Ons is geskape om dit wat ons om ons waarneem te spieëlbeeld. Ons taal, kultuur, geloofopvattings, en waardes word oor jare gevorm deur die mense en situasies waarin ons onsself bevind. Hoe tragies moet dit wees, as jy jou lewe lank jou selfbeeld geformuleer het deur in ’n verwronge spieël te kyk.

Ons is geskape na God se beeld, en is die mooiste mense wanneer ons Hom reflekteer. Tog verloor ons soms so maklik fokus, en word betower deur ’n false beeld, van wie ons werklik is… wat lei tot ’n misrekende identiteit en bewussyn.

Kom kyk in die refleksie van God se Woord en sien jouself soos HY jou sien!

#waarheid #bewussyn #identiteit #reaksie #misleiding #valshede #JesusChristus #refleksie #beelddraers