Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik.
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17)
Die realiteit van die lewe toon, dat almal nie eerste kan wees nie... die vraag is kan jy vrede maak om tweede aangewys te word – en te aanvaar dit is die wil van God?
Wanneer iemand naby jou bevorder word, word die ware aard van die vriendskap blootgelê. Wat is jou onmiddellike reaksie? Is dit een van oorstelpte vreugde of diep ongelukkigheid of weerwraak?
https://www.harvestercederberg.co.za/...