 MB

Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander. VivA se webwerf

"Ken jy die see, Meneer?"

February 22, 2019 03:00 - 12 minutes - 5.26 MB

"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe. VivA se webwerf

Hempie-raak-my-nie

February 08, 2019 06:21 - 5 minutes - 2.29 MB

Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing. VivA se webwerf

Koffieklets

January 26, 2019 14:57 - 11 minutes - 4.82 MB

Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker. Lees die blog · Lees in Beeld · VivA se webwerf

Dikstertmerries en feite soos koeie

November 15, 2018 12:40 - 5 minutes - 2.15 MB

Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas. VivA se webwerf

Sewe opdragte vir taalonderrig

October 29, 2018 10:41 - 31 minutes - 12.7 MB

Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostend...

Gawies, japies, en brawe Hendrikke

October 19, 2018 15:10 - 8 minutes - 3.31 MB

Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofle...

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans

October 19, 2018 10:44 - 7 minutes - 2.92 MB

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ont...

“Sneupe vol sneus”

September 21, 2018 09:48 - 8 minutes - 3.36 MB

“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het. Lees die blog · VivA se webwerf

Skitter in Afrikaans: Woordeboeke

September 14, 2018 20:02 - 28 minutes - 11.5 MB

Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied. ATKV: Skitter in Afrikaans · VivA se webwerf

Awendrood, water in die sloot

September 06, 2018 22:15 - 10 minutes - 4.45 MB

Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën is daar, en hoeveel reënname, in Afrikaans? VivA se webwerf

'n "Poenankies"-podsending

August 31, 2018 04:39 - 18 minutes - 7.46 MB

'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk ons na enkele taalkundige aspekte van die woord en veral na waar dit vandaan kom. Lees die blog · VivA se webwerf

Proe hoe soet ’n ghoukom smaak

August 25, 2018 11:26 - 7 minutes - 2.88 MB

“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou verhemelte hul name proe. VivA se webwerf

Meerkatmededelings

August 16, 2018 22:10 - 47 minutes - 19.2 MB

Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn woord is muishond en waar kom hy vandaan? Ons kyk na die woord "meerkat" en klap sommer 'n klomp verbandhoudende konsepte met een slag raak. Lees die blog · VivA se webwerf

Dan loop ons so onder deur die maan

July 26, 2018 21:49 - 21 minutes - 8.85 MB

Dan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer. VivA se webwerf

ICL20 in die Kaap

July 09, 2018 20:02 - 11 minutes - 4.76 MB

ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal. ICL20-webblad · VivA se webwerf

Praattaal en skryftaal; bollataal en djôltaal

June 14, 2018 19:24 - 17 minutes - 7.32 MB

Standaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie net drie nie, maar om en by 7 miljoen unieke variasies, waarvan die geskiedenis tot ongeveer duisend jaar gelede teruggevoer kan word. VivA se webwerf

Oor "huidiglik"

June 08, 2018 04:51 - 49 minutes - 20.4 MB

Oor "huidiglik" (Gerhard van Huyssteen). Die woord "huidiglik" is 'n doring in die vlees van menige taalpraktisyn en taalgebruiker, maar word desalnietemin gereeld in geskrewe en gesproke taal gebruik. In hierdie podsending word die woord vanuit verskillende perspektiewe toegelig, ten einde uitsluitsel te probeer kry hoe ons in 2018 oor die woord sou kon dink. Lees die blog · VivA se webwerf

Groentesop en vrugteslaai

June 02, 2018 10:13 - 5 minutes - 2.41 MB

Groentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol. VivA se webwerf