Spreuke 5: 21-23 (AFR53)

Want elke mens se weë is voor die oë van die Here, en Hy weeg al sy gange.
Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.