Ons waarde is nie geleë in ’n familienaam, beroep, woongebied, velkleur of kerklike denominasie nie. Ons waarde word ook nie aan ons gegee deur menslike instellings nie. Ons vermoëns waarborg ook nie ons waarde nie. Net so min as wat dit afhanklik is van wat ander mense van ons dink of sê. Ons waarde, en ook ander mense se waarde, word deur God in Christus aan ons gegee, ongeag wie ons is!

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message