Previous Episode: Waar kom jy vandaan?
Next Episode: Onthou

As jy, of omdat jy, saam met Christus opgewek is, is jy ook geanker IN Christus. En omdat jy IN Christus geanker is, verskuif jou fokus.  Nou streef en fokus jy nie meer op al die aardse dinge wat tydelik is nie, maar nou streef en fokus jy na die dinge wat daarbo is.




Jou fokus, jou prioriteite, wys dus in wat of in wie jy geanker is.  Al wat God vra, is of Christus in jou lewe is of nie. Want al wat regtig in die
lewe tel, is net Christus.


 


Die HOOFDOEL van ’n gelowige se lewe, volgens Paulus, is jou verhouding met Christus Jesus. Al wat saak maak is of Jesus jou anker is of nie. 


 


As jy nie in Christus geanker is nie, dan is daar geen vastigheid in jou lewe waar dit saak maak nie, naamlik: in jou verhoudings. 

---

Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message