Previous Episode: Hy het opgestaan!
Next Episode: God luister

(Die 23ste en 30ste April sal daar nie boodskappe gestuur word nie agv familie verantwoordelikhede)




Die grootste persentasie van jongmense wat vir berading kom, is jongmense wat hulle kyk op
die toekoms verloor het.  Hulle is sonder hoop, sonder drome, sonder enige positiewe verwagting oor die toekoms. Hulle glo nie meer
dat daar vir hulle ‘n toekoms in die lewe, en veral in ons land is nie. Waarom moet hulle dan leer en studeer? Waarom moet hulle nog positief wees? Waarom leef? Daar is geen rede meer vir hoop, geen rede meer oor vir drome droom nie. Die lewe is net nie meer die moeite werd nie.


Skokkend is dat die grootste oorsaak van hulle hooploosheid nie veroorsaak word deur die omstandighede rondom hulle nie.
Die grootste oorsaak, vir hulle negatiwiteit is die houding wat jongmense by hulle ouers optel.

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message